Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Reis 4

Die olie van die weduwee. Die seun van die Sunamitiese vrou. Die giftige kos en die twintig garsbrode.

1 EN 'n sekere vrou uit die vroue van die profete-seuns het na Elísa geroep en gesê: U dienaar, my man, is dood, en u weet self dat u dienaar die Here gevrees het; nou het die skuldeiser gekom om my twee kinders vir hom as slawe te neem.

2 Toe Elísa vir haar: Wat kan ek vir jou doen? Gee my te kenne wat jy in die huis het. En sy antwoord: U dienares het glad niks in die huis nie, behalwe 'n flessie met olie.

3 En hy : Gaan leen vir jou van buite af kanne, leë kanne van al jou bure; leen nie te min nie.

4 Gaan dan in en sluit die deur agter jou en jou seuns toe, en giet in al daardie kanne en sit weg wat vol is.

5 Sy het toe van hom af weggegaan en die deur agter haar en haar seuns toegesluit; en terwyl hulle vir haar aanbring, giet sy in.

6 Sodra die kanne vol was, sy aan haar seun: Bring vir my nog 'n kan aan; maar hy antwoord haar: Daar is geen kan meer nie. Toe gaan die olie staan.

7 Daarop kom sy om dit die man van God te kenne te gee; en hy : Gaan verkoop die olie en betaal jou skulde; van die orige kan jy en jou seuns dan lewe.

Veja também