1 EN Jona het tot die Here sy God gebid uit die ingewande van die vis
2 en gesê: Uit my benoudheid het ek die Here aangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp — U het my stem gehoor.
3 U tog het my in die diepte gewerp, in die hart van die see, sodat 'n stroom my omring het; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.
4 Toe het ek gesê: Ek is weggestoot, weg van u oë; tog sal ek weer u heilige tempel aanskou.
5 Waters het my omring tot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai.
6 Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge, die grendels van die aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek, Here my God!
7 Toe my siel in my versmag het, het ek aan die Here gedink; en my gebed het tot by U gekom in u heilige tempel.
8 Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat vir hulle goedertieren is.
9 Ek daarenteen sal aan U offer met 'n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal. Die heil behoort aan die Here.
10 Daarop het die Here die vis beveel om Jona op die droë grond uit te spuug.
1 约拿从鱼腹中向耶和华他的 神祷告,
2 说:
"我从患难中求告耶和华,
他就应允我;
我从阴间的深府呼求,
你就垂听我的声音。
3 你把我投入深海,
在海洋的深处,
大水环绕我;
你的洪涛、你的波浪,都漫过我。
4 我说:‘我虽从你眼前被赶逐,
我仍要仰望你的圣殿。’
5 众水包围我,几乎置我于死地;
深渊环绕我;
海草缠裹我的头。
6 我下沉直到山麓,
大地的门闩把我永远关闭;
耶和华我的 神啊!你却把我的性命从坑中拉上来。
7 当我心灵疲弱时,
我就思念耶和华;
我的祷告直达你面前,
进入你的圣殿。
8 那敬奉虚妄之偶像的人,
实在是离弃了怜爱他们的 神"怜爱他们的 神"原文作"他们的恩典"。
9 至于我,我要带着感谢的声音向你献祭;
我所许的愿,我必偿还。
救恩是属于耶和华的。"
10 于是耶和华吩咐那鱼,鱼就把约拿吐在陆地上。