Pular para o conteúdo
Publicidade

Lukas 3

Prediking van Johannes die Doper.

(Mt. 3:1-12 en ooreenk. pl.)

1 EN in die vyftiende jaar van die regering van keiser Tibérius, toe Pontius Pilatus goewerneur was van Judéa en Herodes viervors van Galiléa, en Filippus, sy broer, viervors van Ituréa en die land Trachonítus, en Lisánias viervors van Abiléne,

2 tydens die hoëpriesterskap van Annas en Kájafas, het die woord van God gekom tot Johannes, die seun van Sagaría, in die woestyn.

3 En hy het gekom in die hele omtrek van die Jordaan en die doop van bekering tot vergifnis van sondes verkondig;

4 soos geskrywe is in die boek van die woorde van Jesaja, die profeet, waar hy sê: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit.

5 Elke dal moet opgevul word en elke berg en heuwel wegsak; en die krom draaie sal 'n reguit pad word en die skurwe plekke gelyk weë.

6 En alle vlees sal die heil van God sien.

7 Toe sê hy vir die skare wat uitgegaan het om deur hom gedoop te word: Addergeslag, wie het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?

8 Dra dan vrugte wat by die bekering pas, en moenie by julleself begin sê: Ons het as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir te verwek.

9 Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom dan wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.

10 En die skare het hom gevra en gesê: Wat moet ons dan doen?

11 En hy antwoord en sê vir hulle: Wie twee kledingstukke het, moet meedeel aan hom wat nie het nie; en wie voedsel het, moet dieselfde doen.

12 En tollenaars het ook gekom om gedoop te word, en vir hom gesê: Meester, wat moet ons doen?

13 En hy antwoord hulle: Moenie meer invorder as wat julle voorgeskrywe is nie.

14 En die soldate het hom ook gevra en gesê: En ons, wat moet ons doen? En hy sê vir hulle: Julle moet niemand geweld aandoen of iets afpers nie; en wees tevrede met julle soldy.

15 En terwyl die volk in verwagting was, en almal in hulle hart oorweeg het aangaande Johannes of hy nie miskien die Christus was nie,

16 antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie — Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.

17 Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring saambring in sy skuur, maar die kaf met onuitbluslike vuur verbrand.

18 Hy het dan ook met baie ander vermaninge die evangelie aan die volk verkondig.

19 Maar toe Herodes, die viervors, deur hom bestraf is oor Heródias, die vrou van Filippus, sy broer, en oor al die slegte dinge wat Herodes gedoen het,

20 het hy by alles nog dít gevoeg, dat hy Johannes in die gevangenis opgesluit het.

Jesus gedoop.

(Mt. 3:13-17 en ooreenk. pl.)

21 EN toe die hele volk gedoop en ook gedoop is, en Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan;

22 en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos 'n duif op Hom neergedaal; en 'n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek 'n welbehae.

Die geslagsregister van Jesus.

(Mt. 1:1-17.)

23 EN Hy, , was omtrent dertig jaar oud toe Hy begin leer het; en Hy was, soos hulle gemeen het, die seun van Josef, die seun van Eli,

24 die seun van Mattat, die seun van Levi, die seun van Melgi, die seun van Janna, die seun van Josef,

25 die seun van Mattatías, die seun van Amos, die seun van Nahum, die seun van Esli, die seun van Nággai,

26 die seun van Maät, die seun van Mattatías, die seun van Sémeï, die seun van Josef, die seun van Juda,

27 die seun van Jóhanan, die seun van Resa, die seun van Serubbábel, die seun van Seáltiël, die seun van Neríja,

28 die seun van Melgi, die seun van Addi, die seun van Kosam, die seun van Elmódam, die seun van Er,

29 die seun van Joses, die seun van Eliëser, die seun van Jorim, die seun van Mattat, die seun van Levi,

30 die seun van Símeon, die seun van Juda, die seun van Josef, die seun van Jonan, die seun van Éljakim,

31 die seun van Meléas, die seun van Mainan, die seun van Máttata, die seun van Natan, die seun van Dawid,

32 die seun van Ísai, die seun van Obed, die seun van Boas, die seun van , die seun van Nagson,

