1 En la unua jaro de Dario, filo de Aĥaŝveroŝ, el la gento Meda, kiu fariĝis reĝo super la regno de la Ĥaldeoj,2 en la unua jaro de lia reĝado, mi, Daniel, rimarkis en la libroj la nombron de la jaroj, pri kiuj la Eternulo parolis al la profeto Jeremia, ke devas finiĝi sepdek jaroj de la dezerteco de Jerusalem.3 Kaj mi turnis mian vizaĝon al Dio, la Sinjoro, por preĝi kaj petegi, en fastado, sakaĵo, kaj cindro.4 Kaj mi preĝis al la Eternulo, mia Dio, mi faris konfeson, kaj mi diris:Mi petas Vin, ho Sinjoro, Dio granda kaj timinda, kiu konservas la interligon kaj favorkorecon al Liaj amantoj kaj al la plenumantoj de Liaj ordonoj!5 Ni pekis, ni malbonagis, ni estis malpiaj, ni ribelis, kaj ni defalis de Viaj ordonoj kaj decidoj;6 ni ne aŭskultis Viajn servantojn, la profetojn, kiuj parolis en Via nomo al niaj reĝoj, estroj, kaj patroj, kaj al la tuta popolo de la lando.7 Vi, ho Sinjoro, estas prava, kaj ni devas honti, kiel nun, ĉiu Judo, la loĝantoj de Jerusalem kaj la tuta Izrael, la proksimaj kaj la malproksimaj, en ĉiuj landoj, kien Vi dispelis ilin pro iliaj malbonagoj, kiujn ili faris koncerne Vin.8 Ho Sinjoro! ni hontas pro niaj reĝoj, estroj, kaj patroj, kiuj pekis antaŭ Vi.9 Sed la Sinjoro, nia Dio, havas kompatemon kaj pardonemon, kvankam ni defalis de Li10 kaj ne aŭskultis la voĉon de la Eternulo, nia Dio, por iradi laŭ Liaj instruoj, kiujn Li donis al ni per Siaj servantoj, la profetoj.11 La tuta Izrael malobeis Vian instruon, kaj deturnis sin, por ne aŭskulti Vian voĉon; pro tio trafis nin la malbeno kaj la ĵuro, pri kiuj estas skribite en la instruo de Moseo, servanto de Dio; ĉar ni pekis kontraŭ Li.12 Kaj Li plenumis Sian vorton, kiun Li diris pri ni, kaj pri niaj juĝistoj, kiuj faradis juĝon ĉe ni, kaj Li venigis sur nin grandan malfeliĉon; sub la tuta ĉielo nenie fariĝis tio, kio fariĝis al Jerusalem.13 Kiel estas skribite en la instruo de Moseo, tiel trafis nin tiu tuta malfeliĉo; ni tamen ne preĝis antaŭ la Eternulo, nia Dio, deturnante nin de niaj malbonagoj kaj penante kompreni Vian veron.14 Kaj la Eternulo viglis super la malfeliĉo kaj venigis ĝin sur nin; ĉar justa estas la Eternulo, nia Dio, en ĉiuj Siaj faroj, kiujn Li faras, sed ni ne aŭskultis Lian voĉon.15 Kaj nun, ho Sinjoro, nia Dio, kiu elkondukis Vian popolon el la lando Egipta per forta mano, kaj faris al Vi gloran nomon, kiel ĝi nun estas, ni pekis, ni estis malpiaj.16 Ho Sinjoro, konforme al Via tuta bonfaremeco deturniĝu nun Via kolero kaj Via indigno de Via urbo Jerusalem, de Via sankta monto; ĉar pro niaj pekoj kaj pro la malbonagoj de niaj patroj Jerusalem kaj Via popolo estas hontindaĵo antaŭ ĉiuj niaj ĉirkaŭantoj.17 Kaj nun aŭskultu, ho nia Dio, la preĝon de Via servanto kaj lian petegon, kaj lumu per Via vizaĝo sur Vian dezertigitan sanktejon, pro la Sinjoro.18 Klinu, ho mia Dio, Vian orelon, kaj aŭskultu; malfermu Viajn okulojn, kaj vidu nian ruinigitecon, kaj la urbon, kiu estas nomata per Via nomo; ĉar ne pro nia praveco, sed pro Via granda kompatemeco, ni faligas antaŭ Vi nian preĝon.19 Ho Sinjoro, aŭskultu! ho Sinjoro, pardonu! ho Sinjoro, atentu kaj agu, ne prokrastu, pro Vi mem, ho mia Dio, ĉar Vian nomon portas Via urbo kaj Via popolo.20 Dum mi ankoraŭ parolis kaj preĝis kaj konfesis miajn pekojn kaj la pekojn de mia popolo Izrael kaj metis mian petegon antaŭ la Eternulon, mian Dion, pri la sankta monto de mia Dio;21 dum mi ankoraŭ parolis preĝante, la viro Gabriel, kiun mi vidis antaŭe en la vizio, alflugis, kaj ektuŝis min ĉirkaŭ la tempo de la vespera ofero;22 kaj, klarigante, li ekparolis al mi, kaj diris:Ho Daniel, nun mi eliris, por komprenigi al vi la aferon.23 Ĉe la komenco de via preĝado eliris ordono, kaj mi venas, por sciigi ĝin, ĉxar vi estas homo agrabla al Dio; atentu la vorton, kaj komprenu la vizion.24 Sepdek jarsepoj estas destinitaj por via popolo kaj por via sankta urbo, por ke kovriĝu la kulpo, sigeliĝu la pekoj, kaj pardoniĝu la malbonagoj, por ke venu justeco eterna, sigeliĝu la vizio kaj profetaĵo, kaj sanktoleiĝu Plejsanktulo.25 Sciu, kaj komprenu:de la momento, kiam eliros la ordono, ke Jerusalem estu denove konstruata, ĝis la sanktoleado de la estro pasos sep jarsepoj kaj sesdek du jarsepoj; kaj denove estos konstruitaj la stratoj kaj muroj, kvankam en tempo malfacila.26 Post la sesdek du jarsepoj la sanktoleito estos pereigita kaj jam ne ekzistos; kaj la urbon kun ĝia sanktejo pereigos popolo de estro, kiu venos, kaj ĝia fino estos kiel de inundego; kaj ĝis la fino de la milito ĝi estos tute dezertigita.27 En la daŭro de unu jarsepo estos konfirmita la interligo kun multaj, kaj meze de la jarsepo estos ĉesigitaj buĉoferoj kaj farunoferoj; sur la flugiloj de la sanktejo estos abomeninda dezerteco, ĝis la fina destinita pereo falos sur la ruinojn.
