1 Mi volas do, ke vi sciu, kiel grandan klopodon mi havas pro vi, kaj pro tiuj en Laodikea, kaj pro ĉiuj, kiuj ne vidis mian vizaĝon en la karno;2 por ke iliaj koroj konsoliĝu, dum ili kunkroĉiĝas en amo, kaj al ĉia riĉeco de la plena certiĝo de kompreno, por ke ili sciu la misteron de Dio, Kriston,3 en kiu estas kaŝitaj ĉiuj trezoroj de saĝeco kaj de scio.4 Tion mi diras, por ke neniu vin trompu per parola allogeco.5 Ĉar kvankam mi laŭ karno forestas, tamen laŭ spirito mi estas kun vi, ĝojante kaj vidante vian ordon kaj la firmecon de via fido al Kristo.6 Kiel do vi ricevis Kriston Jesuon, la Sinjoron, tiel vi iradu en li,7 enradikigite kaj konstruite en li, kaj firmigite en la fido, kiel vi estas instruitaj, kun abundo da dankesprimo.8 Gardu vin, ke neniu prirabu vin per filozofio kaj vanta trompo, laŭ la tradicio de homoj, laŭ la elementoj de la mondo, kaj ne laŭ Kristo;9 ĉar en li korpe loĝas la tuta pleneco de la Dieco,10 kaj vi estas plenigitaj en li, kiu estas la kapo de ĉia estreco kaj aŭtoritato;11 en kiu ankaŭ vi cirkumcidiĝis per cirkumcido ne manfarita, en la demeto de la korpo de la karno, en la cirkumcido de Kristo;12 enterigite kun li en bapto, en kiu ankaŭ vi estas kunlevitaj per la fido al la energio de Dio, kiu lin levis el la mortintoj.13 Kaj vin, kiuj estis malvivaj per viaj eraroj kaj la necirkumcido de via karno, Li vivigis kun li, pardoninte al ni ĉiujn erarojn;14 elviŝinte la dekreton kontraŭ ni en ordonoj skribitan, kiu estis al ni malfavora, kaj li forprenis ĝin el la mezo, najlinte ĝin al la kruco;15 kaj foriginte de si la estrecojn kaj la aŭtoritatojn, parade malkaŝis ilin, triumfante super ili en ĝi.16 Neniu do vin juĝu pri manĝaĵo, aŭ trinkaĵo, aŭ rilate al festo, aŭ novmonato, aŭ sabato;17 kiuj estas ombro de la estontaĵoj, sed la korpo apartenas al Kristo.18 Neniu forrabu de vi vian premion per memvola humileco kaj kulto de la anĝeloj, entrudante sin en tion, kion li ne vidis, vante blovoŝvelinte per sia karna menso,19 kaj ne tenante sin al la Kapo, el kiu la tuta korpo, per la artikoj kaj ligiloj provizita kaj kunigita, kreskas laŭ la kreskigo de Dio.20 Se vi mortis kun Kristo for de la elementoj de la mondo, kial, kiel vivantaj en la mondo, vi submetiĝas al dekretoj:21 Ne tuŝu, ne gustumu, ne palpu,22 pri ĉio, kio pereas per la uzado, laŭ la ordonoj kaj doktrinoj de homoj?23 Ĉio tio havas ŝajnon de saĝeco en volokulto kaj humileco kaj severeco rilate al la korpo, sed ne en ia valoro por plensatigo de la karno.
1 Want ek wil hê dat julle moet weet wat 'n groot stryd ek oor julle het, en oor die wat in Laodic,a is en almal wat my aangesig in die vlees nie gesien het nie,2 dat hulle harte vertroos mag word, deurdat hulle saamgevoeg word in die liefde en tot alle rykdom van die volle versekerdheid van insig, om die verborgenheid te leer ken van God en die Vader en van Christus,3 in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is.4 Dit sê ek, sodat niemand julle mag verlei met drogredes nie.5 Want al is ek ook na die vlees afwesig, tog is ek by julle in die gees, en ek verbly my om julle goeie orde te sien en die vastigheid van julle geloof in Christus.6 Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom,7 gewortel en opgebou in Hom en bevestig in die geloof, soos julle geleer is, terwyl julle daarin oorvloedig is in danksegging.8 Pas op dat niemand julle as 'n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.9 Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik;10 en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;11 in wie julle ook besny is met 'n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus,12 omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.13 En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het,14 en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael,15 nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.16 Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot 'n fees of nuwemaan of sabbat nie,17 wat 'n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.18 Laat niemand julle van jul prys beroof nie, al sou hy behae hê in nederigheid en verering van die engele en indring in wat hy nie gesien het nie, en sonder oorsaak opgeblase wees deur sy vleeslike gesindheid,19 en nie vashou aan die Hoof nie, uit wie die hele liggaam deur die gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word en so met goddelike groei groot word.20 As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge21 soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? --22 almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan -- volgens die gebooie en leringe van mense,23 wat, alhoewel dit 'n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees.