1 KOM en laat ons terugkeer tot die Here; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind.
2 Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe.
3 En laat ons ken — laat ons dit najaag om die Here te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.
4 Wat sal Ek met jou doen, o Efraim; wat sal Ek met jou doen, o Juda? aangesien julle liefde is soos 'n môrewolk en soos 'n dou wat vroeg weer verdwyn.
5 Daarom het Ek hulle neergekap deur die profete, hulle gedood deur die woorde van my mond, en die oordele oor jou kom te voorskyn soos 'n ligstraal.
6 Want Ek het 'n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.
7 Maar hulle het soos Adam die verbond oortree, daar het hulle troueloos teen My gehandel.
8 Gílead is 'n stad van kwaaddoeners, vol bloedspore.
9 En soos 'n rower op die loer lê, loer 'n priesterbende; hulle pleeg moord op die pad na Sigem, ja, hulle het skandelike dade gedoen.
10 In die huis van Israel het Ek 'n afskuwelike ding gesien: Efraim het daar tot hoerery verval, Israel is verontreinig.
11 Ook vir jou, o Juda, is daar 'n oes beskik as Ek die lot van my volk verander.
1 "来吧!让我们回转归向耶和华;
因为,他虽然撕裂了我们,但必定医治我们;
他虽然击伤了我们,却必替我们裹伤。
2 两天以后,他要使我们复原;
第三天,他使我们起来,
我们就可以活在他的面前。
3 让我们认识,竭力追求认识耶和华。
他必定出现,像晨光一样,
他必临到我们,如雨水一般,
又像滋润大地的春雨。
4 "以法莲啊!我要怎样待你呢?
犹大啊,我要怎样待你呢?
你们的爱心像早晨的云雾;
又像瞬即消逝的朝露。
5 因此,我藉众先知砍碎他们,
用我口中的话杀戮他们;
我的审判必如光一般发出。
6 我喜爱怜恤,不喜爱祭祀;
我喜爱人认识 神的知识,胜过人献的燔祭。
7 可是他们却在亚当城背约,
在那里向我行诡诈。
8 基列是作孽之人的城,
他们的脚踪染满了血渍。
9 在往示剑的路上,祭司结党杀害人,
就像埋伏路旁的强盗;
他们行了邪恶的事。
10 在以色列家!我看见了可怕的事;
那里有以法莲的淫行,以色列被玷污了。
11 犹大啊!我使我的子民归回的时候,
必有为你定下的一个收割时期。"