狮子被捕捉的比喻
1 "你当为以色列的众领袖作一首哀歌,2 说:
‘你的母亲是甚么?
是狮子群中的母狮,
牠卧在少壮狮子群中,
养育牠的小狮子。
3 牠养大其中一只小狮子,
这幼狮成了一只少壮的狮子,
学会了撕碎猎物,
把人吃掉。
4 列国听见了,
就把牠困在他们的坑中;
他们用钩子
把牠带到埃及地去。
5 母狮见自己所等候的落空了,
所希望的幻灭了,
就从牠的小狮子中另取出一只,
使牠成为少壮的狮子。
6 牠在狮子群中行走;
牠已成了一只少壮的狮子,
牠学会了撕碎猎物,
把人吃掉。
7 牠拆毁了他们的城堡,
使他们的城市荒凉;
因牠吼叫的声音,
地和其中所充满的都惊恐。
8 于是四围的列国
从各地来攻击牠,
把他们的网撒在牠身上,
把牠困在他们的坑中。
9 他们把牠放进笼里,
用钩子带到巴比伦王那里,
囚在狱中,
使牠的声音在以色列众山上不再听见。
葡萄树被拔出的比喻
10 "‘你的母亲像葡萄园里按照《马索拉文本》,"葡萄园里"作"在你血中";现参照其他抄本和《七十士译本》翻译的一棵葡萄树,
栽种在水边;
因为水源充足,
结果累累、枝叶茂盛。
11 它有粗壮的树枝可作掌权者的杖;
它树身高大,超乎其他茂密枝叶之上;
因为它树身高大,枝子众多,远远就可以看见。
12 但这葡萄树因 神的烈怒被拔起,
摔在地上;
东风使它的果子枯干散掉,
粗壮的树枝枯槁,
被火吞灭。
13 现在它被栽种在旷野,
在干旱无水之地。
14 有火从树枝中的一根发出,
吞灭树的果子,
以致树上再没有粗壮的树枝,
可以作掌权者的杖。’
这是一首哀歌,是一首流行的哀歌。"
'n Klaaglied.
1 VERDER, hef jy 'n klaaglied aan oor die vorste van Israel,
2 en sê: Wat was jou moeder? 'n Leeuin: tussen die leeus het sy gelê, onder die jong leeus het sy haar kleintjies grootgemaak.
3 En sy het een van haar kleintjies opgekweek, 'n jong leeu het hy geword; en hy het geleer om prooi te verskeur, hy het mense geëet.
4 En die nasies het van hom gehoor; in hulle vangkuil is hy gevang, en hulle het hom met hake na Egipteland gebring.
5 En toe sy sien dat sy teleurgestel is, haar hoop verlore, het sy 'n ander een van haar kleintjies geneem, hom 'n jong leeu gemaak.
6 En hy het rondgeloop onder die leeus, het 'n jong leeu geword en geleer om prooi te verskeur; hy het mense geëet.
7 Hy het hulle weduwees beken en hulle stede verwoes; ja, die land en sy volheid was verskrik vanweë die geluid van sy gebrul.
8 Toe het die nasies rondom uit die lande hulle teen hom opgestel en hul net oor hom uitgesprei; in hulle vangkuil is hy gevang.
9 En hulle het hom in 'n hok gesit aan hake en hom na die koning van Babel gebring; hulle het hom in vestings gebring, dat sy stem nie meer gehoor sou word op die berge van Israel nie.
10 Jou moeder was soos 'n wingerdstok in jou rustige tyd; by waters was dit geplant; dit was vrugbaar en vol ranke vanweë die baie waters.
11 En dit het sterk takke gekry om as septers vir heersers te dien, en sy top was hoog tussen die digte takke in; en dit het hom vertoon in sy hoogte, in die menigte van sy ranke.
12 Maar dit is in grimmigheid uitgeruk, teen die grond gegooi, en die oostewind het sy vrugte laat verdroog; hulle is afgeruk en het verdroog; sy sterk tak — die vuur het dit verteer.
13 En nou is dit geplant in die woestyn, in 'n dor en dorstige land.
14 En vuur het uitgegaan uit sy tak vol lote, dit het sy vrugte verteer; en geen sterk tak is daarin as septer om te heers nie. 'n Klaaglied is dit, en 'n klaaglied het dit geword.