33 die seun van Ammínadab, die seun van Ram, die seun van Hesron, die seun van Peres, die seun van Juda,

34 die seun van Jakob, die seun van Isak, die seun van , die seun van , die seun van Nahor,

35 die seun van Serug, die seun van Rehu, die seun van Peleg, die seun van , die seun van Sela,

36 die seun van Kainan, die seun van Arpágsad, die seun van , die seun van Noag, die seun van Lameg,

37 die seun van Metúsala, die seun van Henog, die seun van Jered, die seun van Mehaláleël, die seun van Kenan,

38 die seun van Enos, die seun van Set, die seun van , die seun van God.

Pessoa
H85
Abraão
ΑβρααμAbraamאַבְרָהָ֔םavəraham
Abraão, chamado por Deus, deixou a sua terra rumo a Canaã, recebeu a promessa de ser pai de muitas nações e foi pai de Isaque, o filho da promessa (Gênesis 12:1).
Significado: “Pai de uma multidão”
Ver página completa
Pessoa
H85
Abraão
ΑβρααμAbraamאַבְרָהָ֔םavəraham
Abraão, chamado por Deus, deixou a sua terra rumo a Canaã, recebeu a promessa de ser pai de muitas nações e foi pai de Isaque, o filho da promessa (Gênesis 12:1).
Significado: “Pai de uma multidão”
Ver página completa
Pessoa
Tribo de Judá
Jesus
ἸησοῦςIēsoûsיֵשׁוּעַyeshua
Jesus, o Cristo, Filho de Deus, nasceu de Maria em Belém, anunciou o reino de Deus, morreu crucificado sob Pôncio Pilatos e ressuscitou ao terceiro dia (Mateus 1:16).
Significado: “O Senhor salva”
Ver página completa
Pessoa
Tribo de Judá
Jesus
ἸησοῦςIēsoûsיֵשׁוּעַyeshua
Jesus, o Cristo, Filho de Deus, nasceu de Maria em Belém, anunciou o reino de Deus, morreu crucificado sob Pôncio Pilatos e ressuscitou ao terceiro dia (Mateus 1:16).
Significado: “O Senhor salva”
Ver página completa
Pessoa
Tribo de Judá
Salmom
שַׂלְמָֽהsaləmon
Salmom foi filho de Naassom e pai de Boaz, cuja mãe foi Raabe; Boaz foi pai de Obede, e Obede, pai de Jessé (Mateus 1:5).
Significado: “Pequena faísca”
Ver página completa
Pessoa
H85
Abraão
ΑβρααμAbraamאַבְרָהָ֔םavəraham
Abraão, chamado por Deus, deixou a sua terra rumo a Canaã, recebeu a promessa de ser pai de muitas nações e foi pai de Isaque, o filho da promessa (Gênesis 12:1).
Significado: “Pai de uma multidão”
Ver página completa
Pessoa
H8646
Terá
ΘαραTHaraתֶּרַחterach
Terá, filho de Naor, saiu de Ur dos caldeus com o filho Abrão, o neto Ló e a nora Sarai rumo a Canaã e morreu em Harã (Gênesis 11:31).
Citado em 10 versículos
Ver página completa
Pessoa
H5677
Héber
ΕβερEberעֵבֶרever
Héber, filho de Selá e bisneto de Sem, foi pai de Pelegue e Joctã e antepassado de Abraão (Gênesis 10:25).
Citado em 11 versículos
Ver página completa
Pessoa
H8035
Sem
ΣημSemשֵׁ֖םshem
Sem, filho de Noé, entrou na arca com o pai e os irmãos e foi antepassado de Abraão (Gênesis 11:10).
Significado: “Nome, fama”
Ver página completa
Pessoa
H121
Adão
ἈδάμAdamאָדָםadam
Adão, o primeiro homem, foi formado por Deus do pó da terra e posto no jardim do Éden; desobedeceu com Eva e foi expulso do jardim (Gênesis 3:17).
Significado: “Homem, da terra vermelha”
Ver página completa
Todos os capítulos de Lukas 24
  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Estes versículos te tocaram? Ore agora!

+581 estão orando agora.

Junte-se à corrente de oração.