1 DIE woord wat van die Here tot Jeremia gekom het, nadat Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, hom vrygelaat het uit Rama deur hom te laat haal, terwyl hy met kettings geboei was onder al die gevangenes van Jerusalem en Juda wat in ballingskap weggevoer sou word na Babel toe.
2 Die owerste van die lyfwag het naamlik Jeremia laat haal en vir hom gesê: Die Here jou God het hierdie onheil oor hierdie plek gespreek,
3 en die Here het dit laat kom en gedoen soos Hy gespreek het, omdat julle gesondig het teen die Here en nie geluister het na sy stem nie; daarom het dit oor julle gekom.
4 Nou dan, kyk, ek ontslaan jou vandag uit die kettings wat aan jou hande is; as dit goed is in jou oë om saam met my na Babel te gaan — kom, en ek sal my oog oor jou hou; maar as dit verkeerd is in jou oë om saam met my na Babel te kom, laat dit staan. Kyk, die hele land lê vir jou oop; waar dit goed en reg is in jou oë om te gaan, gaan daarheen.
5 En toe hy nog nie omgedraai het nie, sê hy: Gaan dan terug na Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, wat die koning van Babel oor die stede van Juda aangestel het, en woon by hom onder die volk, of gaan waar dit ook al reg is in jou oë om te gaan. Daarop het die owerste van die lyfwag vir hom padkos en 'n geskenk gegee, en hom laat gaan.
6 En Jeremia het by Gedálja, die seun van Ahíkam, in Mispa gekom en by hom gewoon onder die volk wat in die land oorgebly het.
7 Toe al die owerstes van die leërs wat in die veld was, hulle en hulle manskappe, hoor dat die koning van Babel Gedálja, die seun van Ahíkam, oor die land aangestel het en dat hy aan hom manne en vroue en kinders toevertrou het, en van die arm mense van die land, van die wat nie in ballingskap weggevoer is na Babel nie,
8 het hulle na Gedálja gekom in Mispa, naamlik Ismael, die seun van Netánja, en Jóhanan en Jónatan, die seuns van Karéag, en Serája, die seun van Tánhumet, en die seuns van Efai, die Netofatiet, en Jesánja, die seun van die Maägatiet, hulle en hulle manskappe.
9 En Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, het vir hulle en hulle manskappe gesweer en gesê: Wees nie bevrees om die Chaldeërs te dien nie; bly in die land en dien die koning van Babel; dan sal dit goed met julle gaan.
10 En ek self, kyk, ek woon in Mispa om voor die Chaldeërs te staan wat na ons sal kom. Samel julle dan wyn en somervrugte en olie in en gooi dit in julle bakke, en woon in julle stede wat julle in besit kan neem.
11 En ook al die Jode wat in Moab en onder die kinders van Ammon en in Edom en wat in al die lande was, het gehoor dat die koning van Babel vir Juda 'n oorblyfsel nagelaat het; en dat hy Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, oor hulle aangestel het;
12 daarom het al die Jode teruggekom uit al die plekke waarheen hulle verdryf was, en in die land Juda na Gedálja gekom, in Mispa; en hulle het groot hoeveelhede wyn en somervrugte ingesamel.
13 Maar Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs wat in die veld was, het na Gedálja gekom in Mispa
14 en vir hom gesê: Weet u wel dat Báälis, die koning van die kinders van Ammon, Ismael, die seun van Netánja, gestuur het om u dood te slaan? Maar Gedálja, die seun van Ahíkam, het hulle nie geglo nie.
15 Toe het Jóhanan, die seun van Karéag, in die geheim met Gedálja in Mispa gespreek en gesê: Laat my tog gaan en Ismael, die seun van Netánja, verslaan sonder dat iemand dit weet. Waarom sou hy u doodslaan en die hele Juda wat by u versamel is, verstrooi word en die oorblyfsel van Juda tot niet gaan?
16 Maar Gedálja, die seun van Ahíkam, het vir Jóhanan, die seun van Karéag gesê: Doen hierdie ding nie, want jy spreek onwaarheid van Ismael.
1 护卫长尼布撒拉旦在拉玛释放了耶利米以后,从耶和华那里有话临到耶利米。耶利米被提出来的时候,还被铁链锁着,在所有从耶路撒冷和犹大被掳到巴比伦去的人中间。2 护卫长把耶利米提出来,对他说:"耶和华你的 神曾说要降这灾祸在这地方;3 现在耶和华使灾祸临到,照他所说的行了;因为你们得罪了耶和华,没有听从他的话,所以这事才临到你们。4 我现在解开你手上的铁链。你若认为与我一同到巴比伦去好,就一起去,我必好好照顾你;你若认为与我一同到巴比伦去不好,就不必去。看,全地都在你面前,你认为去哪里好、哪里合宜,就到哪里去吧!"
5 耶利米还没有回去,护卫长又说:"你可以回到沙番的孙子、亚希甘的儿子基大利那里去!基大利是巴比伦王指派管理犹大各城的。你可以和他一起住在人民中间;或是你认为去哪里合宜,就到哪里去吧!"于是护卫长给他粮食和礼物,就释放他走了。6 耶利米就到米斯巴去见亚希甘的儿子基大利,和他一同住在那地剩下的人民中间。
7 在田野的众将领和他们的士兵,听见巴比伦王委派了亚希甘的儿子基大利管理那地,也委派他管理那些没有被掳到巴比伦去的男人、妇女、孩童,和那地最贫穷的人,8 他们就来到米斯巴去见基大利;其中有尼探雅的儿子以实玛利、加利亚的两个儿子约哈难和约拿单、单户篾的儿子西莱雅、尼陀法人以斐的众子,和玛迦人的儿子耶撒尼亚,以及他们的士兵。9 沙番的孙子、亚希甘的儿子基大利向他们和他们的士兵起誓,说:"你们不要惧怕服事迦勒底人,只管住在这地,服事巴比伦王,就可以平安无事。10 至于我,我要留在米斯巴,侍候那些来到我们这里的迦勒底人。你们只管收存酒、夏天的果子和油,放在器皿里,并且住在你们所占有的城中。"11 那些在摩押、亚扪、以东和各地所有的犹大人,听见了巴比伦王在犹大留下一些余民,并且指派沙番的孙子、亚希甘的儿子基大利管理他们,12 所有的犹大人就从被赶逐到的各地方回来,到犹大地的米斯巴去见基大利,并且收存了许多的酒和夏天的果子。
13 加利亚的儿子约哈难和在田野的众将领,都到米斯巴去见基大利,14 对他说:"亚扪王巴利斯派尼探雅的儿子以实玛利来杀你,你知道吗?"亚希甘的儿子基大利不相信他们。15 后来加利亚的儿子约哈难在米斯巴私下告诉基大利说:"请容我去把尼探雅的儿子以实玛利杀了,必没有人知道;为甚么要让他杀你,以致集合到你那里来的所有犹大人都分散,犹大余剩的人都灭亡呢?"16 但亚希甘的儿子基大利对加利亚的儿子约哈难说:"你不可作这事,因为你所说关于以实玛利的事都是谎话!"