1 Estis viro el la Benjamenidoj, kiu havis la nomon Kiŝ, filo de Abiel, filo de Ceror, filo de Beĥorat, filo de Afiaĥ, Benjamenido, viro forta.2 Li havis filon, kies nomo estis Saul; ĉi tiu estis juna kaj bela, kaj neniu el la Izraelidoj estis pli bela ol li; de siaj ŝultroj supren li estis pli alta ol la tuta popolo.3 Perdiĝis azeninoj de Kiŝ, patro de Saul; kaj Kiŝ diris al sia filo Saul:Prenu kun vi unu el la junuloj, kaj leviĝu, kaj iru serĉi la azeninojn.4 Kaj li iris sur la monton de Efraim kaj trairis la landon Ŝaliŝa, sed ili ne trovis; kaj ili trairis la landon Ŝaalim, sed tie ne troviĝis; kaj li trairis la landon de Benjamen, sed ili ne trovis.5 Kiam li venis en la landon Cuf, Saul diris al la junulo, kiu estis kun li:Venu, ni reiru hejmen, ĉar alie mia patro eble ĉesos pensi pri la azeninoj kaj estos maltrankvila pri ni.6 Kaj tiu diris al li:Jen en ĉi tiu urbo estas Dia homo, homo respektata; ĉio, kion li diras, nepre plenumiĝas; ni iru do tien, eble li montros al ni la vojon, kiun ni devas iri.7 Kaj Saul diris al sia junulo:Bone, ni iros, sed kion ni alportos al la homo? ĉar la pano elĉerpiĝis en nia sako, kaj ni havas nenian donacon, por alporti al la Dia homo; kion ni havas?8 La junulo plue respondis al Saul kaj diris:Jen en mia mano troviĝas kvarono de arĝenta siklo; mi donos ĝin al la Dia homo, kaj li montros al ni la vojon.9 (En la antaŭa tempo ĉe Izrael oni tiel diradis, kiam oni iris demandi Dion:Ni iru al la antaŭvidisto; ĉar kion oni nun nomas profeto, tion oni antaŭe nomis antaŭvidisto.)10 Kaj Saul diris al sia junulo:Bone vi diris; ni iru. Kaj ili iris en la urbon, en kiu loĝis la Dia homo.11 Irante supren en la urbon, ili renkontis knabinojn, kiuj eliris, por ĉerpi akvon; kaj ili diris al tiuj:Ĉu la antaŭvidisto estas ĉi tie?12 Kaj tiuj respondis al ili kaj diris:Ĉi tie; jen li estas antaŭ vi; nun rapidu, ĉar hodiaŭ li venis en la urbon, ĉar hodiaŭ la popolo alportas buĉoferon sur la altaĵo.13 Kiam vi eniros en la urbon, vi tuj trovos lin, antaŭ ol li iros sur la altaĵon, por manĝi; ĉar la popolo ne manĝas antaŭ lia veno, ĉar li benas la buĉoferon, kaj nur poste manĝas la invititoj. Iru do, ĉar nun vi lin trovos.14 Kaj ili iris supren en la urbon. Apenaŭ ili venis en la mezon de la urbo, jen Samuel eliras renkonte al ili, por iri sur la altaĵon.15 Dume la Eternulo revelaciis al la oreloj de Samuel, unu tagon antaŭ la veno de Saul, dirante:16 Morgaŭ en ĉi tiu tempo Mi sendos al vi homon el la lando de Benjamen, kaj vi sanktoleos lin kiel ĉefon super Mia popolo Izrael, kaj li savos Mian popolon el la manoj de la Filiŝtoj; ĉar Mi vidis Mian popolon, kaj ĝiaj krioj atingis Min.17 Kiam Samuel ekvidis Saulon, la Eternulo diris al li:Jen estas la homo, pri kiu Mi diris al vi, ke li regos super Mia popolo.18 Saul alproksimiĝis al Samuel en la pordego, kaj diris:Diru al mi, mi petas, kie estas ĉi tie la domo de la antaŭvidisto.19 Kaj Samuel respondis al Saul kaj diris:Mi estas la antaŭvidisto; iru antaŭ mi sur la altaĵon; vi manĝos kun mi hodiaŭ, kaj morgaŭ mi lasos vin for, kaj mi diros al vi ĉion, kio estas en via koro.20 Kaj pri la