两棵橄榄树的异象
1 那与我说话的天使回来唤醒我,我好象人在睡眠中被人唤醒一样。
2 他对我说:"你看见了甚么?"我回答:"我看见一个金灯台,整个是金的,顶上有一个盆子,并有七盏灯;顶上的灯有七个灯嘴。3 盆子旁边有两棵橄榄树,一棵在右边,一棵在左边。"
4 我问那与我说话的天使,说:"我主啊,这些是甚么?"
5 那与我说话的天使回答我说:"你不知道这些是甚么意思吗?"我说:"我主啊,我不知道。"
6 他对我说:"这是耶和华对所罗巴伯所说的话:‘不是倚靠权势,不是倚靠能力,而是倚靠我的灵。’这是万军之耶和华说的。7 大山啊!你算得甚么?你在所罗巴伯面前必夷为平地!他必安放那块平顶的石头,必有欢呼的声音说:‘愿恩惠、恩惠归与这殿"这殿"原文作"她"。’"
8 耶和华的话又临到我说:9 "所罗巴伯的手奠立了这殿的根基,他的手也必完成这工;这样,你就知道万军之耶和华差遣了我到你们这里来。10 谁藐视这日子,以为所作的是小事呢?他们看见所罗巴伯手里拿着测锤,就必欢喜。"
是耶和华的这七眼,遍察全地。
11 我又再问那天使:"在这灯台左右的两棵橄榄树是甚么意思?"
12 我又问他:"在两根流出金色油的金管子旁边的两根橄榄树枝,究竟是甚么意思?"
13 他回答我:"你不知道这些是甚么意思吗?"我说:"我主啊,我不知道。"
14 他说:"这是两位受膏者"受膏者"或译:"供应新油的人",是服事全地之主的。"
Vyfde gesig: die goue kandelaar en die twee olyfbome.
1 EN die engel wat met my gespreek het, het teruggekom en my gewek soos 'n man wat uit die slaap opgewek word.
2 En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien daar 'n kandelaar, heeltemal van goud, en sy oliekan bo-oor hom en sy sewe lampe op hom; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is.
3 Ook twee olyfbome langs hom, een aan die regterkant van die oliekan en een aan die linkerkant daarvan.
4 Daarop het ek begin spreek en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer?
5 En die engel wat met my gespreek het, antwoord en sê vir my: Weet jy dan nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer.
6 Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die Here aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die Here van die leërskare.
7 Wie is jy, groot berg? Voor Serubbábel sal jy tot 'n gelykte word! En hy sal die sluitsteen te voorskyn bring onder uitroepe van: Genade, genade oor hom!
8 En die woord van die Here het tot my gekom en gesê:
9 Die hande van Serubbábel het die fondament van hierdie huis gelê, en sy hande sal dit voltooi; dan sal jy weet dat die Here van die leërskare my na julle gestuur het.
10 Want wie verag die dag van klein dinge, terwyl daardie sewe — die oë van die Here wat die ganse aarde deurloop — met blydskap die skietlood aanskou in die hand van Serubbábel?
11 Daarop het ek begin spreek en aan hom gesê: Wat beteken hierdie twee olyfbome aan die regterkant van die kandelaar en aan die linkerkant daarvan?
12 En ek het toe nogmaals gespreek en vir hom gesê: Wat beteken die twee olyftakkies aan die kant van die twee goue pype wat goud uit hulle laat uitstroom?
13 Toe antwoord hy my en sê: Weet jy nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer.
14 En hy sê: Dit is die twee gesalfdes wat by die Here van die ganse aarde staan.