1 EN Éljasib, die hoëpriester, het hom klaargemaak met sy broers, die priesters, en hulle het die Skaapspoort gebou; hulle het dit geheilig en sy deure ingesit; verder tot by die toring Hamméa wat hulle geheilig het, tot by die toring Hanáneël.
2 En naas hom het die manne van Jérigo gebou; en daarnaas het Sakkur, die seun van Imri, gebou.
3 En die Vispoort het die seuns van Sénaä gebou; hulle het dit met balke uitgelê en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit.
4 En naas hulle het Méremot, die seun van Uría, die seun van Hakkos, herstel; en naas hulle het Mesúllam, die seun van Berégja, die seun van Mesesábeël, herstel; en naas hulle het Sadok, die seun van Báäna, herstel.
5 En naas hulle het die Tekoïete herstel; maar hulle vername manne het hulle nek nie gebuig onder die diens van hulle Here nie.
6 En die Ou Poort het Jójada, die seun van Paséag, en Mesúllam, die seun van Besódja, herstel; hulle het dit met balke uitgelê en sy deure en sy sluitbalke en sy grendels ingesit.
7 En naas hulle het Melátja, die Gibeoniet, en Jadon, die Meronotiet, die manne van Gíbeon en Mispa, herstel by die setel van die goewerneur van die gebied wes van die Eufraat.
8 Naas hom het Ússiël, die seun van Harhája, van die goudsmede, herstel; en naas hom het Hanánja, 'n lid van die salfmengers, herstel; en hulle het Jerusalem onaangeroerd gelaat tot by die breë muur.
9 En naas hulle het Refája, die seun van Hur, owerste van die halwe distrik Jerusalem, herstel.
10 En naas hulle het Jedája, die seun van Harúmaf, herstel — teenoor sy huis; en naas hom het Hattus, die seun van Hasábneja, herstel.
11 'n Tweede stuk het Malkía, die seun van Harim, en Hassub, die seun van Pahat-Moab, herstel, ook die Bakoondtoring.
12 En naas hom het Sallum, die seun van Hallóhes, owerste van die halwe distrik Jerusalem, herstel, hy met sy dogters.
13 Die Dalpoort het Hanun en die inwoners van Sanóag herstel; hulle het dit opgebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, ook duisend el aan die muur tot by die Aspoort.
14 En die Aspoort het Malkía, die seun van Regab, owerste van die distrik Bet-Hakkerém, herstel; hy het dit opgebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit.
15 En die Fonteinpoort het Sallum, die seun van Kol-Hosé, owerste van die distrik Mispa, herstel; hy het dit opgebou en dit oordek, en hy het sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, ook die muur van die dam van die waterleiding by die koning se tuin, en tot by die trappe wat van die Dawidstad afloop.
16 Ná hom het Nehemía, die seun van Asbuk, owerste van die halwe distrik Bet-Sur, tot teenoor die Dawidsgrafte herstel en tot by die kunstig aangelegde dam en tot by die huis van die helde.
17 Ná hom het die Leviete — Rehum, die seun van Bani, herstel; naas hom het Hasábja, die owerste van die halwe distrik Kehíla, vir sy distrik herstel.
18 Ná hom het hulle broers, Bágwai, die seun van Hénadad, die owerste van die ander halwe distrik Kehíla, herstel.
19 En naas hom het Eser, die seun van Jésua, die owerste van Mispa, 'n tweede stuk herstel teenoor die opgang na die wapenhuis, die Winkelhaak.
20 Ná hom het Barug, die seun van Sábbai, 'n tweede stuk ywerig herstel; van die Winkelhaak af tot by die huisdeur van die hoëpriester Éljasib.
21 Ná hom het Méremot, die seun van Uría, die seun van Hakkos, 'n tweede stuk herstel, van die huisdeur van Éljasib af tot by die end van Éljasib se huis.
22 En ná hom het die priesters, die manne van die Jordaanstreek, herstel.
23 Ná hom het Benjamin en Hassub teenoor hulle huis herstel; ná hom het Asárja, die seun van Maäséja, die seun van Anánja, langs sy huis herstel.
24 Ná hom het Bínnuï, die seun van Hénadad, 'n tweede stuk herstel; van die huis van Asárja af tot by die Winkelhaak en tot by die Hoek.
25 Palal, die seun van Úsai, teenoor die Winkelhaak en die boonste toring wat uit die huis van die koning uitsteek, by die voorhof van bewaking; ná hom Pedája, die seun van Parhos.
26 En die tempelbediendes het gewoon op die Heuwel tot teenoor die Waterpoort, teen die ooste, en die toring wat uitsteek.
27 Ná hom het die Tekoïete 'n tweede stuk herstel, van teenoor die groot toring af wat uitsteek, tot by die Heuwel-muur.
28 Bokant die Perdepoort het die priesters herstel, elkeen teenoor sy huis.
29 Daarnaas het Sadok, die seun van Immer, teenoor sy huis herstel; en ná hom het Semája, die seun van Segánja, die bewaker van die Oospoort, herstel.
