Publicidade

Jó 28

Maar wysheid kan nêrens gevind en met geen skatte gekoop word nie.

12 MAAR die wysheid waar word dit gevind? En waar is die plek van verstand?

13 Die mens ken nie die waarde daarvan nie, en dit word in die land van die lewende nie gevind nie.

14 Die wêreldvloed : In my is dit nie; en die see : By my is dit nie.

15 Fyn goud kan daarvoor nie gegee word nie, en geen silwer as koopprys daarvan afgeweeg word nie.

16 Die goud van Ofir weeg daar nie teen op nie, ook nie die kosbare onikssteen en saffier nie.

17 Goud en glas kan daarmee nie vergelyk word nie, en vir goue voorwerpe ruil 'n mens dit nie.

18 Korale en kristal kan nie genoem word nie, en die besit van wysheid is meer werd as korale.

19 Die topaas van Kus kan daarmee nie vergelyk word nie, suiwer goud word daarteen nie opgeweeg nie.

Wysheid is by God alleen bekend, terwyl Hy vir die mens, as sy wysheid, beskik het die vrees van die Here en die vrees vir die kwaad.

20 DIE wysheid dan waar kom dit vandaan? En waar is die plek van die verstand?

21 Ja, dit is verborge vir die van alles wat leef, en weggesteek vir die voëls van die hemel.

22 Die plek van vertering en die dood : Met ons ore het ons die gerug daarvan gehoor.

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-05_19-25-13-