Pular para o conteúdo
Publicidade

2 Reis 6

Elísa laat die yster drywe. Die Arameërs word verblind.

1 EN die profete-seuns het vir Elísa gesê: Kyk tog, die plek waar ons voor u woon, is vir ons te nou.

2 Laat ons tog na die Jordaan gaan en elkeen daarvandaan 'n balk gaan haal, dat ons daar vir ons 'n plek kan maak om daar te woon. En hy het gesê: Gaan.

3 Maar een : Gaan tog asseblief saam met u dienaars. En hy antwoord: Ek sal gaan.

4 En hy het saam met hulle gegaan. En toe hulle by die Jordaan kom, het hulle bome omgekap.

5 Maar terwyl een die balk kap, val die yster in die water; en hy roep uit en : Ag, my heer, dit is nogal geleen!

6 En die man van God vra: Waar het dit geval? En toe hy hom die plek wys, het hy 'n stok afgesny en dit daarheen gegooi en die yster bo laat drywe.

7 En hy : Haal dit nou maar uit! En hy het sy hand uitgesteek en dit geneem.

Veja também