1 Tuj matene la ĉefpastroj, farinte interkonsilon kun la pliaĝuloj kaj skribistoj kaj la tuta sinedrio, ligis Jesuon kaj forkondukis lin kaj transdonis lin al Pilato.2 Kaj Pilato demandis lin:Ĉu vi estas la Reĝo de la Judoj? Kaj responde li diris al li:Vi diras.3 Kaj la ĉefpastroj multe lin akuzis.4 Kaj Pilato denove lin demandis:Ĉu vi respondas nenion? vidu, pri kiom da aferoj oni vin akuzas.5 Sed Jesuo ankoraŭ nenion respondis, tiel ke Pilato miris.6 Ĉe tiu festo li kutimis liberigi al ili unu malliberulon, iun ajn, kiun ili pripetis.7 Kaj estis unu, nomata Barabas, katenita kun la ribelintoj, kiuj en la ribelo faris mortigon.8 Kaj suprenveninte, la homamaso komencis peti lin pri tio, kion li kutimis fari por ili.9 Kaj Pilato respondis al ili, dirante:Ĉu vi volas, ke mi liberigu al vi la Reĝon de la Judoj?10 Ĉar li eksciis, ke pro envio la ĉefpastroj transdonis lin.11 Sed la ĉefpastroj instigis la homamason, ke prefere li liberigu al ili Barabason.12 Kaj Pilato, denove respondante, diris al ili:Kion do mi faru al tiu, kiun vi nomas Reĝo de la Judoj?13 Kaj ili denove ekkriis:Krucumu lin.14 Kaj Pilato diris al ili:Kial? kian malbonon li faris? Sed ili des pli ekkriis:Krucumu lin.15 Kaj Pilato, volante kontentigi la homamason, liberigis al ili Barabason, kaj, skurĝinte Jesuon, transdonis lin, por esti krucumita.16 Kaj la soldatoj forkondukis lin en la korton, kiu estas la Pretorio, kaj kunvokis la tutan kohorton.17 Kaj ili vestis lin per purpuro, kaj plektinte dornan kronon, surmetis ĝin al li;18 kaj ili komencis aklami lin:Saluton, Reĝo de la Judoj!19 Kaj ili frapis lian kapon per kano, kaj kraĉis sur lin, kaj ekgenuinte, kliniĝis al li.20 Kaj mokinte lin, ili demetis de li la purpuran veston, kaj surmetis liajn proprajn vestojn. Kaj ili elkondukis lin, por krucumi lin.21 Kaj ili devigis al servado unu preterpasanton, venantan de la kamparo, Simonon, Kirenanon, patron de Aleksandro kaj Rufo, ke li portu lian krucon.22 Kaj ili kondukis lin al la loko Golgota, tio estas, Loko de Kranio.23 Kaj ili donis al li vinon kun mirho enmiksita, sed li ne akceptis ĝin.24 Kaj ili krucumis lin kaj dividis inter si liajn vestojn, ĵetante lotojn sur ili, kion ĉiu el ili ricevu.25 Kaj estis la tria horo, kaj ili krucumis lin.26 Kaj la surskribo de lia akuzo estis surskribita:LA REĜO DE LA JUDOJ.27 Kaj kun li ili krucumis du rabistojn, unu dekstre kaj unu maldekstre de li.28 Kaj plenumiĝis la Skribo, kiu diras:Kaj li estis alkalkulita al krimuloj.29 Kaj la preterpasantoj insultis lin, balancante la kapon, kaj dirante:Ha, ha! vi, kiu detruas la sanktejon kaj konstruas ĝin en la daŭro de tri tagoj,30 savu vin, deirante de la kruco.31 Tiel same ankaŭ la ĉefpastroj, mokante inter si kun la skribistoj, diris:Aliajn li savis; sin mem li ne povas savi.32 La Kristo, la Reĝo de Izrael, deiru ja nun de la kruco, por ke ni vidu kaj kredu. Kaj tiuj, kiuj estis krucumitaj kun li, insultis lin.33 Kaj kiam venis la sesa horo, fariĝis mallumo sur la tuta lando ĝis la naŭa horo.34 Kaj je la naŭa horo Jesuo kriis per laŭta voĉo:Eloi, Eloi, lama sabaĥtani; tio estas:Mia Dio, mia Dio, kial Vi forlasis min?35 Kaj iuj el la apudstarantoj, aŭdinte, diris:Jen li vokas Elijan.36 Kaj unu kuris, kaj plenigis spongon per vinagro, kaj metinte ĝin sur kanon, donis