1 En la tempo, kiam regis la juĝistoj, iam malsato okazis en la lando; kaj foriris viro el Bet-Leĥem en Judujo, por pasloĝi en la lando de Moab; li kaj lia edzino kaj liaj du filoj.2 La nomo de la viro estis Elimeleĥ, kaj la nomo de lia edzino estis Naomi, kaj la nomoj de liaj du filoj estis Maĥlon kaj Kiljon, Efratanoj el Bet-Leĥem en Judujo. Kaj ili venis sur la kampojn de Moab kaj restis tie.3 Elimeleĥ, la edzo de Naomi, mortis; kaj restis ŝi kun siaj du filoj.4 Ambaŭ edziĝis kun Moabidinoj; la nomo de unu estis Orpa, kaj la nomo de la dua estis Rut; kaj ili loĝis tie ĉirkaŭ dek jaroj.5 Sed mortis ankaŭ ambaŭ, Maĥlon kaj Kiljon; kaj restis nur la virino sola, senigita je sia edzo kaj siaj du filoj.6 Ŝi leviĝis kun siaj bofilinoj, por iri returne el la lando de Moab; ĉar ŝi aŭdis en la lando de Moab, ke la Eternulo rememoris Sian popolon, donante al ĝi panon.7 Ŝi eliris el la loko, kie ŝi loĝis, kun siaj du bofilinoj; kaj ili iris sur la vojo, por ke ili revenu al la lando de Jehuda.8 Naomi diris al siaj du bofilinoj:Iru, kaj revenu ĉiu el vi al la domo de sia patrino; la Eternulo favoru vin tiel same, kiel vi estis favorkoraj al la mortintoj kaj al mi;9 la Eternulo favoru vin, ke vi trovu ripozon, ĉiu el vi en domo de sia edzo. Ŝi kisis ilin, kaj ili levis sian voĉon kaj ploris.10 Kaj ili diris al ŝi:Ni volas iri kun vi al via popolo.11 Naomi respondis:Iru returne, miaj filinoj; kial do vi irus kun mi? Ĉu ankoraŭ ekzistas filoj en mia utero, ke vi edziniĝu kun ili?12 Revenu, miaj filinoj, foriru; ĉar mi jam estas tro maljuna por edziniĝi kun viro. Eĉ se mi dirus, ke mi havas ankoraŭ esperon, eĉ se mi jam havus edzon hodiaŭ nokte, kaj eĉ se mi naskus filojn:13 ĉu pri ili vi esperu, ĝis ili plenaĝiĝos? ĉu por ili vi atendu, ne edziniĝante kun viro? Ne, miaj filinoj; estas tre maldolĉe al mi pro vi, ĉar la mano de la Eternulo afliktis min.14 Sed ili levis sian voĉon kaj ploris plue. Kaj Orpa kisis sian bopatrinon, sed Rut aliĝis al ŝi.15 Kaj ĉi tiu diris:Jen via bofratino reiris al sia gento kaj al siaj dioj; iru vi ankaŭ returne post via bofratino.16 Sed Rut diris:Ne petegu min, ke mi vin forlasu, aŭ ke mi returnu min kaj ĉesu sekvi vin; ĉar kien vi iros, mi ankaŭ iros, kaj kie vi noktos, mi ankaŭ noktos; via popolo ankaŭ estos mia popolo, kaj via Dio estos mia Dio.17 Sur la loko, kie vi mortos, mi ankaŭ mortos, kaj tie oni min enterigos. La Eternulo faru al mi tion kaj pli, se io krom la morto disigos min de vi.18 Kiam Naomi vidis, ke ŝi firme decidis iri kun ŝi, tiam ŝi ĉesis disputi kun ŝi.19 Kaj ili ambaŭ iradis, ĝis ili alvenis en Bet-Leĥemon. Kaj kiam ili eniris en Bet-Leĥemon, la tuta loĝantaro de la urbo ekbruis pri ili, dirante:Ĉu tio estas Naomi?20 Kaj ŝi respondis al ili:Ne nomu min Naomi, nomu min Mara; ĉar la Plejpotenculo faris al mi maldolĉegon;21 kun pleneco mi foriris, sed la Eternulo revenigis min malplena; kial do vi nomus min Naomi, konsiderante, ke la Eternulo atestis kontraŭ mi kaj la Plejpotenculo afliktis min?22 Tiel Naomi revenis, kaj kun ŝi ankaŭ Rut, la Moabidino, ŝia bofilino, kiu revenis el la lando de Moab; kaj ili venis en Bet-Leĥemon je la komenco de la rikolto de hordeo.
