Pular para o conteúdo
Publicidade

Joel 2

SYNOD

Ernstige oproep tot bekering.

1 BLAAS die basuin op Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die Here kom, want hy is naby

2 'n dag van duisternis en donkerheid, 'n dag van wolke en wolkenag; soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom 'n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal tot in die jare van die verste geslagte nie.

3 Voor hom uit verteer 'n vuur, en agter hom brand 'n vlam; voor hom lyk die land soos die tuin van Eden, en agter hom is dit 'n woeste wildernis; ook kan niks daaraan ontkom nie.

4 Sy voorkoms is soos dié van perde, en net soos ryperde so hardloop hulle.

5 Soos die gedruis van waens huppel hulle oor die bergtoppe, soos die geknetter van 'n vuurvlam wat die kaf verteer, soos 'n magtige volk wat vir die geveg opgestel is.

6 Vir hom bewe die volke van angs, alle aangesigte verbleek.

7 Soos helde hardloop hulle, soos krygsmanne klim hulle op die muur, en elkeen gaan sy eie koers; hulle verander nie van pad nie.

8 En die een druk nie die ander nie; elkeen gaan sy eie pad; en tussen wapens deur val hulle; maar hulle bly in gelid.

9 Hulle oorval die stad, hulle hardloop op die muur, hulle klim in die huise, hulle dring by die vensters in soos 'n dief.

10 Voor hulle bewe die aarde, sidder die hemel; die son en die maan word swart, en die sterre trek hulle glans in.

11 En die Here verhef sy stem voor sy leërmag uit; want geweldig groot is sy leër, ja, magtig die uitvoerder van sy woord. Want die dag van die Here is groot en uitermate vreeslik, en wie kan dit verdra?

12 Maar selfs nou nog, spreek die Here, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag.

13 En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die Here julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil;

14 wie weet of dit Hom nie weer sal berou nie, sodat Hy 'n seën sal agterlaat 'n spysoffer en 'n drankoffer aan die Here julle God.

15 Blaas die basuin op Sion, heilig 'n vasdag, roep 'n vergadering saam!

16 Versamel die volk, heilig die gemeente, vergader die oudstes, versamel die kinders en die suiglinge! Laat die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek.

17 Laat die priesters, die dienaars van die Here, tussen die voorportaal en die altaar ween en : o Here, spaar u volk, en gee u erfdeel nie oor aan smaadheid, dat die nasies met hulle spot nie; waarom sou hulle onder die volke : Waar is hulle God?

Belofte van oorvloed.

18 TOE het die Here geywer vir sy land en sy volk verskoon.

19 En die Here het geantwoord en aan sy volk gesê: Kyk, Ek stuur vir julle koring en mos en olie, sodat julle daarvan versadig word, en Ek maak julle nie meer tot 'n voorwerp van smaad onder die nasies nie.

20 Ja, Ek sal die sprinkaanswerm, uit die noorde afkomstig, van julle af wegjaag en dit wegdrywe na 'n dor en woeste land; sy voorhoede na die Oostelike See en sy agterhoede na die Westelike See toe. En sy stank sal opstyg, en 'n slegte reuk uit hom opgaan; want hy het alte groot dinge gedoen.

21 Wees nie bevrees nie, o aarde, juig en wees bly, want die Here doen groot dinge!

22 Wees nie bevrees nie, diere van die veld, want die weivelde van die woestyn spruit uit, want die bome dra hulle vrugte, die vyeboom en die wingerdstok lewer hulle drag!

23 En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in die Here julle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen.

24 Dan sal die dorsvloere vol koring wees en die parskuipe van mos en olie oorloop.

25 En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het.

26 Dan sal julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van die Here julle God prys wat wonderbaar met julle gehandel het, en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.

27 En julle sal weet dat Ek in die midde van Israel is, en dat Ek die Here julle God is, en niemand anders nie; en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.

28 En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense drome droom, julle jongelinge gesigte sien.

29 En ook op die diensknegte en op die diensmaagde sal Ek in dié dae my Gees uitgiet.

30 En Ek sal wondertekens gee aan die hemel en op die aarde: bloed en vuur en rookpilare.

31 Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.

32 En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word; want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos die Here gesê het, en onder die vrygeraaktes die wat die Here sal roep.

