Opskrif en seëngroet.
1 PAULUS en Silvánus en Timótheüs aan die gemeente van die Thessalonicense wat in God die Vader en die Here Jesus Christus is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
Vrug van die evangelie in Thessaloníka, en die getrouheid van die gemeente daar.
2 ONS dank God altyd oor julle almal as ons aan julle dink in ons gebede
3 en onophoudelik in gedagte hou die werk van julle geloof en die arbeid van julle liefde en die lydsaamheid van julle hoop op onse Here Jesus Christus, voor onse God en Vader,
4 omdat ons weet van julle verkiesing, broeders wat deur God bemin word.
5 Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid, soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het.
6 En julle het navolgers van ons geword en van die Here deurdat julle die woord in baie verdrukking ontvang het met die blydskap van die Heilige Gees,
7 sodat julle voorbeelde geword het vir al die gelowiges in Macedónië en Acháje.
8 Want van julle uit het die woord van die Here weerklink nie alleen in Macedónië en Acháje nie, maar ook op elke plek het julle geloof in God uitgegaan, sodat ons nie nodig het om daar iets van te sê nie.
9 Want hulle vertel self aangaande ons watter ingang ons by julle gehad het en hoe julle jul van die afgode bekeer het tot God, om die lewende en waaragtige God te dien
10 en sy Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos.
1 Глава 1. [1]Деян 16:1.Гал 1:3. Павел и Силуан и Тимофей — церкви Фессалоникской в Боге Отце и Господе Иисусе Христе: благодать вам и мир от Бога Отца нашего и Господа Иисуса Христа.
2 [2]Флп 1:3.2 Фес 1:3. Всегда благодарим Бога за всех вас, вспоминая о вас в молитвах наших, 3 [3]Деян 17:4. непрестанно памятуя ваше дело веры и труд любви и терпение упования на Господа нашего Иисуса Христа пред Богом и Отцем нашим, 4 зная избрание ваше, возлюбленные Богом братия; 5 [5]Рим 15:19. потому что наше благовествование у вас было не в слове только, но и в силе и во Святом Духе, и со многим удостоверением, как вы сами знаете, каковы были мы для вас между вами. 6 [6]Флп 3:17. И вы сделались подражателями нам и Господу, приняв слово при многих скорбях с радостью Духа Святаго, 7 так что вы стали образцом для всех верующих в Македонии и Ахаии. 8 Ибо от вас пронеслось слово Господне не только в Македонии и Ахаии, но и во всяком месте прошла слава о вере вашей в Бога, так что нам ни о чем не нужно рассказывать. 9 Ибо сами они сказывают о нас, какой вход имели мы к вам, и как вы обратились к Богу от идолов, чтобы служить Богу живому и истинному 10 [10]Ос 13:14. и ожидать с небес Сына Его, Которого Он воскресил из мертвых, Иисуса, избавляющего нас от грядущего гнева.