Pular para o conteúdo
Publicidade

Gálatas 1

OTTT

Opskrif en seëngroet.

1 PAULUS, 'n apostel nie vanweë mense of deur 'n mens nie, maar deur Jesus Christus en God die Vader wat Hom uit die dode opgewek het,

2 en al die broeders wat by my is aan die gemeentes van Galásië:

3 Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus,

4 wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wêreld, volgens die wil van onse God en Vader,

5 aan wie die heerlikheid toekom in alle ewigheid! Amen.

Onstandvastigheid van die Galásiërs. Paulus verdedig die goddelike gesag van sy apostelskap en van sy leer.

6 EK verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na 'n ander evangelie toe,

7 terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.

8 Maar al sou ons of 'n engel uit die hemel julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom 'n vervloeking wees!

9 Soos ons vantevore gesê het, ek nou ook weer: As iemand julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom 'n vervloeking wees!

10 Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie 'n dienskneg van Christus wees nie.

11 Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.

12 Want ek het dit ook nie van 'n mens ontvang of geleer nie, maar deur 'n openbaring van Jesus Christus.

13 Want julle het gehoor van my lewenswandel vroeër in die Jodedom, dat ek die gemeente van God uitermate vervolg en dit verwoes het;

14 en dat ek in die Jodedom vooruitgegaan het bo baie van my leeftyd onder my stamgenote, terwyl ek veral 'n yweraar was vir die oorleweringe van my voorvaders.

15 Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het,

16 om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie,

17 en ook nie na Jerusalem opgegaan na die wat voor my apostels was nie, maar na Arabië vertrek en weer teruggekom na Damaskus.

18 Vervolgens, drie jaar daarna, het ek na Jerusalem opgegaan om met Petrus kennis te maak en vyftien dae by hom gebly;

19 en ek het niemand anders van die apostels gesien nie, behalwe Jakobus, die broer van die Here.

20 En wat ek julle skryf voor die aangesig van God, ek lieg nie!

21 Daarna het ek gekom in die streke van Sírië en Cilícië;

22 en ek was persoonlik onbekend by die Christelike gemeentes van Judéa;

23 hulle het net gehoor: hy wat ons vroeër vervolg het, verkondig nou die geloof wat hy vroeër besig was om uit te roei.

24 En hulle het God verheerlik in my.

1,2 Ben Pavlus, ne insan tarafından, ne de insan yetkisiyle elçi seçildim. Beni elçi yapan, İsa Mesih ve Oʼnu ölümden dirilten Baba Allahʼtır. Benden ve yanımdaki bütün imanlı kardeşlerden,

Galatya bölgesindeki imanlı topluluklarına selam!

3 Babamız Allahʼtan ve Rab İsa Mesihʼten size lütuf ve esenlik olsun. 4 Mesih, Babamız Allahʼın isteğine uyarak kendini günahlarımız için feda etti. Öyle ki, bizi şimdiki kötü dünyadan kurtardı. 5 Allahʼa sonsuzlara kadar övgüler olsun! Amin.

Başka müjde yok!

6 Size şaşıyorum! Allah Mesihʼin lütfuyla sizi kendisine çağırdı. Nasıl oluyor da, Oʼnu bu kadar çabuk terk edip başka bir müjdeye dönüyorsunuz? 7 Aslında başka bir müjde yok ki! Ama kafalarınızı karıştıran bazı kişiler var. Bu adamlar Mesihʼin Müjdesiʼni çarpıtmak istiyorlar. 8 Size bildirdiğimiz Müjdeʼye ters düşen bir müjde vaaz eden, ister biz kendimiz olalım, ister gökten bir melek olsun, Allahʼtan cezasını alsın! 9 Daha önce söylediğimiz gibi, bir kere daha söylüyorum: her kim aldığınız Müjdeʼye ters düşen bir müjde bildirirse, Allahʼtan cezasını alsın! 10 Şimdi kimi memnun etmeye çalışıyorum: insanları , yoksa Allahʼı ? Eğer hâlâ insanları memnun etmeye çalışsaydım, Mesihʼin kulu olmazdım.

Pavlus nasıl Mesihʼin elçisi oldu

11 Kardeşler, şunu bilmenizi isterim: duyurduğum Müjde insan fikri değil. 12 Bu Müjdeʼyi insandan alıp öğrenmedim. Onu bana vahiyle İsa Mesihʼin kendisi bildirdi.

13 Eskiden Yahudi dinine bağlı olduğum zaman nasıl bir hayat sürdüğümü duydunuz. Allahʼın topluluğuna acımasızca eziyet ettim ve onu yok etmeye çalıştım. 14 Yahudi dininde benimle aynı yaşta olan soydaşlarımın çoğundan daha çok ilerliyordum. Atalarımın adetlerini büyük bir titizlikle yerine getiriyordum. 15 Fakat Allah bana lütfunu gösterdi. Ben daha annemin karnındayken beni seçti ve hizmetine çağırdı. 16 Oğluʼnu vahiyle bana göstermeyi uygun gördü. Çünkü Oʼnu bütün milletlerin arasında müjdelememi istedi. Bense bu konuda hemen insanlara danışmadım. 17 Benden önce elçi olanları görmek için Yeruşalimʼe gitmedim. Arabistanʼa gittim. Daha sonra tekrar Şam şehrine döndüm.

18 Sonra, aradan üç yıl geçince Petrusʼla1:18 Petrusʼla Grekçe metinde "Kefasʼla" diye geçer. Kefas Petrus adının Aramicesidir. tanışmak için Yeruşalimʼe gittim. Onun yanında on beş gün kaldım. 19 Ondan ve Rab İsaʼnın kardeşi Yakubʼdan başka hiçbir elçiyle tanışmadım. 20 Bu yazdıklarımın yalan olmadığına Allah şahidimdir.

21 Sonra, Suriye ve Kilikya bölgelerine gittim. 22 Mesihʼin Yahudiye bölgesinde olan toplulukları benim yüzümü henüz görmemişlerdi. 23 Sadece şunu işitiyorlardı: "Daha önce bize eziyet eden adam, eskiden yok etmeye çalıştığı inancı şimdi kendisi müjdeliyor!" 24 Sayemde Allahʼı yücelttiler.

Veja também

Gálatas
Ver todos os capítulos de Gálatas