1 NÁ hierdie dinge het koning Ahasvéros Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, groot gemaak en hom verhoog en sy setel hoër gestel as dié van al die vorste wat by hom was.
2 En al die dienaars van die koning wat in die poort van die koning was, het gebuig en voor Haman neergeval; want so het die koning aangaande hom bevel gegee; maar Mórdegai het nie gebuig of neergeval nie.
3 En die dienaars van die koning, in die poort van die koning, het aan Mórdegai gesê: Waarom oortree jy die gebod van die koning?
4 En toe hulle hom dit elke dag sê, en hy nie na hulle luister nie, het hulle dit aan Haman meegedeel om te sien of die handelwyse van Mórdegai sou standhou, want hy het hulle te kenne gegee dat hy 'n Jood was.
5 Toe Haman sien dat Mórdegai nie buig en voor hom nie neerval nie, was Haman met woede vervul.
6 Maar hy het dit vir hom te gering geag om die hand aan Mórdegai alleen te slaan; want hulle het hom die volk van Mórdegai te kenne gegee. Daarom het Haman daarna gesoek om al die Jode wat in die hele koninkryk van Ahasvéros was, die volk van Mórdegai, te verdelg.
7 In die eerste maand, dit is die maand Nisan, in die twaalfde jaar van koning Ahasvéros, het hulle die Pur, dit is die lot, voor Haman gewerp vir elke dag en vir elke maand, twaalf in getal, dit is die maand Adar.
8 Toe sê Haman aan koning Ahasvéros: Daar is een volk wat verstrooid en afgesonderd is tussen die volke in al die provinsies van u koninkryk, en hulle wette is anders as dié van enige volk; ook hou hulle die wette van die koning nie, sodat dit die koning nie pas om hulle te laat begaan nie.
9 As die koning dit goedvind, laat daar dan geskrywe word om hulle te verdelg, en ek sal tienduisend talente silwer afweeg in die hande van die beamptes om dit by die skatte van die koning te voeg.
10 Toe trek die koning sy seëlring van sy hand af en gee dit aan Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, die teëstander van die Jode.
11 En die koning het aan Haman gesê: Die silwer word jou geskenk; ook die volk, om daarmee te doen soos goed is in jou oë.
12 Toe is die skrywers van die koning geroep in die eerste maand, op die dertiende dag daarvan, en daar is geskrywe net soos Haman beveel het aan die landvoogde van die koning en aan die goewerneurs wat oor elke provinsie was, en aan die vorste van elke volk, aan elke provinsie volgens sy skrif en aan elke volk in sy taal; in die naam van koning Ahasvéros is dit geskrywe en verseël met die seëlring van die koning.
13 En briewe is gestuur met die hardlopers na al die provinsies van die koning om al die Jode te verdelg, dood te maak en uit te roei, die seun sowel as die grysaard, die kindertjies en die vroue, op een dag, op die dertiende van die twaalfde maand, dit is die maand Adar, en om hulle besittings as buit te plunder.
14 'n Afskrif van die bevelskrif moes as wet in elke provinsie uitgevaardig en openbaar gemaak word aan al die volke, om gereed te wees teen daardie dag.
15 Die hardlopers het haastig op bevel van die koning uitgegaan, en die wet is in die vesting Susan uitgevaardig terwyl die koning en Haman sit en drink; maar die stad Susan was in verwarring.
1 这事以后,亚哈随鲁王使亚甲族哈米大他的儿子哈曼晋升;王提拔他,使他的地位高过所有与他在一起的大臣。2 在朝门那里,王的所有臣仆,都向哈曼屈身下拜,因为王曾经这样吩咐;只有末底改不跪,也不拜。3 于是在朝门的臣仆问末底改:"你为甚么违背王的命令呢?"4 他们天天劝他,他还是不听,他们就告诉哈曼,要看看末底改的话是不是坚持到底,因为他已经告诉他们,他自己是犹大人。5 哈曼见末底改不向他屈身下拜,就非常忿怒。6 他以为只下手对付末底改一人还是小事,因为有人把末底改的本族告诉了哈曼;所以哈曼设法要把亚哈随鲁王全国所有的犹大人,与末底改一起消灭。
7 亚哈随鲁王十二年正月,就是尼散月,有人在哈曼面前弄卜"普珥",就是抽签,逐日逐月地抽,结果抽出了十二月,就是亚达月。8 哈曼对亚哈随鲁王说:"有一个种族,散居在王国各省各民族之中;他们的法例与各族的法例不同,他们也不遵守王的法规;所以留下他们,对王实在无益。9 王若是赞成,请王降旨消灭他们;我愿捐出三十四万公斤银子,交在管理国务的人手中,纳入王库。"10 于是王从自己的手中取下戒指,交给犹大人的敌人,亚甲族哈米大他的儿子哈曼。11 王对哈曼说:"这银子仍赐给你,这民也交给你,你看怎样好,就怎样待他们吧。"
12 正月十三日,王的书记都召了来,照着哈曼的一切吩咐,用各省的文字,各族的方言,奉亚哈随鲁王的名下旨,又用王的戒指盖上印,颁给总督、各省的省长和各族的领袖。13 王旨交给众驿使传到王的各省,吩咐要在一日之内,在十二月,就是亚达月十三日,把所有的犹大人,无论老少妇孺,都全部毁灭、杀绝、除尽,并且抢夺他们的财产。14 谕文抄本颁行各省,通告各族,使他们准备好这一天。15 驿使奉王命急忙出发,御旨从书珊城颁布出去。那时王与哈曼又同坐共饮,书珊城的居民却非常慌乱。