1 IN die dertigste jaar, in die vierde maand, op die vyfde van die maand, toe ek onder die ballinge by die Kebarrivier was, is die hemele geopen en het ek gesigte van God gesien.
2 Op die vyfde van die maand — dit was die vyfde jaar van die ballingskap van koning Jójagin —
3 het die woord van die Here uitdruklik gekom tot Eségiël, die seun van Busi, die priester, in die land van die Chaldeërs, by die Kebarrivier; en die hand van die Here was daar op hom.
4 Toe het ek gekyk — en daar het 'n stormwind uit die noorde gekom, 'n groot wolk met onophoudelike vuur; en 'n glans was rondom die wolk, en daaruit, uit die vuur, het iets soos blinkende metaal geskitter.
5 En daaruit het die gestalte van vier wesens gekom, en dít was hulle voorkoms: hulle het die gestalte van 'n mens gehad;
6 en elkeen het vier aangesigte gehad en elkeen van hulle vier vlerke;
7 en hulle bene was reguit bene en hulle voetsole soos die sole van 'n kalfspoot; en hulle het geglinster soos blink geskuurde koper;
8 en mensehande was onder hulle vlerke aan hulle vier kante. Maar aangaande die aangesigte en die vlerke van al vier,
9 hulle vlerke was aanmekaar verbind. Hulle het nie weggedraai as hulle gaan nie; hulle het elkeen maar reguit vorentoe gegaan.
10 En hulle aangesigte het gelyk soos die gesig van 'n mens; en al vier het die gesig van 'n leeu gehad aan die regterkant en al vier het die gesig van 'n bees aan die linkerkant; ook het al vier die gesig van 'n arend gehad.
11 En hulle vlerke het uitgesprei na boontoe; elkeen het twee gehad wat met mekaar verbind was, en twee wat hulle liggame bedek het.
12 En hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan; waar die gees ook heen wou gaan, het hulle gegaan; hulle het nie weggedraai as hulle gaan nie.
13 Aangaande die gestalte van die wesens: hulle voorkoms was soos gloeiende vuurkole, soos die voorkoms van fakkels; die vuur het heen en weer beweeg tussen die wesens, en die vuur het 'n helder glans gehad, en uit die vuur het blitse uitgeslaan.
14 En die wesens het heen en weer gesnel, in aansien soos 'n bliksemstraal.
15 Ek het toe die wesens nader bekyk: daar was een wiel op die grond langs die wesens aan elkeen van die vier voorkante.
16 Die voorkoms van die wiele en hulle maaksel was soos dié van 'n chrisoliet; en al vier het dieselfde vorm gehad; daarby was hulle voorkoms en hulle maaksel asof daar 'n wiel binne-in 'n wiel was.
17 Na al vier kante het hulle gegaan as hulle gaan: hulle het nie gedraai as hulle gaan nie.
18 En hulle vellings — dié was hoog en dié was wonderbaar; en hulle vellings was by al vier rondom vol oë.
19 En as die wesens gaan, gaan die wiele naasaan hulle; en as die wesens hulle van die grond af ophef, word die wiele opgehef.
20 Waar die gees ook heen wou gaan, het hulle gegaan in die rigting wat die gees wou gaan; en die wiele is gelyktydig saam met hulle opgehef, want die gees van die wese was in die wiele.
21 As dié gaan, gaan hulle; en as dié bly staan, staan hulle; en as dié hulle van die grond af ophef, word die wiele gelyktydig saam met hulle opgehef, want die gees van die wesens was in die wiele.
22 En oor die hoofde van die wesens was iets in die vorm van 'n uitspansel wat blink soos die wonderbare kristal, bo-oor hulle hoofde uitgesprei.
23 En onder die uitspansel heen was hulle vlerke reguit na mekaar uitgestrek; en elkeen het twee gehad wat duskant en anderkant hul liggame bedek het.
24 En as hulle gaan, het ek die geruis van hulle vlerke gehoor soos die geruis van baie waters, soos die stem van die Almagtige — 'n gedruis soos die gedreun van 'n leër. As hulle staan, het hulle hul vlerke laat sak.
25 En daar het 'n stem gekom bo van die uitspansel af wat oor hulle hoof was; as hulle staan, het hulle hul vlerke laat sak.
