Verdeling van die nuwe inwoners tussen Jerusalem en die ander dele van die land.
1 EN die owerstes van die volk het in Jerusalem gewoon, maar die res van die volk het die lot gewerp om een uit tien daartoe te bring om in die heilige stad Jerusalem te woon, en nege dele in die stede.
2 En die volk het al die manne geseën wat hulle vrywillig aangebied het om in Jerusalem te woon.
3 En dit is die hoofde van die provinsie wat in Jerusalem gewoon het. In die stede van Juda het hulle elkeen in sy besitting in hulle stede gewoon: Israeliete, die priesters en die Leviete en die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo.
4 En in Jerusalem het van die kinders van Juda en van die kinders van Benjamin gewoon. Van die kinders van Juda: Atája, die seun van Ussía, die seun van Sagaría, die seun van Amárja, die seun van Sefátja, die seun van Mehaláleël, van die seuns van Peres;
5 en Maäséja, die seun van Barug, die seun van Kol-Hosé, die seun van Hasája, die seun van Adája, die seun van Jójarib, die seun van Sagaría, die Selaniet.
6 Al die seuns van Peres wat in Jerusalem gewoon het, was vierhonderd-agt-en-sestig, krygsmanne.
7 En dit is die kinders van Benjamin: Sallu, die seun van Mesúllam, die seun van Joëd, die seun van Pedája, die seun van Kolája, die seun van Maäséja, die seun van Ítiël, die seun van Jesaja;
8 en ná hom Gábbai-Sállai, negehonderd-agt-en-twintig.
9 En Joël, die seun van Sigri, was opsigter oor hulle; en Juda, die seun van Hassenúa, was tweede in rang oor die stad.
10 Van die priesters: Jedája, die seun van Jójarib, Jagin,
11 Serája, die seun van Hilkía, die seun van Mesúllam, die seun van Sadok, die seun van Mérajot, die seun van Ahítub, die vors van die huis van God.
12 En hulle broers wat die werk verrig het in die tempel, was agthonderd-twee-en-twintig; en Adája, die seun van Jeróham, die seun van Pelálja, die seun van Amsi, die seun van Sagaría, die seun van Pasgur, die seun van Malkía,
13 en sy broers, familiehoofde, was tweehonderd-twee-en-veertig; en Amásai, die seun van Asáreël, die seun van Ágsai, die seun van Mesíllemot, die seun van Immer,
14 en hulle broers, dapper helde, was honderd-agt-en-twintig, en opsigter oor hulle was Sábdiël, die seun van Haggedólim.
15 En van die Leviete: Semája, die seun van Hassub, die seun van Asríkam, die seun van Hasábja, die seun van Bunni,
16 en Sábbetai en Jósabad, van die hoofde van die Leviete, was oor die buitewerk van die huis van God.
17 En Mattánja, die seun van Miga, die seun van Sabdi, die seun van Asaf, leier van die lofsang, wat die „Loof Hom" aanhef by die gebed; en Bakbúkja, die tweede in rang onder sy broers; en Abda, die seun van Sámmua, die seun van Galal, die seun van Jedútun.
18 Al die Leviete in die heilige stad was tweehonderd-vier-en-tagtig.
19 En die poortwagters: Akkub, Talmon, en hulle broers wat wag gehou het by die poorte, was honderd-twee-en-sewentig.
20 En die ander Israeliete, priesters en Leviete, was in al die stede van Juda, elkeen in sy erfdeel.
21 En die tempelbediendes het gewoon op die Heuwel; en Siha en Gispa was oor die tempelbediendes.
22 En opsigter van die Leviete in Jerusalem was Ussi, die seun van Bani, die seun van Hasábja, die seun van Mattánja, die seun van Miga, van die seuns van Asaf, die sangers, vir die werk in die huis van God;
23 want daar was 'n bevel van die koning aangaande hulle: 'n vaste ordening vir die sangers, na die eis van elke dag.
24 En Petágja, die seun van Mesesábeël, van die seuns van Serag, die seun van Juda, was verteenwoordiger van die koning in enige saak van die volk.
25 En wat die dorpe in hulle buiteveld betref, van die kinders van Juda het gewoon in Kirjat-Arba en sy onderhorige plekke, en in Dibon en sy onderhorige plekke, en in Jekábseël en sy dorpe,
26 en in Jésua en in Mólada en in Bet-Pelet
27 en in Hasar-Sual en in Berséba en sy onderhorige plekke,
28 en in Siklag en in Megóna en sy onderhorige plekke,
29 en in en Rimmon en in Sórea en in Jarmut,
30 Sanóag, Adúllam en hulle dorpe, Lagis en sy buiteveld, Aséka en sy onderhorige plekke; en hulle het in laers gestaan van Berséba af tot by die dal Hinnom.
31 En die kinders van Benjamin: van Geba af in Migmas en Aja en Bet-el en sy onderhorige plekke,
32 Ánatot, Nob, Anánja,
33 Hasor, Rama, Gittáim,
34 Hadid, Sebóim, Nebállat,
35 Lod en Ono, die Handwerkersdal.
36 En van die Leviete het afdelings van Juda by Benjamin behoort.
1 И жили начальники народа в Иерусалиме, а прочие из народа бросили жребии, чтоб одна из десяти частей их шла на жительство в святой город Иерусалим, а девять оставались в прочих городах.
2 Глава 11. [2]Суд 5:2.1 Пар 9:3. И благословил народ всех, которые добровольно согласились жить в Иерусалиме. 3 Вот главы страны, которые жили в Иерусалиме, — а в городах Иудеи жили, всякий в своем владении, по городам своим: Израильтяне, священники, левиты и нефинеи и сыновья рабов Соломоновых; — 4 в Иерусалиме жили из сыновей Иуды и из сыновей Вениамина. Из сыновей Иуды: Афаия, сын Уззии, сын Захарии, сын Амарии, сын Сафатии, сын Малелеила, из сыновей Фареса, 5 и Маасея, сын Варуха, сын Колхозея, сын Хазаии, сын Адаии, сын Иоиарива, сын Захарии, сын Шилония. 6 Всех сыновей Фареса, живших в Иерусалиме, четыреста шестьдесят восемь, люди отличные. 7 И вот сыновья Вениамина: Саллу, сын Мешуллама, сын Иоеда, сын Федаии, сын Колаии, сын Маасеи, сын Ифиила, сын Исаии, 8 и за ним Габбай, Саллай — девятьсот двадцать восемь. 9 Иоиль, сын Зихри, был начальником над ними, а Иуда, сын Сенуи, был вторым над городом. 10 Из священников: Иедаия, сын Иоиарива, Иахин, 11 [11]1 Пар 9:11. Сераия, сын Хелкии, сын Мешуллама, сын Садока, сын Мераиофа, сын Ахитува, начальствующий в доме Божием, 12 [12]Неем 12:7. и братья их, отправлявшие службу в доме Божием — восемьсот двадцать два; и Адаия, сын Иерохама, сын Фелалии, сын Амция, сын Захарии, сын Пашхура, сын Малхии, 13 и братья его, гла́вы поколений — двести сорок два; и Амашсай, сын Азариила, сын Ахзая, сын Мешиллемофа, сын Иммера, 14 и братья его, люди отличные — сто двадцать восемь. Начальником над ними был Завдиил, сын Гагедолима. 15 А из левитов: Шемаия, сын Хашшува, сын Азрикама, сын Хашавии, сын Вунния, 16 и Шавфай, и Иозавад, из глав левитов по внешним делам дома Божия, 17 и Матфания, сын Михи, сын Завдия, сын Асафа, главный начинатель славословия при молитве, и Бакбукия, второй по нем из братьев его, и Авда, сын Шаммуя, сын Галала, сын Идифуна. 18 Всех левитов во святом городе двести восемьдесят четыре. 19 А привратники: Аккув, Талмон и братья их, содержавшие стражу у ворот — сто семьдесят два.
20 Прочие Израильтяне, священники, левиты жили по всем городам Иудеи, каждый в своем уделе. 21 [21]Неем 3:26–27. А нефинеи жили в Офеле; над нефинеями Циха и Гишфа. 22 Начальником над левитами в Иерусалиме был Уззий, сын Вания, сын Хашавии, сын Матфании, сын Михи, из сыновей Асафовых, которые были певцами при служении в доме Божием, 23 потому что от царя было о них особое повеление, и назначено было на каждый день для певцов определенное содержание. 24 И Петахия, сын Мешезавела, из сыновей Зары, сына Иуды, был доверенным от царя по всяким делам, касающимся до народа. 25 [25]Нав 15:21;20:7;21:11. Из живших же в селах, на полях своих, сыновья Иуды жили в Кириаф-Арбе и зависящих от нее городах, в Дивоне и зависящих от него городах, в Иекавцеиле и селах его, 26 в Иешуе, в Моладе и в Беф-Палете, 27 в Хацар-Шуале, в Вирсавии и зависящих от нее городах, 28 в Секелаге, в Мехоне и зависящих от нее городах, 29 в Ен-Риммоне, в Цоре и в Иармуфе, 30 в Заноахе, Одолламе и селах их, в Лахисе и на полях его, в Азеке и зависящих от нее городах. Они расположились от Вирсавии и до долины Енномовой. 31 Сыновья Вениаминовы, начиная от Гевы, в Михмасе, Гае, в Вефиле и зависящих от него городах, 32 [32]1 Цар 21:1. в Анафофе, Нове, Анании, 33 [33]2 Цар 4:3. Гацоре, Раме, Гиффаиме, 34 Хадиде, Цевоиме, Неваллате, 35 [35]Неем 6:2. Лоде, Оно, в долине Харашиме. 36 И левиты имели жилища свои в участках Иуды и Вениамина.