Pular para o conteúdo
Publicidade

Marcos 4

OTTT

Gelykenis van die saaier.

1 EN Hy het nog 'n maal by die see begin leer; en 'n groot menigte het by Hom saamgekom, sodat Hy in die skuit geklim en op die see gaan sit het, en die hele skare was op die land by die see.

2 En Hy het hulle baie dinge geleer deur gelykenisse en vir hulle in sy lering gesê:

3 Luister! 'n Saaier het uitgegaan om te saai.

4 En terwyl hy saai, het 'n deel langs die pad geval, en die voëls van die hemel het gekom en dit opgeëet.

5 En 'n ander deel het op 'n rotsagtige plek geval waar dit nie baie grond gehad het nie; en dadelik het dit opgekom, omdat dit geen diepte van grond gehad het nie.

6 En toe die son opgaan, is dit verskroei; en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.

7 En 'n ander deel het in die dorings geval, en die dorings het opgekom en dit verstik; en dit het geen vrug opgelewer nie.

8 En 'n ander deel het in die goeie grond geval, en dit het vrug opgelewer; want dit het opgekom, en gegroei, en dit het gedra: een dertig- en een sestig- en een honderdvoudig.

9 En Hy vir hulle: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

10 En toe Hy alleen was, het die wat saam met die twaalf rondom Hom was, Hom na die gelykenis gevra.

11 En Hy vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse,

12 sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie.

13 En Hy vir hulle: Begryp julle nie hierdie gelykenis nie? En hoe sal julle al die gelykenisse verstaan?

14 Die saaier saai die woord.

15 En dit is hulle wat langs die pad is waar die woord gesaai word, maar sodra hulle dit gehoor het, kom die Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is.

16 Net so ook is hulle by wie op rotsagtige plekke gesaai word wat, as hulle die woord hoor, dit dadelik met blydskap aanneem,

17 maar geen wortel in hulleself het nie; hulle is net vir 'n tyd. Later as daar verdrukking of vervolging kom ter wille van die woord, struikel hulle dadelik.

18 En hulle by wie in die dorings gesaai word dit is hulle wat die woord hoor,

19 en die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar.

20 En dit is hulle by wie in die goeie grond gesaai is hulle wat die woord hoor en aanneem en vrugte dra: een dertig- en een sestig- en een honderdvoudig.

Gelykenis van die lamp.

21 EN Hy het vir hulle gesê: Die lamp kom tog nie om onder die maatemmer of onder die bed gesit te word nie. Is dit nie om op die staander gesit te word nie?

22 Want daar is niks verborge wat nie openbaar sal word nie, en daar is niks weggesteek nie of dit moet in die lig kom.

23 As iemand ore het om te hoor, laat hom hoor.

24 En Hy het vir hulle gesê: Pas op wat julle hoor; met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word, en daar sal bygevoeg word vir julle wat hoor.

25 Want wie het, vir hom sal gegee word; en wie nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het.

Gelykenis van die saad.

26 EN Hy het gesê: So is die koninkryk van God, soos wanneer 'n mens die saad in die grond gooi;

27 en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad spruit uit en word groot hoe, weet hy self nie.

28 Want vanself bring die aarde vrug voort, eers 'n halm, dan 'n aar, dan die volle koring in die aar.

29 En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.

Gelykenis van die mosterdsaad.

30 EN Hy het gesê: Waarmee moet ons die koninkryk van God vergelyk, of met watter soort gelykenis moet ons dit voorstel?

31 Dit is soos 'n mosterdsaad, wat die kleinste is van al die soorte saad op die aarde wanneer dit in die grond gesaai is;

32 en wanneer dit gesaai is, kom dit op en word groter as al die groentesoorte en maak groot takke, sodat die voëls van die hemel onder sy skaduwee nes kan maak.

33 En met baie sulke gelykenisse het Hy die woord tot hulle gespreek volgens wat hulle kon verstaan;

34 en sonder gelykenis het Hy tot hulle nie gespreek nie; maar afsonderlik het Hy vir sy dissipels alles uitgelê.

Jesus maak die storm stil.

35 EN toe dit aand geword het op daardie dag, het Hy vir hulle gesê: Laat ons oorvaar na die ander kant.

36 En hulle het die skare verlaat en Hom, net soos Hy was, saamgeneem in die skuit; en daar was ook ander skuitjies by Hom.

37 En 'n groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word.

38 Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?

39 En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan , en daar het 'n groot stilte gekom.

40 Toe Hy vir hulle: Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen geloof nie?

41 En 'n groot vrees het hulle oorweldig, en hulle het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam is!

Dört çeşit toprak benzetmesi

1 İsa yine göl kenarında vaaz etmeye başladı. Etrafına büyük bir kalabalık toplandı. Bu yüzden İsa göldeki bir tekneye binip oturdu. Kalabalık da göl kenarında duruyordu. 2 Onlara benzetmelerle birçok şey öğretti. Vaaz verirken onlara şunları söyledi: 3 "Dikkat edin! İşte, bir çiftçi ekin ekmeye gitmiş. 4 Ektiği tohumlardan bazıları yol kenarına düşmüş. Kuşlar gelip onları yemiş. 5 Bazı tohumlar az topraklı, taşlı yerlere düşmüş. Toprak derin olmadığı için hemen filizlenmeye başlamış. 6 Güneş çıkınca da kavrulmuş. Yeteri kadar kök salamadıkları için kuruyup gitmiş. 7 Bazı tohumlar dikenlerin arasına düşmüş. Dikenler büyüyünce ekinleri boğmuş ve ekinler hiç ürün vermemiş. 8 Ama bazı tohumlar iyi toprağa düşmüş. Büyüyüp çoğalmış ve ürün vermiş: kimisi otuz kat, kimisi altmış kat, kimisi de yüz kat." 9 Sonra İsa şunu ekledi: "Kulağı olan işitsin!"

10 İsa on iki elçisi ve peşinden gelen başka insanlarla yalnız kalınca, Oʼna benzetmeleri sordular. 11 İsa onlara şöyle dedi: "Allahʼın Krallığıʼnın sırrını anlama gücü size verildi. Ama bizden olmayanlara her şey benzetmelerle anlatılıyor. 12 Öyle ki,

Hep baksınlar ama görmesinler,

Hep işitsinler ama anlamasınlar.

Aksi halde tövbe edip bağışlanırlar.’ "4:12 Yeşaya 6:9,10

İsa dört çeşit toprak benzetmesini açıklıyor

13 İsa onlara şunu sordu: "Bu benzetmeyi anlamıyorsanız, diğer bütün benzetmeleri nasıl anlayacaksınız? 14 Çiftçinin ektiği tohum Allahʼın sözüdür. 15 Bazı insanlar tohumun ekildiği tarlanın kenarındaki toprak yola benzer. Onlar sözü işitir işitmez Şeytan gelir, yüreklerine ekilen sözü çalar. 16 Bazı insanlar tohumun ekildiği taşlı toprağa benzer. Onlar sözü işitir işitmez sevinçle kabul ederler. 17 Ama sözün kök salmasına izin vermedikleri için sadece kısa bir zaman dayanırlar. Sonra sözden ötürü eziyet veya baskı başlayınca hemen iman yolundan dönerler. 18 Bazı insanlar, tohumun ekildiği dikenli toprağa benzer. Bunlar sözü işitirler. 19 Ama dünyanın kaygıları, zenginliğin göz boyaması ve diğer hevesler yüreklerine girip sözü boğar. Bu yüzden söz ürün vermez. 20 Bazılarıysa tohumun ekildiği bereketli toprağa benzer. Bunlar sözü işitip yürekten kabul ederler ve bol ürün verirler. Bazısı otuz, bazısı altmış, bazısı da yüz kat ürün verir."

İnsanları aydınlatan lamba

21 İsa şunu da söyledi: "İnsanlar lambayı bir kabın altına ya da bir yatağın altına koymak için içeri getirmezler, değil mi? Daha doğrusu, onu lambalığa koymak için getirirler. 22 Çünkü gizli olan ancak ortaya çıkarılmak için gizlenir. Saklı olan da aydınlığa çıkmak için saklanır. 23 Kulağı olan işitsin!"

24 İsa şöyle devam etti: "Neye kulak verdiğinize dikkat edin. Size, verdiğiniz ölçekle verilecek, hatta fazlasıyla verilecek. 25 Çünkü kim sahip olduğu şeyleri kullanırsa, ona daha çok verilecek. Ama kim kullanmazsa, elindeki de alınacak."

Filizlenen tohum benzetmesi

26 Sonra İsa şöyle dedi: "Allahʼın Krallığı toprağa tohum eken bir adama benzer. 27 Adam gece olunca yatar ve sabah olunca kalkar. Bu arada tohum filizlenir, büyür. Bu nasıl olur, adam bilmez. 28 Toprak kendiliğinden ürün verir: önce filiz, sonra başak, en sonunda başağın içinde olgun taneler. 29 Ekinler olgunlaşınca, adam hemen orak salar, çünkü artık harman vakti gelmiştir."

Hardal tohumu benzetmesi

30 İsa yine şöyle dedi: "Allahʼın Krallığıʼnı neye benzetelim? Hangi benzetmeyle onu anlatalım? 31 Allahʼın Krallığı hardal tohumuna benzer. Hardal tohumu toprağa ekildiği zaman, yeryüzündeki bütün tohumlardan daha küçüktür. 32 Ama ekildikten sonra büyür ve bahçedeki bütün bitkilerden daha büyük olur. Dalları o kadar büyür ki, gökteki kuşlar onun gölgesinin altında yuva kurabilir."

33 İsa bunun gibi birçok benzetmeyle onlara dinleyebildikleri ölçüde Allahʼın sözünü bildirirdi. 34 Benzetmeler kullanmadan onlara hiçbir şey anlatmazdı. Ama öğrencileriyle baş başa kalınca, onlara her şeyi açıklardı.

İsa fırtınayı dindiriyor

35 O gün akşam olunca, İsa öğrencilerine, "Gölün öbür tarafına geçelim!" dedi. 36 Öğrenciler kalabalığı geride bırakıp İsaʼyı binmiş olduğu tekneyle götürdüler. Teknenin yanında başka tekneler da vardı. 37 O sırada güçlü bir fırtına koptu. Dalgalar tekneye öyle çarptı ki, tekne neredeyse suyla doluyordu. 38 İsa ise, teknenin arka tarafında bir yastığa yaslanmış uyuyordu. Öğrencileri Oʼnu uyandırdılar. "Öğretmenimiz, boğuluyoruz!" dediler. "Buna hiç aldırmıyor musun?"

39 İsa uyanınca rüzgarı azarladı ve göle, "Sus, sakin ol!" dedi. Rüzgar dindi, ortalık tamamen sakinleşti. 40 İsa öğrencilerine, "Niçin böyle korkaksınız?" dedi. "İmanınız hâlâ yok?"

41 Öğrenciler büyük korku içinde birbirlerine şöyle dediler: "Bu nasıl bir adam ki, rüzgar ve göl bile Oʼnun buyruğuna uyuyor?"

Veja também