1 Paul, and Silvanus, and Timotheus, unto the church of the Thessalonians which is in God the Father and in the Lord Jesus Christ: Grace be unto you, and peace, from God our Father, and the Lord Jesus Christ. 2 We give thanks to God always for you all, making mention of you in our prayers; 3 Remembering without ceasing your work of faith, and labour of love, and patience of hope in our Lord Jesus Christ, in the sight of God and our Father; 4 Knowing, brethren beloved, your election of God. 5 For our gospel came not unto you in word only, but also in power, and in the Holy Ghost, and in much assurance; as ye know what manner of men we were among you for your sake. 6 And ye became followers of us, and of the Lord, having received the word in much affliction, with joy of the Holy Ghost: 7 So that ye were ensamples to all that believe in Macedonia and Achaia. 8 For from you sounded out the word of the Lord not only in Macedonia and Achaia, but also in every place your faith to God-ward is spread abroad; so that we need not to speak any thing. 9 For they themselves shew of us what manner of entering in we had unto you, and how ye turned to God from idols to serve the living and true God; 10 And to wait for his Son from heaven, whom he raised from the dead, even Jesus, which delivered us from the wrath to come.
1 Paulus en Silv nus en TimotheÂs aan die gemeente van die Thessalonicense wat in God die Vader en die Here Jesus Christus is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
2 Ons dank God altyd oor julle almal as ons aan julle dink in ons gebede
3 en onophoudelik in gedagte hou die werk van julle geloof en die arbeid van julle liefde en die lydsaamheid van julle hoop op onse Here Jesus Christus, voor onse God en Vader,
4 omdat ons weet van julle verkiesing, broeders wat deur God bemin word.
5 Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid, soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het.
6 En julle het navolgers van ons geword en van die Here deurdat julle die woord in baie verdrukking ontvang het met die blydskap van die Heilige Gees,
7 sodat julle voorbeelde geword het vir al die gelowiges in Macedonië en Ach je.
8 Want van julle uit het die woord van die Here weerklink nie alleen in Macedonië en Ach je nie, maar ook op elke plek het julle geloof in God uitgegaan, sodat ons nie nodig het om daar iets van te sê nie.
9 Want hulle vertel self aangaande ons watter ingang ons by julle gehad het en hoe julle jul van die afgode bekeer het tot God, om die lewende en waaragtige God te dien
10 en sy Seun uit die hemele te verwag, wat Hy uit die dode opgewek het, Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos.