哈拿尼与哈拿尼雅一同管理
1 城墙建成后,我就装上门扇,委派了守门的、歌唱者和利未人,2 我委任我的兄弟哈拿尼和营楼长哈拿尼雅,管理耶路撒冷,因为哈拿尼雅是个可信靠的人,敬畏 神胜过许多人。3 我吩咐他们说:"日上中天时,耶路撒冷的城门也不可长久敞开;太阳还停着未落,守门的人站岗的时候,也要关好门、上好闩,要派耶路撒冷的居民站岗,一些人在哨岗,另一些人在自己的屋前瞭望。"4 城既宽阔又广大,但城中的居民稀少;房屋还没有建造起来。
第一次回归的犹太人(拉2:1)
5 我的 神使我的心定意,召集贵族、官长和人民,要照家谱登记。我找到头一次上来的人的家谱,我找到的家谱上面写着:6 以下这些犹大省的人,从前巴比伦王尼布甲尼撒掳走他们,现在他们从被掳之地归回耶路撒冷和犹大,各人回到自己的城镇。
回归的领袖(拉2:2)
7 他们是跟所罗巴伯、耶书亚、尼希米、亚撒利雅、拉米、拿哈玛尼、末底改、必珊、米斯毘列、比革瓦伊、尼宏和巴拿一同回来的。
回归的平民拉2:3~35
以色列民的人数记在下面:8 巴录的子孙二千一百七十二人。9 示法提雅的子孙三百七十二人。10 亚拉的子孙六百五十二人。11 巴哈.摩押的子孙,就是耶书亚和约押的子孙,二千八百一十八人。12 以拦的子孙一千二百五十四人。13 萨土的子孙八百四十五人。14 萨改的子孙七百六十人。15 宾内的子孙六百四十八人。16 比拜的子孙六百二十八人。17 押甲的子孙二千三百二十二人。18 亚多尼干的子孙六百六十七人。19 比革瓦伊的子孙二千零六十七人。20 亚丁的子孙六百五十五人。21 亚特的子孙,就是希西家的子孙,九十八人。22 哈顺的子孙三百二十八人。23 比宰的子孙三百二十四人。24 哈拉的子孙一百一十二人。25 基遍的子孙九十五人。26 伯利恒人和尼陀法人,共一百八十八人。27 亚拿突人一百二十八人。28 伯.亚斯玛弗人四十二人。29 基列.耶琳人、基非拉人和比录人,共七百四十三人。30 拉玛人和迦巴人,共六百二十一人。31 默玛人一百二十二人。32 伯特利人和艾人,共一百二十三人。33 另一个尼波的人五十二人。34 另一个以拦的子孙一千二百五十四人。35 哈琳的子孙三百二十人。36 耶利哥的子孙三百四十五人。37 罗得、哈第和阿挪的子孙共七百二十一人。38 西拿的子孙三千九百三十人。
回归的祭司(拉2:36~39)
39 祭司的数目记在下面:耶书亚家的耶大雅的子孙九百七十三人。40 音麦的子孙一千零五十二人。41 巴施户珥的子孙一千二百四十七人。42 哈琳的子孙一千零一十七人。
回归的利未人(拉2:40~42)
43 利未人的数目记在下面:何达威的子孙,就是耶书亚和甲篾的子孙,七十四人。44 负责歌唱的:亚萨的子孙一百四十八人。45 守门的人数:沙龙的子孙、亚特的子孙、达们的子孙、亚谷的子孙、哈底大的子孙和朔拜的子孙,共一百三十八人。
回归的殿役(拉2:43~54)
46 殿役的数目记在下面:西哈的子孙、哈苏巴的子孙、答巴俄的子孙、47 基绿的子孙、西亚的子孙、巴顿的子孙、48 利巴拿的子孙、哈迦巴的子孙、萨买的子孙、49 哈难的子孙、吉德的子孙、迦哈的子孙、50 利亚雅的子孙、利汛的子孙、尼哥大的子孙、51 迦散的子孙、乌撒的子孙、巴西亚的子孙、52 比塞的子孙、米乌宁的子孙、尼普心的子孙、53 巴卜的子孙、哈古巴的子孙、哈忽的子孙、54 巴洗律的子孙、米希大的子孙、哈沙的子孙、55 巴柯的子孙、西西拉的子孙、答玛的子孙、56 尼细亚的子孙和哈提法的子孙。
所罗门仆人的后裔(拉2:55~58)
57 所罗门仆人的子孙的数目记在下面:琐太的子孙、琐斐列的子孙、比路大的子孙、58 雅拉的子孙、达昆的子孙、吉德的子孙、59 示法提雅的子孙、哈替的子孙、玻黑列.哈斯巴音的子孙和亚们的子孙。60 作殿役的和所罗门仆人的子孙共三百九十二人。
身世不明的人(拉2:59~63)
61 以下这些人是从特米拉、特哈萨、基绿、亚顿和音麦上来的,可是他们无法证明他们的父家或世系是以色列人。62 这些人是第莱雅的子孙、多比雅的子孙和尼哥大的子孙,共六百四十二人。63 祭司中,有哈巴雅的子孙、哈哥斯的子孙和巴西莱的子孙;巴西莱娶了基列人巴西莱的一个女儿为妻,所以起名叫巴西莱。64 这些人查考族谱的记录,却找不着,因此他们算为不洁净,不能作祭司。65 省长告诉他们不可吃至圣之物,直等到有能用乌陵和土明来决疑的祭司兴起来。
回归者的总数(拉2:64~67)
66 全体会众共有四万二千三百六十人。67 此外,还有他们的仆婢七千三百三十七人;又有男女歌唱者二百四十五人。68 他们有马七百三十六匹,骡子二百四十五匹《马索拉文本》的大部分抄本缺68节,现参照其他抄本和《七十士译本》修复;参拉2:66,69 骆驼四百三十五匹和驴子六千七百二十头。
为圣殿而奉献的财物(拉2:68~70)
70 有些族长为了这工程而捐献;省长捐给库房金子八公斤、碗五十个和祭司的礼服五百三十件;71 族长捐给这工程的库房金子一百六十八公斤、银子一千二百五十公斤。72 其余的人民捐献金子一百六十八公斤,银子一千一百四十公斤、祭司的礼服六十七件。
73 于是祭司、利未人、守门的、歌唱者、一部分人民、作殿役的,和以色列众人都住在自己的城里。
Nehemía stel wagte op in die stad. Geslagslys van die wat saam met Serubbábel uit die gevangenskap gekom het.
1 EN toe die muur gebou was, het ek die deure ingesit, en die poortwagters en die sangers en die Leviete is aangestel.
2 En ek het my broer Hanáni en Hanánja, die owerste van die vesting, oor Jerusalem aangestel — want hy was 'n getroue man en godvresend bo baie —
