1 Mi mem, Paŭlo, petegas vin pro la mildeco kaj dolĉanimeco de Kristo, mi, kiu en via ĉeesto estas humila inter vi, sed, forestante, tre kuraĝas rilate al vi:2 mi mem petegas vin, ke ĉeestante, mi ne kuraĝu per la insisteco, per kiu mi bontrovas kuraĝi kontraŭ iuj, kiuj rigardas nin kiel laŭkarne iradantajn.3 Ĉar kvankam ni iradas en karno, tamen ni ne militadas laŭ karno4 (ĉar la iloj de nia militado estas ne laŭkarnaj, sed potencaj antaŭ Dio por la deĵetado de fortikaĵoj);5 deĵetante diskutojn, kaj ĉian altaĵon levatan kontraŭ la scio konforma al Dio, kaj ekkaptante ĉiun penson al la obeo al Kristo,6 kaj starante pretaj puni ĉian malobeon, tuj kiam via obeo plenumiĝos.7 Vi rigardas la aferojn antaŭ via vizaĝo. Se iu fidas en si mem, ke li apartenas al Kristo, li denove pripensu en si mem, ke kiel li apartenas al Kristo, tiel same ankaŭ ni.8 Ĉar eĉ se mi fierus iom supermezure pri nia aŭtoritato (kiun donis la Sinjoro, por vin edifi, kaj ne por vin deĵeti), mi ne hontus;9 por ke ne ŝajnu, kvazaŭ mi volus timigi vin per miaj leteroj.10 Ĉar, oni diras, liaj leteroj estas gravaj kaj fortaj; sed lia korpa aspekto estas malforta, kaj lia parolo malŝatinda.11 Tiu homo konsideru, ke kiaj, forestante, ni estas per leteroj, tiaj, ĉeestante, ni estas ankaŭ per agado.12 Ĉar ni ne kuraĝas nin interkalkuli aŭ kompari kun iuj el la sin rekomendantaj; ĉar ili estas neprudentaj, mezurante sin laŭ si mem kaj komparante sin al si mem.13 Sed ni fieros ne pretermezure, sed laŭ la amplekso de la mezurilo, kiun Dio destinis al ni, por mezuri, por atingi eĉ ĝis vi.14 Ĉar ni ne tro etendas nin, kvazaŭ ni ne atingus ĝis vi; ĉar ni jam venis ĝis vi en la evangelio de Kristo,15 ne fierante pretermezure, nome en laboroj malpropraj, sed esperante, ke dum kreskos via fido, ni kreskos en vi laŭ nia mezurilo ĝis plua abundo,16 por prediki la evangelion ĝis la regionoj preter vi, kaj ne fieri pri malpropra mezurilo rilate al aferoj jam faritaj.17 Sed kiu fieras, tiu fieru en la Eternulo.18 Ĉar ne tiu, kiu sin mem rekomendas, estas akceptata, sed tiu, kiun rekomendas la Sinjoro.
1 En ek self, Paulus, bid julle by die sagmoedigheid en vriendelikheid van Christus, ek wat in julle teenwoordigheid wel nederig is onder julle, maar in my afwesigheid moedig teenoor julle --2 ek smeek dan dat as ek teenwoordig is, ek nie moedig hoef te wees met die vertroue waarmee ek meen om dit aan te durf teen sommige wat reken dat ons volgens die vlees wandel nie.3 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;4 want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,5 terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,6 en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.7 Kyk julle na wat voor oë is? As iemand by homself vertrou dat hy aan Christus behoort, laat hy dit by homself weer oorweeg, dat net soos hy self aan Christus behoort, ons ook so aan Christus behoort;8 want al sou ek ook nog meer roem oor ons gesag wat die Here ons gegee het om julle op te bou en nie neer te werp nie, sal ek nie beskaamd uitkom nie --9 anders sou dit die skyn hê asof ek julle deur die briewe wil bang maak.10 Want die briewe, sê hulle, is wel gewigtig en kragtig, maar die persoonlike teenwoordigheid is swak en die woord niks werd nie.11 Laat so iemand bedink dat soos ons met die woord deur briewe in ons afwesigheid is, ons dit ook met die daad in ons aanwesigheid is.12 Want ons waag dit nie om ons te reken of te vergelyk met sommige van die wat hulleself aanbeveel nie. Maar omdat hulle hul met hulself meet en met hulself vergelyk, is hulle onverstandig.13 Maar ons sal nie buite die maat roem nie, maar volgens die maat van die werkkring wat God ons as 'n maat toebedeel het om ook julle te bereik.14 Want ons strek onsself nie te ver uit asof ons julle nie kan bereik nie, want ons het reeds by julle gekom met die evangelie van Christus.15 Ons roem nie buite die maat in die arbeid van ander nie, maar ons het hoop om, wanneer julle geloof toeneem, in hoër mate onder julle toe te neem volgens ons werkkring,16 om die evangelie te verkondig in plekke anderkant julle, nie om in die werkkring van 'n ander oor wat tot stand gekom het, te roem nie.17 Maar wie roem, moet in die Here roem.18 Want nie hy wat homself aanbeveel, die is beproef nie, maar hy wat deur die Here aanbeveel word.