Pular para o conteúdo
Publicidade

Marcos 3

SYNOD

Die man met die verdorde hand.

1 EN Hy het weer in die sinagoge gegaan, en dáár was 'n man met 'n verdorde hand.

2 En hulle het Hom in die oog gehou, of Hy hom op die sabbat gesond sou maak, sodat hulle Hom kon aanklae.

3 En Hy vir die man met die verdorde hand: Staan op in hul midde.

4 Daarop Hy vir hulle: Is dit geoorloof om op die sabbat goed of kwaad te doen, 'n lewe te red of dood te maak? Maar hulle het stilgebly.

5 En nadat Hy hulle rondom met toorn aangekyk het en tegelykertyd bedroef was oor die hardheid van hulle hart, Hy vir die man: Steek jou hand uit! En hy het dit uitgesteek, en sy hand is herstel, gesond soos die ander een.

6 Toe gaan die Fariseërs uit en hou dadelik raad met die Herodiane teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring.

7 En Jesus het met sy dissipels teruggegaan na die see toe, en 'n groot menigte het Hom gevolg uit Galiléa en Judéa

8 en Jerusalem en Iduméa en van oorkant die Jordaan af. En die wat om Tirus en Sidon gewoon het, 'n groot menigte, het na Hom gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen.

9 En Hy het aan sy dissipels gesê dat 'n skuitjie altyd vir Hom moes klaar vanweë die skare, sodat hulle Hom nie miskien sou verdring nie.

10 Want Hy het baie gesond gemaak, sodat almal wat vol kwale was, op Hom toegeloop het om Hom aan te raak.

11 En elke keer as die onreine geeste Hom sien, het hulle voor Hom neergeval en geskreeu en gesê: U is die Seun van God!

12 En Hy het hulle herhaaldelik streng gebied om Hom nie bekend te maak nie.

Roeping van die twaalf apostels.

13 EN Hy het op die berg geklim en na Hom geroep die wat Hy wou , en hulle het na Hom gekom.

14 En Hy het twaalf aangestel, sodat hulle saam met Hom kon wees en Hy hulle kon uitstuur om te preek

15 en mag te om siektes te genees en die duiwels uit te dryf.

16 En aan Simon het Hy die bynaam Petrus gegee;

17 en verder Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, die broer van Jakobus aan hulle het Hy die bynaam Boanérges gegee, dit is, seuns van die donder

18 en Andréas en Filippus, en Bartholoméüs en Matthéüs, en Thomas en Jakobus, die seun van Alféüs, en Thaddéüs en Simon Kananítes,

19 en Judas Iskáriot, hy wat Hom verraai het.

Godslastering van die skrifgeleerdes.

20 EN hulle het in 'n huis gegaan, en 'n skare het weer saamgekom, sodat hulle selfs nie brood kon eet nie.

21 Toe sy mense dit hoor, gaan hulle uit om Hom in die hande te kry; want hulle het gesê: Hy is buite sy sinne.

22 En die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: Hy het Beëlsebul! en: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit.

23 En Hy het hulle na Hom geroep en vir hulle deur gelykenisse gesê: Hoe kan die Satan die Satan uitdryf?

24 En as 'n koninkryk teen homself verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie;

25 en as 'n huis teen homself verdeeld is, kan daardie huis nie bly staan nie;

26 en as die Satan teen homself opstaan en verdeeld is, kan hy nie bly staan nie, maar hy kom tot 'n einde.

27 Niemand kan in die huis van 'n sterk man ingaan en sy goed roof as hy nie eers die sterk man boei nie; en dan sal hy sy huis berowe.

28 Voorwaar Ek vir julle, al die sondes sal die mensekinders vergewe word en al die lasteringe wat hulle mag uitgespreek het;

29 maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel

30 omdat hulle gesê het: Hy het 'n onreine gees.

Die familie van Jesus.

