Publicidade

2 Samuel 1

AFR53

1 Now it came to pass after the death of Saul, when David was returned from the slaughter of the Amalekites, and David had abode two days in Ziklag; 2 It came even to pass on the third day, that, behold, a man came out of the camp from Saul with his clothes rent, and earth upon his head: and so it was, when he came to David, that he fell to the earth, and did obeisance. 3 And David said unto him, From whence comest thou? And he said unto him, Out of the camp of Israel am I escaped. 4 And David said unto him, How went the matter? I pray thee, tell me. And he answered, That the people are fled from the battle, and many of the people also are fallen and dead; and Saul and Jonathan his son are dead also.1.4 How…: Heb. What was, etc 5 And David said unto the young man that told him, How knowest thou that Saul and Jonathan his son be dead? 6 And the young man that told him said, As I happened by chance upon mount Gilboa, behold, Saul leaned upon his spear; and, lo, the chariots and horsemen followed hard after him. 7 And when he looked behind him, he saw me, and called unto me. And I answered, Here am I.1.7 Here…: Heb. Behold me 8 And he said unto me, Who art thou? And I answered him, I am an Amalekite. 9 He said unto me again, Stand, I pray thee, upon me, and slay me: for anguish is come upon me, because my life is yet whole in me.1.9 anguish…: or, my coat of mail (or, my embroidered coat) hindereth me, that my, etc 10 So I stood upon him, and slew him, because I was sure that he could not live after that he was fallen: and I took the crown that was upon his head, and the bracelet that was on his arm, and have brought them hither unto my lord.

11 Then David took hold on his clothes, and rent them; and likewise all the men that were with him: 12 And they mourned, and wept, and fasted until even, for Saul, and for Jonathan his son, and for the people of the LORD, and for the house of Israel; because they were fallen by the sword.

13 And David said unto the young man that told him, Whence art thou? And he answered, I am the son of a stranger, an Amalekite. 14 And David said unto him, How wast thou not afraid to stretch forth thine hand to destroy the LORD’s anointed? 15 And David called one of the young men, and said, Go near, and fall upon him. And he smote him that he died. 16 And David said unto him, Thy blood be upon thy head; for thy mouth hath testified against thee, saying, I have slain the LORD’s anointed.

17 And David lamented with this lamentation over Saul and over Jonathan his son: 18 (Also he bade them teach the children of Judah the use of the bow: behold, it is written in the book of Jasher.)1.18 of Jasher: or, of the upright 19 The beauty of Israel is slain upon thy high places: how are the mighty fallen! 20 Tell it not in Gath, publish it not in the streets of Askelon; lest the daughters of the Philistines rejoice, lest the daughters of the uncircumcised triumph. 21 Ye mountains of Gilboa, let there be no dew, neither let there be rain, upon you, nor fields of offerings: for there the shield of the mighty is vilely cast away, the shield of Saul, as though he had not been anointed with oil. 22 From the blood of the slain, from the fat of the mighty, the bow of Jonathan turned not back, and the sword of Saul returned not empty. 23 Saul and Jonathan were lovely and pleasant in their lives, and in their death they were not divided: they were swifter than eagles, they were stronger than lions.1.23 pleasant: or, sweet 24 Ye daughters of Israel, weep over Saul, who clothed you in scarlet, with other delights, who put on ornaments of gold upon your apparel. 25 How are the mighty fallen in the midst of the battle! O Jonathan, thou wast slain in thine high places. 26 I am distressed for thee, my brother Jonathan: very pleasant hast thou been unto me: thy love to me was wonderful, passing the love of women. 27 How are the mighty fallen, and the weapons of war perished!

Domínio Público. Esta tradução bíblica de domínio público é trazida a você por cortesia de eBible.org.

Dawid ontvang berig van die dood van Saul.

1 EN die dood van Saul, toe Dawid terug was van die verslaan van die Amalekiete en Dawid twee dae in Siklag gebly het,

2 kom daar op die derde dag 'n man uit die leër, van Saul af, met geskeurde klere en grond op sy hoof. En toe hy by Dawid kom, val hy op die grond en buig hom neer.