1 Глава 2. [1]Чис 10:3.Ис 2:12.Иоил 1:15. Трубите трубою на Сионе и бейте тревогу на святой горе Моей; да трепещут все жители земли, ибо наступает день Господень, ибо он близок 2 [2]Иер 13:16.Иез 30:3.Ам 5:18. день тьмы и мрака, день облачный и туманный: как утренняя заря распространяется по горам народ многочисленный и сильный, какого не бывало от века и после того не будет в роды родов. 3 [3]Пс 49:3. Перед ним пожирает огонь, а за ним палит пламя; перед ним земля как сад Едемский, а позади него будет опустошенная степь, и никому не будет спасения от него. 4 [4]Откр 9:7. Вид его как вид коней, и скачут они как всадники; 5 скачут по вершинам гор как бы со стуком колесниц, как бы с треском огненного пламени, пожирающего солому, как сильный народ, выстроенный к битве. 6 [6]Наум 2:10. При виде его затрепещут народы, у всех лица побледнеют. 7 Как борцы бегут они и как храбрые воины влезают на стену, и каждый идет своею дорогою, и не сбивается с путей своих. 8 Не давят друг друга, каждый идет своею стезею, и падают на копья, но остаются невредимы. 9 Бегают по городу, поднимаются на стены, влезают на дома, входят в окна, как вор. 10 [10]Ис 13:10.Иез 32:7.Мф 24:29.Мк 13:24.Лк 21:25. Перед ними потрясется земля, поколеблется небо; солнце и луна помрачатся, и звезды потеряют свой свет. 11 [11]Иер 30:7.Ам 5:18.Соф 1:15. И Господь даст глас Свой пред воинством Своим, ибо весьма многочисленно полчище Его и могуществен исполнитель слова Его; ибо велик день Господень и весьма страшен, и кто выдержит его? 12 [12]Иер 4:1. Но и ныне еще говорит Господь: обратитесь ко Мне всем сердцем своим в посте, плаче и рыдании. 13 [13]Исх 34:6.Пс 85:5.Иона 4:2. Раздирайте сердца ваши, а не одежды ваши, и обратитесь к Господу Богу вашему; ибо Он благ и милосерд, долготерпелив и многомилостив и сожалеет о бедствии. 14 [14]Иов 3:9. Кто знает, не сжалится ли Он, и не оставит ли благословения, хлебного приношения и возлияния Господу Богу вашему? 15 [15]Иоил 1:14. Вострубите трубою на Сионе, назначьте пост и объявите торжественное собрание. 16 [16]Исх 19:10.Иоил 3:9. Соберите народ, созовите собрание, пригласите старцев, соберите отроков и грудных младенцев; пусть выйдет жених из чертога своего и невеста из своей горницы. 17 [17]Пс 41:11.Мих 7:10. Между притвором и жертвенником да плачут священники, служители Господни, и говорят: «пощади, Господи, народ Твой, не предай наследия Твоего на поругание, чтобы не издевались над ним народы; для чего будут говорить между народами: где Бог их?» 18 И тогда возревнует Господь о земле Своей, и пощадит народ Свой. 19 [19]Пс 84:13. И ответит Господь, и скажет народу Своему: вот, Я пошлю вам хлеб и вино и елей, и будете насыщаться ими, и более не отдам вас на поругание народам. 20 И пришедшего от севера удалю от вас, и изгоню в землю безводную и пустую, переднее полчище его в море восточное, а заднее в море западное, и пойдет от него зловоние, и поднимется от него смрад, так как он много наделал зла. 21 Не бойся, земля: радуйся и веселись, ибо Господь велик, чтобы совершить это. 22 Не бойтесь, животные, ибо пастбища пустыни произрастят траву, дерево принесет плод свой, смоковница и виноградная лоза окажут свою силу. 23 [23]Иез 34:26. И вы, чада Сиона, радуйтесь и веселитесь о Господе Боге вашем; ибо Он даст вам дождь в меру и будет ниспосылать вам дождь, дождь ранний и поздний, как прежде. 24 [24]Притч 3:10. И наполнятся гумна хлебом, и переполнятся подточилия виноградным соком и елеем. 25 [25]Иоил 1:4. И воздам вам за те годы, которые пожирали саранча, черви, жуки и гусеница, великое войско Мое, которое послал Я на вас. 26 [26]Втор 8:10. И до сытости будете есть и насыщаться и славить имя Господа Бога вашего, Который дивное соделал с вами, и не посрамится народ Мой во веки. 27 [27]Ис 45:5. И узнаете, что Я посреди Израиля, и Я Господь Бог ваш, и нет другого, и Мой народ не посрамится вовеки.

28 [28]Ис 44:3.Иез 36:25.Ин 7:39.Деян 2:17. И будет после того, излию от Духа Моего на всякую плоть, и будут пророчествовать сыны ваши и дочери ваши; старцам вашим будут сниться сны, и юноши ваши будут видеть видения. 29 [29]Деян 2:18.Рим 8:15.Гал 4:6.1 Пет 2:9. И также на рабов и на рабынь в те дни излию от Духа Моего. 30 И покажу знамения на небе и на земле: кровь и огонь и столпы дыма. 31 Солнце превратится во тьму и луна в кровь, прежде нежели наступит день Господень, великий и страшный. 32 [32]Рим 10:13. И будет: всякий, кто призовет имя Господне, спасется; ибо на горе Сионе и в Иерусалиме будет спасение, как сказал Господь, и у остальных, которых призовет Господь.

Veja também

Joel
Ver todos os capítulos de Joel