3 en ek het vir hulle gesê: Die poorte van Jerusalem mag nie oopgemaak word voordat die son warm is nie; en terwyl hulle nog op wag staan, moet die deure toegesluit word, en julle moet dit dig grendel; en julle moet van die inwoners van Jerusalem wagte uitsit, elkeen op sy pos en elkeen teenoor sy huis.
4 En die stad was wyd uitgestrek en groot, maar die mense daarin was min, en die huise was nie opgebou nie.
5 Toe het my God in my hart gegee dat ek die edeles en die leiers en die volk bymekaar laat kom het om 'n geslagslys aan te lê; en ek het die geslagslys gekry van die wat eerste opgetrek het, en daarin geskrywe gevind:
6 Dit is die inwoners van die provinsie wat opgetrek het uit die gevangenskap van die ballinge, wat Nebukadnésar, die koning van Babel, weggevoer het, en teruggekom het na Jerusalem en Juda, elkeen na sy stad;
7 wat saam met Serubbábel, Jésua, Nehemía, Asárja, Raämja, Nahamáni, Mórdegai, Bilsan, Mispéret, Bigwai, Nehum, Baäna gekom het; die getal manne van die volk van Israel was:
8 die kinders van Parhos, tweeduisend-eenhonderd-twee-en-sewentig;
9 die kinders van Sefátja, driehonderd-twee-en-sewentig;
10 die kinders van Arag, seshonderd-twee-en-vyftig;
11 die kinders van Pahat-Moab, van die kinders van Jésua en Joab, tweeduisend-agthonderd-en- agttien;
12 die kinders van Elam, duisend-tweehonderd-vier-en-vyftig;
13 kinders van Sattu, agthonderd-vyf-en-veertig;
14 die kinders van Sakkai, sewehonderd-en-sestig;
15 die kinders van Bínnuï, seshonderd- agt-en-veertig;
16 die kinders van Bébai, seshonderd- agt-en-twintig;
17 die kinders van Asgad, tweeduisend-driehonderd-twee-en-twintig;
18 die kinders van Adoníkam, seshonderd-sewe-en-sestig;
19 die kinders van Bigwai, tweeduisend-sewe-en-sestig;
20 die kinders van Adin, seshonderd-vyf-en-vyftig;
21 die kinders van Ater, van Hiskía, agt-en-negentig;
22 die kinders van Hasum, driehonderd-agt-en-twintig;
23 die kinders van Bésai, driehonderd-vier-en-twintig;
24 die kinders van Harif, honderd-en-twaalf;
25 die kinders van Gíbeon, vyf-en-negentig;
26 die manne van Betlehem en Netófa, honderd- agt-en-tagtig;
27 die manne van Ánatot, honderd-agt-en-twintig;
28 die manne van Bet-Asmáwet, twee-en-veertig;
29 die manne van Kirjat-Jeárim, Kefíra en Béërot, sewehonderd-drie-en-veertig;
30 die manne van Rama en Geba, seshonderd-een-en-twintig;
31 die manne van Migmas, honderd-twee-en-twintig;
32 die manne van Bet-el en Ai, honderd-drie-en-twintig;
33 die manne van die ander Nebo, twee-en-vyftig;
34 die kinders van die ander Elam, duisend-tweehonderd-vier-en-vyftig;
35 die kinders van Harim, driehonderd-en-twintig;
36 die kinders van Jérigo, driehonderd-vyf-en-veertig;
37 die kinders van Lod, Hadid en Ono, sewehonderd- een-en-twintig;
38 die kinders van Sénaä, drieduisend-negehonderd-en-dertig.
