Pular para o conteúdo
Publicidade

Isaías 15

AFR53

1

2 "房子"或译:"庙宇"

3

广

4

5

6

绿

7

8

9 按照《死海古卷》和一些古译本,"底们"作"底本";"底们"大慨是"底本"的另一种写法,为使与原文的"血"字更相似;下同

使

Die ondergang van Moab.

1 GODSPRAAK oor Moab. Waarlik, in die nag is Ar-Moab verwoes, vernietig! Waarlik, in die nag is Kir-Moab verwoes, vernietig!

2 Hulle gaan op na die tempel, en Dibon na die hoogtes om te ween; Moab huil op Nebo en in Medéba; op al hulle hoofde is 'n kaalte, elke baard is afgeskeer.

3 Op hul strate het hulle rouklere aangegord; op hulle dakke en op hulle pleine huil alles en smelt weg in geween.

4 Hesbon en Eleále skreeu, hulle stem word gehoor tot Jahas toe; daarom hef die gewapende manne van Moab 'n angsgeskreeu aan, sy siel sidder.

5 My hart skreeu oor Moab, sy vlugtelinge kom tot by Soar, Eglat-Selísia. Want die hoogte van Luhit beklim hulle met geween; ja, op pad na Horonáim laat hulle 'n geskreeu van verwoesting weerklink;

6 want die waters van Nimrim word 'n woesteny, ja, die gras is verdor, die grasspruitjies het vergaan, daar is geen groenigheid nie.

7 Daarom gaan hulle die oorwins wat hulle gemaak het, en hulle voorraad, oor die Wilgerspruit dra.

8 Want die geskreeu gaan rond in die grondgebied van Moab, sy gehuil tot by Eglaim en sy gehuil tot by Beër-Elim.

9 Want die waters van Dimon is vol bloed; want Ek sal oor Dimon nog meer bring, 'n leeu oor dié van Moab wat ontvlug het, en oor die oorblyfsel van die land.

Veja também