10 ja rukoili Herraa mieli murheellisena, itki katkerasti

12 Ja kun hän kauan rukoili Herran edessä, tarkkasi Eeli hänen suutansa,

13 sillä Hanna puhui sydämessänsä ja ainoastaan hänen huulensa liikkuivat, mutta ääntä häneltä ei kuulunut; niin Eeli luuli, että hän oli juovuksissa.

10 En bitter bedroef het sy tot die HERE gebid en bitterlik geween;

11 en sy het 'n gelofte gedoen en gesê: HERE van die leërskare, as U waarlik die ellende van u diensmaagd aansien en aan my dink en u diensmaagd nie vergeet nie, maar u diensmaagd 'n manlike kind skenk, dan sal ek hom aan die HERE gee al die dae van sy lewe; en geen skeermes sal op sy hoof kom nie.

12 En toe sy lank gebid het voor die aangesig van die HERE en Eli op haar mond ag gee --

13 want Hanna het in haar hart gespreek: net haar lippe het geroer, maar haar stem kon nie gehoor word nie -- het Eli gedink dat sy dronk was.

14 En Eli sê vir haar: Hoe lank wil jy jou soos 'n dronk mens gedra? Sit jou wyn van jou af weg.

15 Maar Hanna antwoord en sê: Nee, my heer, ek is 'n vrou beswaard in my gemoed: wyn of sterk drank het ek nie gedrink nie, maar ek het my siel voor die aangesig van die HERE uitgestort.

16 Hou tog nie u dienares vir 'n deugniet nie, want vanweë my baie sorge en verdriet het ek tot nou toe gespreek.

17 En Eli antwoord en sê: Gaan in vrede, en mag die God van Israel jou bede gee wat jy van Hom gebid het.

18 Daarop sê sy: Mag u dienares guns in u oë vind. Die vrou het toe daar weggegaan, en sy het geëet en haar aangesig was anders.