3 En Dawid vir hom: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord hom: Ek het ontvlug uit die leër van Israel.

4 Verder Dawid vir hom: Wat het gebeur? Vertel my tog. Toe antwoord hy: Die manskappe het uit die geveg gevlug, en baie van die manskappe het ook geval en gesterwe; ja, ook Saul en sy seun Jónatan is dood.

5 En Dawid vra die jongman wat hom die boodskap gebring het: Hoe weet jy dat Saul en sy seun Jónatan dood is?

6 Daarop die jongman wat hom die boodskap gebring het: Ek was bygeval op die gebergte Gilbóa, en kyk, Saul het op sy spies geleun, terwyl die strydwaens en perderuiters hom agternasit;

7 en hy het agter hom omgekyk en my gesien en my geroep, en ek het gesê: Hier is ek.

8 Toe vra hy my: Wie is jy? En ek antwoord hom: Ek is 'n Amalekiet.

9 Daarop hy vir my: Kom staan tog by my en maak my van kant, omdat 'n duiseling my bevang het; want my lewe is nog heeltemal in my.

10 En ek het by hom gaan staan en hom van kant gemaak, want ek het geweet dat hy sy val nie sou leef nie; en ek het die kroon wat op sy hoof en die armband wat om sy arm was, geneem en dit hier na my heer gebring.

11 Toe gryp Dawid sy klere en skeur dit; net so al die manne wat by hom was.

12 En hulle het gerouklaag en geween en gevas tot die aand toe oor Saul en oor sy seun Jónatan en oor die volk van die Here en oor die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard geval het.

13 Verder Dawid aan die jongman wat hom die boodskap gebring het: Waar kom jy vandaan? En hy antwoord: Ek is die seun van 'n vreemde man, 'n Amalekiet.

14 En Dawid vir hom: Hoe? Jy was nie bevrees om jou hand uit te steek om die gesalfde van die Here om te bring nie?

15 Daarop roep Dawid een van die jongmanne en : Kom nader, val op hom aan! En dié het hom neergeslaan, dat hy gesterf het.

16 En Dawid het vir hom gesê: Jou bloed is op jou hoof, want jou mond getuig teen jou, omdat jy : Ek het die gesalfde van die Here gedood.

Klaaglied van Dawid oor Saul en Jónatan.

17 TOE het Dawid hierdie klaaglied aangehef oor Saul en oor sy seun Jónatan,

18 en hy het beveel om die kinders van Juda die Booglied te leer; kyk, dit is geskrywe in die Boek van die Opregte.

19 Die sieraad, o Israel op jou hoogtes dit verslaan. Hoe het die helde geval!

20 Vertel dit nie in Gat, verkondig dit nie op die strate van Áskelon nie, sodat die dogters van die Filistyne hulle nie verheug, die dogters van die onbesnedenes nie jubel nie!

21 Berge van Gilbóa, mag op julle geen dou en geen reën en geen velde van offergawes wees nie! Want daar is die skild van die helde weggegooi, die skild van Saul, sonder dat dit met olie gesalf is.

22 Sonder die bloed van die gesneuweldes, sonder die vet van die helde het die boog van Jónatan nie agteruitgewyk en die swaard van Saul nie leeg teruggekeer nie.

23 Saul en Jónatan, die bemindes en lieflikes, is in hulle lewe en in hulle dood nie geskeie nie. Vinniger as arende was hulle, sterker as leeus.

24 Dogters van Israel, ween oor Saul, wat julle weelderig beklee het met skarlaken, wat goue versiersels aangebring het op julle gewaad.

25 Hoe het die helde geval diep in die geveg! Jónatan verslaan op jou hoogtes.

26 Ek is benoud om jou ontwil, my broer Jónatan! Jy was vir my baie lieflik; jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van vroue.

27 Hoe het die helde geval en die oorlogswapens verlore gegaan!

Veja também

Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-05_12-11-46-