azeninoj, kiuj perdiĝis ĉe vi antaŭ tri tagoj, ne zorgu, ĉar ili estas trovitaj. Kaj al kiu apartenos ĉio plej bona en Izrael? ĉu ne al vi kaj al la tuta domo de via patro?21 Saul respondis kaj diris:Mi estas ja Benjamenido, el la plej malgrandaj triboj de Izrael, kaj mia familio estas la plej malgranda el ĉiuj familioj de la tribo de Benjamen; kial do vi diris al mi tiajn vortojn?22 Tiam Samuel prenis Saulon kaj lian junulon, kaj enkondukis ilin en la manĝoĉambron, kaj donis al ili lokon supraloke de la invititoj, kiuj estis en la nombro de ĉirkaŭ tridek homoj.23 Kaj Samuel diris al la kuiristo:Donu tiun porcion, kiun mi donis al vi kaj pri kiu mi diris al vi, ke vi retenu ĝin ĉe vi.24 Kaj la kuiristo prezentis femuron, kaj tion, kio estas kun ĝi, kaj metis tion antaŭ Saulon, kaj Samuel diris:Jen estas, kio restis; metu ĝin antaŭ vin kaj manĝu, ĉar ĝi estas rezervita por vi por la tempo, por kiu mi invitis la popolon. Kaj Saul manĝis kun Samuel en tiu tago.25 Kaj ili malsupreniris de la altaĵo en la urbon, kaj Samuel parolis kun Saul sur la tegmento.26 Kaj ili leviĝis frue; kaj kiam la matenruĝo leviĝis, Samuel vokis Saulon sur la tegmenton, kaj diris:Leviĝu, mi lasos vin for. Kaj Saul leviĝis, kaj ili eliris ambaŭ, li kaj Samuel, eksteren.27 Kiam ili atingis la finon de la urbo, Samuel diris al Saul:Diru al la junulo, ke li iru antaŭen (kaj tiu iris antaŭen); kaj vi haltu nun, kaj mi anoncos al vi la diron de Dio.
1 En daar was 'n man van Benjamin met die naam van Kis, die seun van Ab¡ël, die seun van Seror, die seun van Begorat, die seun van Af¡ag, 'n Benjaminiet, 'n vermoënde man.2 En hy het 'n seun gehad met die naam van Saul, 'n jongman en mooi gebou, ja, daar was onder die kinders van Israel geeneen mooier as hy nie: van sy skouers af boontoe was hy hoër as die hele volk.3 En toe die eselinne van Kis, die vader van Saul, weggeraak het, sê Kis aan sy seun Saul: Neem tog een van die dienaars met jou saam en maak jou klaar, gaan soek die esels.4 Hy het toe die gebergte van Efraim deurgegaan en die land Sal¡sa deurgegaan, maar hulle nie gekry nie; en hulle het die land S älim deurgegaan, maar daar was niks nie; en hy het die land Benjamin deurgegaan, maar hulle het niks gekry nie.5 Toe hulle in die land Suf kom, sê Saul aan die dienaar wat by hom was: Kom, laat ons teruggaan; anders sien my vader van die esels af en word oor ons besorg.6 En hy antwoord hom: Maar kyk, in hierdie stad is 'n man van God, en die man is geëerd: alles wat hy spreek, kom sekerlik uit; laat ons nou daarheen gaan; miskien kan hy ons inlig oor die tog wat ons onderneem het.7 Toe vra Saul vir sy dienaar: Sê nou ons gaan -- wat sal ons die man aanbied? Want die brood in ons sakke is op, en 'n geskenk is hier nie om die man van God aan te bied nie; wat het ons?8 En die dienaar het Saul weer geantwoord en gesê: Kyk, ek het nog 'n kwart sikkel silwer by my; dit sal ek aan die man van God gee, dat hy ons kan inlig oor ons tog.9 Vroeër het die mense in Israel so gesê as hulle gaan om God te raadpleeg: Kom, laat ons na die siener gaan. Want die profeet van teenswoordig het hulle vroeër siener genoem.10 En Saul sê aan sy dienaar: Jou woord is goed; kom, laat ons gaan. Daarop gaan hulle na die stad waar die man van God was.11 Terwyl hulle die opdraand na die stad opgaan, kom hulle meisies teë wat uitgaan om water te put, en vra vir hulle: Is die siener hier?12 En die antwoord hulle en sê: Daar is hy voor jou; maak nou gou, want vandag het hy in die stad gekom, omdat die volk vandag 'n offer op die hoogte het.13 As julle die stad ingaan, sal julle hom net aantref voordat hy opgaan na die hoogte om te eet; want die volk eet nie voordat hy kom nie, want hy seën die offer; daarna eet die genooides; gaan dan nou op, want julle sal hom nou juis aantref.14 En hulle het opgegaan na die stad. Toe hulle op die punt was om binne-in die stad te gaan, kom Samuel meteens uit hulle tegemoet om op te gaan na die hoogte.15 Want die HERE het dit een dag voor die koms van Saul aan Samuel geopenbaar en gesê:16 M"re sulke tyd sal Ek 'n man uit die land Benjamin na jou stuur wat jy moet salf as 'n vors oor my volk Israel; en hy sal my volk verlos uit die hand van die Filistyne. Want Ek het my volk aangesien, omdat sy geroep na My gekom het.17 Toe Samuel vir Saul sien, het die HERE hom geantwoord: Hier is die man van wie Ek jou gesê het: Hy sal oor my volk heers.18 En Saul het nader gekom na Samuel binne-in die poort en gevra: Wys my tog waar die huis van die siener is?19 Daarop het Samuel Saul geantwoord en gesê: Ek is die siener! Gaan voor my uit op na die hoogte, dan kan julle vandag saam met my eet; en ek sal jou môre vroeg laat gaan; en alles wat in jou hart is, sal ek jou te kenne gee.20 En wat die esels betref wat jy vandag al drie dae gelede vermis het -- bekommer jou daar nie oor nie, want hulle is gevind. Maar aan wie behoort al wat begeerlik is in Israel? Is dit nie aan jou en jou hele familie nie?21 En Saul antwoord en sê: Is ek nie 'n Benjaminiet, uit een van die kleinste van die stamme van Israel, en my geslag die geringste uit al die geslagte van die stam van Benjamin nie? Waarom spreek u dan so met my?22 Verder het Samuel Saul en sy dienaar geneem en hulle in die kamer gebring en hulle 'n plek gegee aan die hoof van die genooides, wat omtrent dertig man was.23 En Samuel het aan die kok gesê: Gee die stuk wat ek aan jou gegee het, waarvan ek vir jou gesê het: Sit dit by jou weg.24 Die kok dra toe die boud op met wat daaraan was, en sit dit voor Saul neer. En Samuel sê: Kyk, wat oorgebly het, is voor jou gesit; eet, want teen die bestemde tyd is dit vir jou bewaar toe ek gesê het: Ek nooi die volk. So het Saul dan die dag saam met Samuel geëet.25 Daarop het hulle van die hoogte afgegaan die stad in, en hy het met Saul gespreek op die dak.26 En hulle het vroeg opgestaan. Toe die rooidag uitkom, het Samuel Saul op die dak geroep en gesê: Staan op, dat ek jou kan wegbring. En Saul het opgestaan, en hulle twee, hy en Samuel, het na buite gegaan.27 Terwyl hulle by die einde van die stad afdaal, sê Samuel vir Saul: Beveel die dienaar dat hy voor ons uit verder gaan -- en hy het verder gegaan -- maar staan jy eers stil, dat ek jou die woord van God kan laat hoor.