1 In die eerste jaar van Dar¡us, die seun van Ahasv,ros, uit die geslag van die Meders, wat koning gemaak was oor die koninkryk van die Chaldeërs,2 in die eerste jaar van sy regering het ek, Daniël, in die boeke gemerk dat die getal jare waaroor die woord van die HERE tot die profeet Jeremia gekom het met betrekking tot die puinhope van Jerusalem, sewentig volle jare was.3 En ek het my aangesig tot die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smekinge te wy.4 En ek het tot die HERE my God gebid en belydenis gedoen en gesê: Ag, Here, grote en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou,5 ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge afgewyk.6 En ons het nie geluister na u knegte, die profete, wat in u Naam gespreek het tot ons konings, ons owerstes en ons vaders en tot die hele volk van die land nie.7 Aan U, Here, kom die geregtigheid toe, maar aan ons beskaming van die aangesig soos dit vandag is, aan die manne van Juda en aan die inwoners van Jerusalem en aan die hele Israel, die wat naby en die wat ver is in al die lande waarheen U hulle verdryf het, oor hulle ontrou wat hulle teen U begaan het.8 Here, aan ons kom toe beskaming van die aangesig, aan ons konings, aan ons owerstes en aan ons vaders, omdat ons teen U gesondig het.9 By die Here onse God is barmhartigheid en vergewing, want ons het teen Hom opgestaan10 en na die stem van die HERE onse God nie geluister om te wandel in sy wette wat Hy ons deur die diens van sy knegte, die profete, voorgehou het nie.11 Maar die hele Israel het u wet oortree en afgewyk deurdat hulle nie na u stem geluister het nie; daarom is die vloek en die eed oor ons uitgestort wat geskrywe is in die wet van Moses, die kneg van God, want ons het teen Hom gesondig.12 En Hy het sy woorde in vervulling laat gaan wat Hy oor ons gespreek het en oor ons rigters wat ons bestuur het, deur groot onheil oor ons te bring wat onder die ganse hemel nie gebeur het soos in Jerusalem nie;13 soos in die wet van Moses geskrywe is -- al hierdie onheil het oor ons gekom, en ons het die aangesig van die HERE onse God nie om genade gesmeek deur ons te bekeer van ons ongeregtighede en ag te gee op u waarheid nie.14 Daarom was die HERE wakker oor die onheil, om dit oor ons te bring; want die HERE onse God is regverdig by al sy werke wat Hy doen, maar ons het nie na sy stem geluister nie.15 Nou dan, o Here onse God wat u volk uit Egipteland met 'n sterke hand uitgelei en vir U 'n Naam gemaak het soos dit vandag is, ons het gesondig, ons was goddeloos.16 o Here, laat tog volgens al u geregtigheid u toorn en u grimmigheid van u stad Jerusalem, u heilige berg, afgewend word, want om ons sondes en die ongeregtighede van ons vaders ontwil is Jerusalem en u volk 'n voorwerp van versmading vir almal rondom ons.17 Hoor dan nou, onse God, na die gebed van u kneg en na sy smekinge, en laat ter wille van die Here u aangesig skyn oor u heiligdom wat woes lê.18 Neig u oor, my God, en hoor, open u oë en aanskou ons verwoeste plekke en die stad waar u Naam oor uitgeroep is; want nie op grond van ons geregtigheid werp ons ons smekinge voor u aangesig neer nie, maar op grond van u grote barmhartigheid.19 Here, hoor! Here, vergeef! Here, merk op en doen dit, vertoef tog nie, om U ontwil, my God; want u Naam is oor u stad en u volk uitgeroep.20 Terwyl ek nog spreek en bid en my sonde en die sonde van my volk Israel bely en my smeking voor die aangesig van die HERE my God neerwerp, ter wille van die heilige berg van my God,21 terwyl ek nog spreek in die gebed, het die man Gabriël wat ek, uitgeput van vermoeienis, 'n vorige keer in die gesig gesien het, na my gekom omtrent die tyd van die aandspysoffer.22 En hy het my onderrig en met my gespreek en gesê: Daniël, nou het ek heengegaan om jou insig te gee.23 By die begin van jou smekinge het 'n woord uitgegaan, en ek het gekom om dit mee te deel, want jy is 'n geliefde man; gee dan ag op die woord en verstaan die gesig.24 Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige stad bepaal, om die goddeloosheid te voleindig en om die maat van die sondes vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en profeet te beseël en om wat hoogheilig is, te salf.25 Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op 'n Gesalfde, 'n Vors, is sewe sewetalle; en twee en sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid.26 En n die twee en sestig sewetalle sal 'n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van 'n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met 'n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings.27 En hy sal een week lank met baie 'n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar 'n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.