Versoening met God en vrede deur die geloof.
1 OMDAT ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;
2 deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.
3 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk,
4 en die lydsaamheid beproefdheid en die beproefdheid hoop;
5 en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.
6 Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe.
7 Want nouliks sal iemand vir 'n regverdige sterwe — vir 'n goeie mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe —
8 maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
9 Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn.
10 Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is.
11 En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening verkry het.
Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom, deur een mens ook die geregtigheid en die lewe.
12 DAAROM, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het —
13 want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie.
14 Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat 'n voorbeeld is van Hom wat sou kom.
15 Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die één baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword.
16 En nie soos deur één wat gesondig het, is die gawe nie; want die oordeel was uit één tot veroordeling, maar die genadegawe is uit baie misdade tot vryspraak.
17 Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.
18 Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.
19 Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.
20 Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword;
21 sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.
1 Глава 5. [1]Лк 2:14.Еф 2:16.Кол 1:20. Итак, оправдавшись верою, мы имеем мир с Богом через Господа нашего Иисуса Христа, 2 [2]Ин 14:6.Еф 2:18.Евр 10:19. через Которого верою и получили мы доступ к той благодати, в которой стоим и хвалимся надеждою славы Божией. 3 [3]Иак 1:2.2 Кор 12:10. И не сим только, но хвалимся и скорбями, зная, что от скорби происходит терпение, 4 от терпения опытность, от опытности надежда, 5 [5]Пс 21:6.Рим 8:16.2 Кор 1:22. а надежда не постыжает, потому что любовь Божия излилась в сердца наши Духом Святым, данным нам. 6 [6]1 Пет 3:18.Евр 9:15. Ибо Христос, когда еще мы были немощны, в определенное время умер за нечестивых. 7 Ибо едва ли кто умрет за праведника; разве за благодетеля, может быть, кто и решится умереть. 8 [8]Ин 15:13.1 Ин 3:16. Но Бог Свою любовь к нам доказывает тем, что Христос умер за нас, когда мы были еще грешниками. 9 [9]Рим 3:25.1 Фес 1:10. Посему тем более ныне, будучи оправданы Кровию Его, спасемся Им от гнева. 10 [10]2 Кор 5:18.Кол 1:22. Ибо если, будучи врагами, мы примирились с Богом смертью Сына Его, то тем более, примирившись, спасемся жизнью Его. 11 И не довольно сего, но и хвалимся Богом чрез Господа нашего Иисуса Христа, посредством Которого мы получили ныне примирение.
12 [12]Быт 2:17.Рим 6:23.1 Кор 15:21. Посему, как одним человеком грех вошел в мир, и грехом смерть, так и смерть перешла во всех человеков, потому что в нем все согрешили. 13 [13]Рим 4:15. Ибо и до закона грех был в мире; но грех не вменяется, когда нет закона. 14 [14]1 Кор 15:21,45,55. Однако же смерть царствовала от Адама до Моисея и над несогрешившими подобно преступлению Адама, который есть образ будущего. 15 [15]Ин 1:16.Еф 1:6. Но дар благодати не как преступление. Ибо если преступлением одного подверглись смерти многие, то тем более благодать Божия и дар по благодати одного Человека, Иисуса Христа, преизбыточествуют для многих. 16 И дар не как суд за одного согрешившего; ибо суд за одно преступление — к осуждению; а дар благодати — к оправданию от многих преступлений. 17 [17]2 Тим 2:12.Откр 1:6;22:5. Ибо если преступлением одного смерть царствовала посредством одного, то тем более приемлющие обилие благодати и дар праведности будут царствовать в жизни посредством единого Иисуса Христа. 18 Посему, как преступлением одного всем человекам осуждение, так правдою одного всем человекам оправдание к жизни. 19 [19]Ис 53:11.Флп 2:8.Ибо, как непослушанием одного человека сделались многие грешными, так и послушанием одного сделаются праведными многие. 20 [20]Рим 7:8.Гал 3:19. Закон же пришел после, и таким образом умножилось преступление. А когда умножился грех, стала преизобиловать благодать, 21 дабы, как грех царствовал к смерти, так и благодать воцарилась через праведность к жизни вечной Иисусом Христом, Господом нашим.