30 Ná hom het Hanánja, die seun van Selémja, en Hanun, die sesde seun van Salaf, 'n tweede stuk herstel; daarnaas het Mesúllam, die seun van Berégja, teenoor sy kamer herstel.
31 Ná hom het Malkía, lid van die goudsmede, herstel tot by die huis van die tempelbediendes en die koopmans, teenoor die Wagpoort en tot by die bo-kamer op die Hoek.
32 En tussen die bo-kamer op die Hoek en die Skaapspoort het die goudsmede en die koopmans herstel.
1 那时,大祭司以利亚实起来,和他一起作祭司的众兄弟都起来,重建了羊门;他们装上门扇,就把它分别为圣,又建造城墙,直到哈米亚城楼和哈楠业城楼,把城分别为圣;2 接着的一段由耶利哥人建造;再接着的一段由音利的儿子撒刻建造。
3 哈西拿的子孙建造鱼门,他们安置横梁,装上门扇、门插和门闩。4 接着的一段由哈哥斯的孙子、乌利亚的儿子米利末修筑;再接着的一段由米示萨别的孙子、比利迦的儿子米书兰修筑;再接着的一段由巴拿的儿子撒督修筑。5 接着这一段的是由提哥亚人修筑;但是他们的贵族不愿肩负他们的主的工作。
6 巴西亚的儿子耶何耶大和比所玳的儿子米书兰修筑古门;他们安置横梁,装上门扇、门插和门闩。7 接着的一段由基遍人米拉提、米仑人雅顿、基遍人和河西那边省长所管辖的米斯巴人修筑。8 再接着的一段由金匠哈海雅的儿子乌薛修筑。接着这一段的是由作香料的哈拿尼雅修筑。他们修葺耶路撒冷的城墙,直到宽墙。9 接着的一段由管理半个耶路撒冷的区长,户珥的儿子利法雅修筑。10 再接着的一段由哈路抹的儿子耶大雅修筑,就是他自己房屋对面的那段。接着这一段的是由哈沙尼的儿子哈突修筑。11 哈琳的儿子玛基雅和巴哈.摩押的儿子哈述修筑另一段城墙和炉楼。12 接着的一段由管理半个耶路撒冷的区长哈罗黑的儿子沙龙和他的女儿们修筑。13 哈嫩和撒挪亚城的居民修筑谷门。他们重建那门,装上门扇、门插和门闩;又修筑城墙四百四十公尺,直至粪门。14 粪门是由管理伯.哈基琳的区长,利甲的儿子玛基雅修筑;他重建那门,装上门扇、门插和门闩。15 管理米斯巴的区长各荷西的儿子沙仑修筑泉门。他重建那门,加盖门顶,装上门扇、门插和门闩;又重建靠近王园的西罗亚池的城墙,直到从大卫城下来的台阶。16 下一段由管理半个伯.夙的区长,押卜的儿子尼希米修筑,直到大卫墓地的对面,又到人工池和勇士之家。17 再下一段由利未人巴尼的儿子利宏修筑;接着的一段由管理半个基伊拉的区长哈沙比雅为他本区修筑。18 下一段由他们的兄弟,管理另一半基伊拉的区长,希拿达的儿子宾内按照《马索拉文本》的大部分抄本,"宾内"作"巴瓦伊",大概是手民之误;两者在原文非常相似,现参照其他抄本和古译本翻译;参24节修筑。19 管理米斯巴的区长耶书亚的儿子以谢修筑接着的一段,对着军械库的斜坡、城墙转角的地方。20 下一段,就是萨拜的儿子巴录竭力修筑的另一段,从城墙转角的地方,直到大祭司以利亚实住宅的门口。21 再下一段,就是哈哥斯的孙子、乌利亚的儿子米利末修筑的另一段,从以利亚实住宅的门口,直到以利亚实住宅的尽头。22 这一段之后是由住在约旦河平原的祭司修筑。23 下一段是由便雅悯和哈述,修筑他们自己房屋对面的那段。再下一段由亚难尼的孙子、玛西雅的儿子亚撒利雅,修筑他自己的房屋旁边的那段。24 这一段之后是希拿达的儿子宾内修筑的另一段,从亚撒利雅的房屋,直到城墙的转角,就是城角的地方。25 乌赛的儿子巴拉修筑对着城墙的转角的地方,以及王宫突出高耸的城楼靠近护卫院的一段。下一段由巴录的儿子毘大雅修筑。26 居住在俄斐勒的殿役,修筑直到东面水门对面和突出的城楼那一段墙。27 再下一段,就是由提哥亚人修筑的另一段,从那突出来的大城楼对面,直到俄斐勒的城墙。
28 从马门往上的一段,祭司们各人修筑自己房屋对面的城墙。29 下一段由音麦的儿子撒督修筑自己房屋对面的那段。再下一段由看守东门示迦尼的儿子示玛雅修筑。30 这一段之后是由示利米雅的儿子哈拿尼雅和萨拉的第六子哈嫩修筑的另一段,下一段就是比利迦的儿子米书兰修筑自己住宅对面的那一段。31 再下一段由金匠玛基雅修筑,直到殿役和商人的房屋,对着哈米弗甲门,直到城的角楼。32 金匠和商人修筑城的角楼和羊门之间的那一段。