39 Die priesters: die kinders van Jedája, van die huis van Jésua, negehonderd-drie-en-sewentig;
40 die kinders van Immer, duisend-twee-en-vyftig;
41 die kinders van Pasgur, duisend-tweehonderd-sewen-en-veertig;
42 die kinders van Harim, duisend-en-sewentien.
43 Die Leviete: die kinders van Jésua, van Kádmiël, van die kinders van Hodéwa, vier-en-sewentig.
44 Die sangers: die kinders van Asaf, honderd- agt-en-veertig.
45 Die poortwagters: die kinders van Sallum, die kinders van Ater, die kinders van Talmon, die kinders van Akkub, die kinders van Hatíta, die kinders van Sobai, honderd-agt-en-dertig.
46 Die tempelbediendes: die kinders van Siha, die kinders van Hasúfa, die kinders van Tábbaot;
47 die kinders van Keros, die kinders van Sia, die kinders van Padon;
48 die kinders van Lebána, die kinders van Hágaba, die kinders van Salmai;
49 die kinders van Hanan, die kinders van Giddel, die kinders van Gahar;
50 die kinders van Reája, die kinders van Resin, die kinders van Nekóda;
51 die kinders van Gassam, die kinders van Ussa, die kinders van Paséag;
52 die kinders van Bésai, die kinders van die Meüniete, die kinders van die Nefisiete;
53 die kinders van Bakbuk, die kinders van Hakúfa, die kinders van Harhur;
54 die kinders van Baslut, die kinders van Mehída, die kinders van Harsa;
55 die kinders van Barkos, die kinders van Sísera, die kinders van Temag;
56 die kinders van Nesíag, die kinders van Hatífa.
57 Die kinders van die dienaars van Salomo: die kinders van Sotai, die kinders van Soféret, die kinders van Perída;
58 die kinders van Jáäla, die kinders van Darkon, die kinders van Giddel;
59 die kinders van Sefátja, die kinders van Hattil, die kinders van Pogéret-Hassebáim, die kinders van Amon —
60 al die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo: driehonderd-twee-en-negentig.
61 En dit is hulle wat opgetrek het uit Tel-Melag, Tel-Harsa, Kerub, Addon en Immer, maar wat nie hul familie en hul afkoms kon aanwys, of hulle uit Israel afkomstig was nie —
62 die kinders van Delája, die kinders van Tobía, die kinders van Nekóda: seshonderd- twee-en-veertig.
63 En van die priesters: die kinders van Habája, die kinders van Hakkos, die kinders van Barsíllai, wat uit die dogters van Barsíllai, die Gileadiet, 'n vrou geneem het en na hulle naam genoem is.
64 Hulle het hul stamboom gesoek onder die wat in die register opgeneem is, maar dit was nie te vinde nie; daarom is hulle onbevoeg verklaar vir die priesterskap.
65 En die goewerneur het aan hulle gesê dat hulle nie mag eet van die hoogheilige gawes nie, totdat die priester sou optree met Urim en Tummim.
66 Die hele vergadering saam was twee-en-veertigduisend-driehonderd-en-sestig;
67 behalwe hulle slawe en hulle slavinne; dié was seweduisend-driehonderd-sewen-en-dertig. En hulle het tweehonderd-vyf-en-veertig sangers en sangeresse gehad.
68 Hulle perde was sewehonderd-ses-en-dertig; hulle muile tweehonderd-vyf-en-veertig;
69 kamele, vierhonderd-vyf-en-dertig; esels, sesduisend-sewehonderd-en-twintig.
70 En 'n deel van die familiehoofde het bygedra vir die werk; die goewerneur se bydrae tot die fonds was: in goud duisend dragmes, vyftig komme, vyfhonderd-en-dertig priesterrokke.
71 En van die familiehoofde het gegee vir die boufonds: in goud twintigduisend dragmes, en in silwer tweeduisend-tweehonderd mines.
72 En wat die res van die volk gegee het, was: in goud twintigduisend dragmes, en in silwer tweeduisend mines, en sewen-en-sestig priesterrokke.
73 So het dan die priesters en die Leviete en die poortwagters en die sangers en van die volk en die tempelbediendes en die hele Israel in hulle stede gaan woon.