31 SY broers en sy moeder het toe gekom, en terwyl hulle buite staan, stuur hulle na Hom om Hom te roep.

32 En 'n skare het rondom Hom gesit Hulle toe vir Hom: U moeder en u broers soek U daarbuite.

33 En Hy antwoord hulle en : Wie is my moeder of my broers?

34 En Hy kyk rond na die wat rondom Hom sit, en : Dáár is my moeder en my broers!

35 Want elkeen wat die wil van God doen, dié is my broer en my suster en moeder.

1 Глава 3. [1]Мф 12:9.Лк 6:6. И пришел опять в синагогу; там был человек, имевший иссохшую руку. 2 И наблюдали за Ним, не исцелит ли его в субботу, чтобы обвинить Его. 3 Он же говорит человеку, имевшему иссохшую руку: стань на средину. 4 А им говорит: должно ли в субботу добро делать, или зло делать? душу спасти, или погубить? Но они молчали. 5 И, воззрев на них с гневом, скорбя об ожесточении сердец их, говорит тому человеку: протяни руку твою. Он протянул, и стала рука его здорова, как другая.

6 [6]Ин 10:39. Фарисеи, выйдя, немедленно составили с иродианами совещание против Него, как бы погубить Его. 7 [7]Мф 4:25. Но Иисус с учениками Своими удалился к морю; и за Ним последовало множество народа из Галилеи, Иудеи, 8 Иерусалима, Идумеи и из-за Иордана. И живущие в окрестностях Тира и Сидона, услышав, что Он делал, шли к Нему в великом множестве. 9 И сказал ученикам Своим, чтобы готова была для Него лодка по причине многолюдства, дабы не теснили Его. 10 Ибо многих Он исцелил, так что имевшие язвы бросались к Нему, чтобы коснуться Его. 11 [11]Мф 16:16. И духи нечистые, когда видели Его, падали пред Ним и кричали: Ты Сын Божий. 12 Но Он строго запрещал им, чтобы не делали Его известным.

13 Потом взошел на гору и позвал к Себе, кого Сам хотел; и пришли к Нему. 14 [14]Мф 10:1.Лк 9:1. И поставил из них двенадцать, чтобы с Ним были и чтобы посылать их на проповедь, 15 и чтобы они имели власть исцелять от болезней и изгонять бесов; 16 [16]Мф 16:18.поставил Симона, нарекши ему имя Петр, 17 Иакова Зеведеева и Иоанна, брата Иакова, нарекши им имена Воанергес, то есть «сыны громовы», 18 Андрея, Филиппа, Варфоломея, Матфея, Фому, Иакова Алфеева, Фаддея, Симона Кананита 19 и Иуду Искариотского, который и предал Его.

20 Приходят в дом; и опять сходится народ, так что им невозможно было и хлеба есть. 21 [21]Ин 10:20. И, услышав, ближние Его пошли взять Его, ибо говорили, что Он вышел из себя. 22 [22]Мф 9:34.Лк 11:15. А книжники, пришедшие из Иерусалима, говорили, что Он имеет в Себе веельзевула и что изгоняет бесов силою бесовского князя. 23 И, призвав их, говорил им притчами: как может сатана изгонять сатану? 24 [24]Мф 12:25.Лк 11:17. Если царство разделится само в себе, не может устоять царство то́; 25 и если дом разделится сам в себе, не может устоять дом тот; 26 и если сатана восстал на самого себя и разделился, не может устоять, но пришел конец его. 27 Никто, войдя в дом сильного, не может расхитить вещей его, если прежде не свяжет сильного, и тогда расхитит дом его. 28 [28]Мф 12:31.Лк 12:10.1 Ин 5:16.Евр 10:26. Истинно говорю вам: будут прощены сынам человеческим все грехи и хуления, какими бы ни хулили; 29 но кто будет хулить Духа Святаго, тому не будет прощения вовек, но подлежит он вечному осуждению. 30 Сие сказал Он, потому что говорили: в Нем нечистый дух.

31 [31]Мф 12:46.Лк 8:19. И пришли Матерь и братья Его и, стоя вне дома, послали к Нему звать Его. 32 Около Него сидел народ. И сказали Ему: вот, Матерь Твоя и братья Твои и сестры Твои, вне дома, спрашивают Тебя. 33 И отвечал им: кто матерь Моя и братья Мои? 34 И обозрев сидящих вокруг Себя, говорит: вот матерь Моя и братья Мои; 35 ибо кто будет исполнять волю Божию, тот Мне брат, и сестра, и матерь.

Veja também