26 En bokant die uitspansel wat oor hulle hoof was, was iets wat soos saffiersteen gelyk het, in die gestalte van 'n troon; en op die troongestalte 'n gestalte wat soos 'n mens gelyk het.
27 Ek sien toe iets soos blinkende metaal; van wat soos sy lendene gelyk het boontoe soos vuur, rondom in 'n omhulsel gevat; en van wat soos sy lendene gelyk het ondertoe, het ek iets gesien soos vuur met 'n glans daaromheen.
28 Soos die gedaante van die boog wat in die wolk is op 'n reëndag, so het die glans rondom gelyk. So het die verskyning van die heerlikheid van die Here gelyk. En toe ek dit sien, het ek op my aangesig geval en die stem gehoor van Een wat spreek.
1 第三十年四月五日,我正在迦巴鲁河边的时候,天开了,我就看见 神的异象;那时,我是在被掳的人中间。2 当天是约雅斤王被掳后第五年四月五日。3在迦勒底人的地方,迦巴鲁河边,耶和华的话确实临到布西的儿子以西结祭司。耶和华的手在那里临到他身上。
4 我观望,看见有狂风从北方刮来,并有一块闪耀着火焰的很大的云,云的周围有光芒,在云中的火焰里,好象有发光的金属。5 在火中又有四个活物的形状,牠们的样子是这样:牠们都有人的形状。6 牠们各有四个脸孔、四个翅膀。7 牠们的腿是直的,脚掌像牛犊的蹄,都很灿烂,像擦亮了的铜。8 在牠们四边的翅膀下都有人的手。牠们四个活物的脸孔和翅膀是这样的:9 牠们的翅膀互相接触,走动的时候,不必转身,都是朝着脸孔的方向行走。10 至于牠们脸孔的形状,四个活物都各有一个人的脸孔,在右边各有一个狮子的脸孔,在左边各有一个牛的脸孔,此外各有一个鹰的脸孔;11 牠们的脸孔就是这样。牠们向上展开翅膀,各自用两个翅膀互相接触,用两个翅膀遮蔽身体。12 牠们都是朝着脸孔的方向行走。灵往哪里去,牠们就往哪里去。牠们走动的时候,都不必转身。13 至于四个活物的形状,样子像烧着的火炭,又像火把。火在四活物中间到处闪耀。这火很明亮,有闪电从火中发出。14 四个活物往来奔走,好象闪电。
15 我观看那些活物的时候,看见四个活物的旁边都有一个触地的轮子。16 四个轮子的样子与构造都是一个形状,它们好象闪耀的水苍玉,又好象轮子套着轮子。17 轮子可以向四方移动,移动的时候,不必转向。18 轮辋很高,十分可畏,四个轮辋都布满了眼睛。19 活物走动的时候,牠们旁边的轮子也随着移动。活物从地上升起的时候,轮子也随着升起。20 灵往哪里去,活物就往哪里去,轮子也随着牠们升起,因为活物的灵是在轮子里面。21 活物走动,轮子也随着移动;活物站着不动,轮子也不动;活物从地上升起,轮子也随着升起,因为活物的灵是在轮子里面。
22 在活物的头顶上面,有穹苍的形状,好象闪耀的水晶,十分可畏,在活物的头顶上面张开。23 在穹苍下面,活物的翅膀伸直张开,互相接触;各自用两个翅膀遮蔽身体。24 活物走动的时候,我听见牠们翅膀的响声,像洪水的声音,也像全能者的声音,又像军队喧嚷的声音。牠们站着不动的时候,翅膀就垂下来。25 有声音从牠们头顶上面的穹苍发出来;牠们站着不动的时候,翅膀就垂下来。
26 在牠们头顶的穹苍上面,有宝座的形状,好象蓝宝石的样子。在宝座的形象上面,有一个样子像人的形象。27 我看见在那仿佛是他腰部以上,好象闪耀的金属,又好象有火四面包围。在那仿佛是他腰部以下,我又看见好象有火,光芒环绕着他。28 下雨的日子,云中彩虹的样子怎样,环绕他的光芒的样子也怎样。这就是耶和华荣耀的形状的样子。我一看见,就俯伏在地上,跟着听见有说话的声音。