1 Paul and Silvanus and Timotheus to the assembly of Thessalonians in God our Father and {the} Lord Jesus Christ.2 Grace to you, and peace from God our Father, and {the} Lord Jesus Christ.3 We ought to thank God always for you, brethren, even as it is meet, because your faith increases exceedingly, and the love of each one of you all towards one another abounds;4 so that we ourselves make our boast in you in the assemblies of God for your endurance and faith in all your persecutions and tribulations, which ye are sustaining;5 a manifest token of the righteous judgment of God, to the end that ye should be counted worthy of the kingdom of God, for the sake of which ye also suffer;6 if at least {it is a} righteous thing with God to render tribulation to those that trouble you,7 and to you that are troubled repose with us, at the revelation of the Lord Jesus from heaven, with {the} angels of his power,8 in flaming fire taking vengeance on those who know not God, and those who do not obey the glad tidings of our Lord Jesus Christ;9 who shall pay the penalty {of} everlasting destruction from {the} presence of the Lord, and from the glory of his might,10 when he shall have come to be glorified in his saints, and wondered at in all that have believed, (for our testimony to you has been believed,) in that day.11 To which end we also pray always for you, that our God may count you worthy of the calling, and fulfil all {the} good pleasure of {his} goodness and {the} work of faith with power,12 so that the name of our Lord Jesus {Christ} may be glorified in you and *ye* in him, according to the grace of our God, and of {the} Lord Jesus Christ.
1 Paulus en Silv nus en TimotheÂs aan die gemeente van die Thessalonicense in God onse Vader en die Here Jesus Christus:2 Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!3 Ons moet God altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle geloof grootliks toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word,4 sodat ons self in die gemeentes van God oor julle roem vanweë jul volharding en geloof onder al julle vervolginge en die verdrukkinge wat julle verduur --5 'n teken van die regverdige oordeel van God, dat julle die koninkryk van God waardig geag mag word, waarvoor julle ook ly;6 aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergelde,7 en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele8 in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.9 Hulle sal as straf ondergaan 'n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte,10 wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind.11 Daarom bid ons ook altyd vir julle dat onse God julle die roeping waardig mag ag, en dat Hy alle welgevalle aan wat goed is, en alle werk van die geloof met krag volkome mag maak,12 sodat die Naam van onse Here Jesus Christus in julle verheerlik kan word en julle in Hom, ooreenkomstig die genade van onse God en die Here Jesus Christus.