al li trinki, dirante:Lasu; ni vidu, ĉu venos Elija, por depreni lin.37 Sed Jesuo, eliginte laŭtan krion, ellasis for la spiriton.38 Kaj la kurteno de la sanktejo disŝiriĝis en du pecojn de supre ĝis malsupre.39 Kaj kiam la centestro, kiu apudstaris kontraŭ li, vidis, ke li tiamaniere ellasis for la spiriton, li diris:Vere ĉi tiu viro estis Filo de Dio.40 Estis ankaŭ virinoj, rigardantaj de malproksime, inter kiuj estis Maria Magdalena, kaj Maria, la patrino de Jakobo la malgranda kaj de Joses, kaj Salome;41 kiuj sekvis lin, kiam li estis en Galileo, kaj servadis al li; kaj multaj aliaj virinoj, kiuj suprenvenis kun li en Jerusalemon.42 Kaj kiam jam vesperiĝis, pro tio, ke estas la Preparado, tio estas, la tago antaŭ sabato,43 venis Jozef el Arimateo, honorinda konsilanto, kiu mem atendadis la regnon de Dio; kaj li kuraĝe eniris al Pilato, kaj petis la korpon de Jesuo.44 Kaj Pilato miris, ĉu li jam mortis; kaj alvokinte la centestron, li demandis lin, ĉu li de longe estas mortinta.45 Kaj sciiĝinte de la centestro, li donis al Jozef la korpon.46 Kaj li aĉetis tolaĵon, kaj deprenis lin kaj envolvis lin en la tolaĵo, kaj metis lin en tombon, kiu estis elhakita el ŝtonego; kaj li alrulis ŝtonon al la enirejo de la tombo.47 Kaj Maria Magdalena, kaj Maria, la patrino de Joses, vidis, kien oni metis lin.
1 En dadelik, vroeg in die môre , het die owerpriesters saam met die ouderlinge en skrifgeleerdes en die hele Raad 'n besluit geneem; en nadat hulle Jesus geboei het, het hulle Hom weggelei en aan Pilatus oorgelewer.2 En Pilatus het Hom gevra: Is U die Koning van die Jode? En Hy het geantwoord en vir hom gesê: U sê dit.3 En die owerpriesters het baie beskuldiginge teen Hom ingebring.4 En Pilatus het Hom weer gevra en gesê: Antwoord U niks nie? Kyk hoe baie getuienisse hulle teen U inbring.5 Maar Jesus het niks meer geantwoord nie, sodat Pilatus hom verwonder het.6 En op die fees was hy gewoond om een gevangene, die een wat hulle gevra het, vir hulle los te laat.7 En daar was 'n sekere Bar bbas wat met mede-oproermakers in die gevangenis was; en hulle het in die opstand 'n moord begaan.8 En die skare het geskreeu en begin vra dat hy vir hulle sou doen soos altyd.9 Toe antwoord Pilatus en sê vir hulle: Wil julle hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat?10 Want hy het geweet dat die owerpriesters Hom uit nydigheid oorgelewer het.11 Maar die owerpriesters het die skare aangehits dat hy liewer Bar bbas vir hulle moes loslaat.12 Toe antwoord Pilatus weer en sê vir hulle: Wat wil julle dan hê moet ek doen met Hom wat julle Koning van die Jode noem?13 En hulle skreeu weer: Kruisig Hom!14 Maar Pilatus sê vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Hulle skreeu toe nog harder: Kruisig Hom!15 En omdat Pilatus aan die skare hulle sin wou gee, het hy Bar bbas vir hulle losgelaat; en nadat hy Jesus laat g,sel het, het hy Hom oorgelewer om gekruisig te word.16 Toe lei die soldate Hom weg in die binneplaas, dit is die goewerneur se paleis, en hulle roep die hele leërafdeling bymekaar17 en trek Hom 'n purperkleed aan en vleg 'n kroon van dorings en sit dit vir Hom op;18 en hulle begin Hom begroet: Wees gegroet, Koning van die Jode!19 En hulle slaan Hom met 'n riet op die hoof en spuug op Hom en val op die knieë en bring Hom hulde.20 En toe hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die purperkleed uit en trek Hom sy eie klere aan; en hulle lei Hom weg om Hom te kruisig.21 En hulle het 'n sekere Simon van Cir,ne wat van die veld af gekom het, die vader van Alexander en Rufus, gedwing om sy kruis te dra.22 En hulle het Hom gebring op die plek Golgota, dit is, as dit vertaal word: Plek van die Hoofskedel.23 Toe gee hulle Hom wyn met mirre gemeng om te drink, maar Hy het dit nie geneem nie.24 En nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel deur die lot te werp oor wat elkeen moes kry.25 En dit was die derde uur toe hulle Hom gekruisig het.26 En die opskrif van sy beskuldiging was bokant Hom geskrywe: DIE KONING VAN DIE JODE.27 Hulle het ook twee rowers saam met Hom gekruisig, een aan sy regter-- en een aan sy linkerkant.28 En die Skrif is vervul wat sê: En Hy is by die misdadigers gereken.29 En die verbygangers het Hom gesmaad, terwyl hulle hul hoof skud en sê: Ha, U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou,30 verlos Uself en kom af van die kruis!31 En so het ook die owerpriesters saam met die skrifgeleerdes gespot en vir mekaar gesê: Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie.32 Laat die Christus, die Koning van Israel, nou van die kruis afkom, sodat ons kan sien en glo! Ook die wat saam met Hom gekruisig is, het Hom beledig.33 En toe dit die sesde uur was, kom daar duisternis oor die hele aarde tot die negende uur toe.34 En die negende uur het Jesus met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Elo‹, Elo‹, lamma sabagt ni? wat, as dit vertaal word, beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?35 En sommige van die wat daar staan, hoor dit en sê: Kyk, Hy roep na El¡a.36 Toe hardloop een en maak 'n spons vol asyn en sit dit op 'n riet en laat Hom drink; en hy sê: Wag, laat ons sien of El¡a kom om Hom af te haal.37 Maar Jesus het met 'n groot stem geroep en die laaste asem uitgeblaas.38 En die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur van bo tot onder.39 En toe die hoofman oor honderd wat daar reg voor Hom staan, sien dat Hy so uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas het, sê hy: Waarlik, Hy was die Seun van God.40 En daar was ook vroue wat van ver af dit aanskou het. Onder hulle was Maria Magdal,na ook, en Maria, die moeder van Jakobus, die kleine, en van Joses, en Salome --41 hulle wat Hom gevolg en Hom gedien het toe Hy in Galil,a was -- en baie ander vroue wat saam met Hom opgegaan het na Jerusalem.42 En toe dit aand geword het, omdat dit die voorbereiding was, dit is die voorsabbat,43 kom daar 'n vername raadslid, Josef van Arimath,a, wat self ook die koninkryk van God verwag het; en hy waag dit om na Pilatus in te gaan en die liggaam van Jesus te vra.44 En Pilatus was verwonderd dat Hy al dood was, en hy het die hoofman oor honderd geroep en hom gevra of Hy al lank dood was.45 En toe hy dit van die hoofman oor honderd verneem het, het hy die liggaam aan Josef geskenk.46 En hy het linne gekoop, en Hom afgehaal en in die linne toegedraai, en Hom neergelê in 'n graf wat in 'n rots uitgekap was. En hy het 'n steen teen die opening van die graf gerol.47 En Maria Magdal,na en Maria, die moeder van Joses, het gesien waar Hy neergelê word.