1 En in die dae toe die rigters geregeer het, was daar hongersnood in die land; daarom het 'n man uit Betlehem-Juda weggetrek om as vreemdeling te vertoef in die veld van Moab, hy en sy vrou en sy twee seuns.2 En die naam van die man was Elim,leg en die naam van sy vrou Naomi en die naam van sy twee seuns Maglon en Giljon, Efratiete, uit Betlehem-Juda, en hulle het gekom in die veld van Moab en daar gebly.3 En Elim,leg, die man van Naomi, het gesterwe, maar sy met haar twee seuns het oorgebly.4 En hulle het vir hulle Moabitiese vroue geneem; die naam van die een was Orpa en die naam van die ander Rut; en hulle het daar omtrent tien jaar gebly.5 En toe Maglon en Giljon altwee sterwe, en die vrou sonder haar twee seuns en haar man oorbly,6 het sy haar gereedgemaak met haar skoondogters en teruggegaan uit die veld van Moab, want sy het in die veld van Moab gehoor dat die HERE op sy volk ag gegee het deur aan hulle brood te gee.7 So het sy dan haar woonplek verlaat en haar twee skoondogters saam met haar. Maar toe hulle op pad was om na die land Juda terug te gaan,8 sê Naomi aan haar twee skoondogters: Gaan heen, draai om, elkeen na die huis van haar moeder; mag die HERE aan julle guns bewys soos julle aan die dode en aan my bewys het.9 Mag die HERE gee dat julle 'n rusplek vind, elkeen in die huis van haar man; en sy het hulle gesoen. Maar hulle het hul stem verhef en geween10 en aan haar gesê: Nee, ons wil saam met u teruggaan na u volk.11 Maar Naomi sê: Draai om, my dogters! Waarom sou julle met my saamgaan? Het ek nog seuns in my liggaam, dat hulle julle mans kan word?12 Draai om, my dogters, gaan heen; want ek is te oud om 'n man te hê. Al sou ek sê: Ek het hoop! en nog vannag aan 'n man mag behoort en ook seuns baar --13 sou julle in die geval kan wag totdat hulle groot geword het? Sou julle in die geval julleself opsluit om nie aan 'n man te behoort nie? Ag nee, my dogters, want dit is vir my baie bitterder as vir julle dat die hand van die HERE teen my uitgestrek is.14 Toe verhef hulle hul stem en ween weer; en Orpa het haar skoonmoeder gesoen, maar Rut het haar aangehang.15 Daarop sê sy: Kyk, jou skoonsuster het omgedraai na haar volk en na haar gode toe; draai om agter jou skoonsuster aan!16 Maar Rut sê: Moenie by my aandring dat ek u moet verlaat om agter u om te draai nie; want waar u gaan, sal ek gaan; en waar u vertoef, sal ek vertoef; u volk is my volk, en u God is my God.17 Waar u sterwe, sal ek sterwe en daar begrawe word! Mag die HERE so aan my doen en so daaraan toedoen -- net die dood sal skeiding maak tussen my en u.18 Toe sy sien dat sy vas besluit het om met haar saam te gaan, het sy opgehou om met haar te spreek.19 En hulle twee het op pad gegaan totdat hulle in Betlehem gekom het. En toe hulle in Betlehem kom, het die hele stad oor hulle in opskudding geraak, en die vroue het gesê: Is dit Naomi?20 Toe antwoord sy hulle: Noem my nie Naomi nie: noem my Mara, want die Almagtige het my baie bitterheid aangedoen.21 Vol het ek weggetrek, maar leeg het die HERE my laat terugkom. Waarom sou julle my Naomi noem, terwyl die HERE teen my getuig het, en die Almagtige my kwaad aangedoen het?22 So het Naomi dan teruggekeer en Rut, die Moabitiese, haar skoondogter wat saam met haar uit die veld van Moab teruggekom het; en hulle het in Betlehem gekom in die begin van die gars-oes.