1 Paroloj de Jeremia, filo de Ĥilkija, el la pastroj, kiuj estis en Anatot, en la lando de Benjamen;2 al kiu aperis la vorto de la Eternulo en la tempo de Joŝija, filo de Amon, reĝo de Judujo, en la dek-tria jaro de lia reĝado,3 kaj poste en la tempo de Jehojakim, filo de Joŝija, reĝo de Judujo, ĝis la fino de la dek-unua jaro de Cidkija, filo de Joŝija, reĝo de Judujo, ĝis la forkonduko de la Jerusalemanoj en la kvina monato.4 Aperis al mi la vorto de la Eternulo, dirante:5 Antaŭ ol Mi formis vin en la utero, Mi vin konis, kaj antaŭ ol vi eliris el la ventro, Mi vin sanktigis, Mi faris vin profeto por la popoloj.6 Mi diris:Ho ve, Sinjoro, ho Eternulo! mi ne povoscias paroli, ĉar mi estas juna.7 Sed la Eternulo diris al mi:Ne diru, ke vi estas juna; sed ĉien, kien Mi sendos vin, iru, kaj ĉion, kion Mi ordonos al vi, parolu.8 Ne timu ilin; ĉar Mi estas kun vi, por savi vin, diras la Eternulo.9 Kaj la Eternulo etendis Sian manon kaj ektuŝis mian buŝon, kaj la Eternulo diris al mi:Jen Mi enmetis Miajn vortojn en vian buŝon.10 Vidu, Mi starigas vin hodiaŭ super la popoloj kaj super la regnoj, por elŝiri, rompi, pereigi, kaj detrui, por konstrui kaj planti.11 Kaj aperis al mi la vorto de la Eternulo, dirante:Kion vi vidas, Jeremia? Kaj mi diris:Mi vidas bastonon maldormantan.12 Kaj la Eternulo diris al mi:Vi vidis bone; ĉar Mi maldormos pri Mia vorto, por plenumi ĝin.13 Kaj duafoje aperis al mi la vorto de la Eternulo, dirante:Kion vi vidas? Kaj mi diris:Mi vidas flame bolantan poton, kaj ĝi rigardas de norde.14 Kaj la Eternulo diris al mi:De norde venos la malfeliĉo sur ĉiujn loĝantojn de la lando.15 Ĉar jen Mi alvokos ĉiujn gentojn de la nordaj regnoj, diras la Eternulo, kaj ili venos kaj starigos ĉiu sian tronon antaŭ la pordegoj de Jerusalem kaj ĉirkaŭ ĝiaj muregoj kaj antaŭ ĉiuj urboj de Judujo.16 Kaj Mi eldiros Mian verdikton pri ili pro ĉiuj iliaj malbonagoj, pro tio, ke ili forlasis Min kaj incensis al aliaj dioj kaj adorkliniĝis antaŭ la faritaĵo de siaj manoj.17 Kaj vi zonu viajn lumbojn, leviĝu, kaj diru al ili ĉion, kion Mi ordonas al vi; ne tremu antaŭ ili, por ke Mi ne tremigu vin antaŭ ili.18 Jen Mi faras vin hodiaŭ fortikigita urbo, fera kolono, kaj kupraj muroj en la tuta lando, kontraŭ la reĝoj de Judujo, kontraŭ ĝiaj princoj, kontraŭ ĝiaj pastroj, kaj kontraŭ la popolo de la lando.19 Ili batalos kontraŭ vi, sed ne venkos vin; ĉar Mi estas kun vi, diras la Eternulo, por savi vin.
1 Die woorde van Jeremia, die seun van Hilk¡a, uit die priesters wat in Anatot, in die land Benjamin was,2 tot wie die woord van die HERE gekom het in die dae van Jos¡a, die seun van Amon, die koning van Juda, in die dertiende jaar van sy regering,3 en gekom het in die dae van Jojakim, die seun van Jos¡a, die koning van Juda, tot die einde van die elfde jaar van Sedek¡a, die seun van Jos¡a, die koning van Juda, totdat Jerusalem ontvolk is in die vyfde maand.4 Die woord van die HERE het dan tot my gekom en gesê:5 Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot 'n profeet vir die nasies gemaak.6 Toe het ek gesê: Ag, Here HERE, voorwaar, ek kan nie praat nie, want ek is jonk.7 Maar die HERE het vir my gesê: Moenie sê: Ek is jonk nie; want na wie Ek jou ook al stuur, moet jy gaan; en wat Ek jou ook al beveel, moet jy spreek.8 Wees vir hulle nie bevrees nie, want Ek is met jou om jou uit te red, spreek die HERE.9 Toe het die HERE sy hand uitgestrek en my mond aangeroer; en die HERE het vir my gesê: Hiermee lê Ek my woorde in jou mond.10 Kyk, Ek stel jou vandag aan oor die nasies en oor die koninkryke om uit te ruk en om te gooi en te vernietig en te verwoes, om te bou en te plant.11 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: Wat sien jy, Jeremia? En ek antwoord: Ek sien 'n amandeltak.12 Toe sê die HERE vir my: Jy het goed gesien, want Ek is wakker oor my woord om dit te volbring.13 En die woord van die HERE het vir die tweede keer tot my gekom en gesê: Wat sien jy? En ek antwoord: Ek sien 'n kokende pot wat van die noorde af kyk.14 Toe sê die HERE vir my: Van die noorde af sal die onheil losbreek oor al die inwoners van die land.15 Want kyk, Ek roep al die geslagte van die koninkryke van die noorde, spreek die HERE; en hulle sal kom, en hulle sal elkeen sy troon neersit by die ingang van die poorte van Jerusalem en teen al sy mure rondom en teen al die stede van Juda.16 En Ek sal my oordele oor hulle uitspreek, weens al hulle boosheid; dat hulle My verlaat het en vir ander gode rook laat opgaan het en hulle voor die werke van hulle hande neergebuig het.17 Jy dan, omgord jou heupe en maak jou klaar en sê aan hulle alles wat Ek jou sal beveel; wees nie vir hulle verskrik nie, dat Ek jou nie vir hulle laat skrik nie.18 Want kyk, Ek maak jou vandag 'n versterkte stad en 'n ysterpilaar en kopermure teen die hele land: teen die konings van Juda, teen sy vorste, teen sy priesters en teen die volk van die land.19 En hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie; want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou uit te red.