1 Sed sciu, ke en la lastaj tagoj venos danĝeraj tempoj.2 Ĉar homoj estos sinamantaj, monamantaj, fanfaronemaj, arogantaj, insultemaj, malobeemaj al gepatroj, sendankaj, nesanktaj,3 neparencamaj, nepacigeblaj, kalumniemaj, nesinregantaj, malmildaj, ne bonamantaj,4 perfidemaj, pasiemaj, ventoplenaj, plezuron amantaj pli ol Dion;5 havante ŝajnon de pieco, sed neinte ĝian potencon; de ĉi tiuj ankaŭ vin forturnu.6 Ĉar el ĉi tiuj estas tiuj, kiuj rampas en domojn, kaj forkaptas malsaĝajn virinojn, ŝarĝitajn de pekoj, forkondukatajn per diversaj voluptoj,7 ĉiam lernantajn, kaj neniam kapablajn veni al la scio de la vero.8 Kaj kiel Janes kaj Jambres kontraŭstaris al Moseo, tiel same ĉi tiuj ankaŭ kontraŭstaras al la vero, homoj kun malnobligita spirito, por la fido senvaloraj.9 Sed ili ne plu iros antaŭen; ĉar ilia malsaĝeco evidentiĝos al ĉiuj, kiel ankaŭ fariĝis ĉe tiuj.10 Sed vi sekvis mian instruon, konduton, celon, fidon, toleremecon, amon, paciencon,11 persekutojn, suferojn, kiaj okazis al mi en Antioĥia, en Ikonio, en Listra; kiajn persekutojn mi suferis; kaj el ĉio tio la Sinjoro min savis.12 Jes, kaj ĉiuj, kiuj volas vivi pie en Kristo Jesuo, estos persekutataj.13 Sed malbonaj homoj kaj ruzuloj ĉiam iros antaŭen al pli granda malbono, trompantaj kaj trompataj.14 Sed restu vi en tio, kion vi lernis kaj pri kio vi certiĝis, sciante, de kiu vi ĝin lernis,15 kaj ke jam de frua infaneco vi konas la sanktajn skribojn, kiuj povas fari vin saĝa por savo per la fido, kiu estas en Kristo Jesuo.16 Ĉiu skribaĵo inspirita de Dio estas ankaŭ utila por instruo, por admono, por korekto, por disciplino en justeco;17 por ke la homo de Dio estu perfekta, plene provizita por ĉiu bona laboro.
1 Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.2 Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,3 sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,4 verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;5 mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.6 Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word,7 wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.8 En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.9 Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook die van daardie manne geword het.10 Maar jy het my navolger geword in leer, lewenswandel, planne, geloof, lankmoedigheid, liefde, lydsaamheid,11 vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het in Antioch¡ë, in Ikonium, in Listre. Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos.12 En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.13 Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.14 Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,15 en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.