1 Raamataim-Soofimissa, Efraimin vuoristossa, oli mies, nimeltä Elkana, Jerohamin poika, joka oli Elihun poika, joka Toohun poika, joka Suufin poika, efratilainen.
2 Hänellä oli kaksi vaimoa; toisen nimi oli Hanna, ja toisen nimi oli Peninna. Ja Peninnalla oli lapsia, mutta Hanna oli lapseton.
3 Tämä mies meni joka vuosi kaupungistansa Siiloon rukoilemaan Herraa Sebaotia ja uhraamaan hänelle. Ja siellä oli kaksi Eelin poikaa, Hofni ja Piinehas, Herran pappeina.
4 Niin Elkana eräänä päivänä uhrasi. Ja hänellä oli tapana antaa vaimollensa Peninnalle ja kaikille tämän pojille ja tyttärille määräosat.
5 Mutta Hannalle hän antoi kahdenkertaisen osan, sillä hän rakasti Hannaa, vaikka Herra oli sulkenut hänen kohtunsa.
6 Ja hänen kilpailijattarensa kiusasi häntä kiusaamistaan suututtaaksensa häntä, koska Herra oli sulkenut hänen kohtunsa.
7 Ja näin tapahtui joka vuosi, niin usein kuin hän meni Herran huoneeseen. Niinpä Peninna nytkin kiusasi häntä, ja hän itki eikä syönyt mitään.
9 Kun he sitten olivat syöneet ja juoneet Siilossa ja pappi Eeli istui istuimellaan Herran temppelin ovenpielessä, nousi Hanna
10 ja rukoili Herraa mieli murheellisena, itki katkerasti
12 Ja kun hän kauan rukoili Herran edessä, tarkkasi Eeli hänen suutansa,
13 sillä Hanna puhui sydämessänsä ja ainoastaan hänen huulensa liikkuivat, mutta ääntä häneltä ei kuulunut; niin Eeli luuli, että hän oli juovuksissa.
19 Varhain seuraavana aamuna he nousivat ja kumartaen rukoilivat Herran edessä; sitten he palasivat ja tulivat kotiinsa Raamaan. Ja Elkana yhtyi vaimoonsa Hannaan, ja Herra muisti tätä.
21 Sitten se mies, Elkana, ja koko hänen perheensä lähti uhraamaan Herralle jokavuotista teurasuhria ja lupausuhriaan,
24 Mutta kun hän oli hänet vieroittanut, vei hän hänet kanssansa ottaen mukaansa kolme härkää, yhden eefa-mitan jauhoja ja leilin viiniä; niin hän toi hänet Herran huoneeseen Siiloon. Mutta poika oli vielä pieni.
25 Ja teurastettuaan härän he toivat pojan Eelin tykö.
27 Tätä poikaa minä rukoilin; Herra antoi minulle, mitä häneltä pyysin.
1 Daar was 'n sekere man uit Ramat im, 'n Sufiet, uit die gebergte van Efraim, en sy naam was Âlkana, die seun van Jeroham, die seun van El¡hu, die seun van Tohu, die seun van Suf, 'n Efratiet.
2 En hy het twee vroue gehad; die naam van die een was Hanna, en die naam van die tweede was Peninna; en Peninna het kinders gehad, maar Hanna het geen kinders gehad nie.
3 En die man het van jaar tot jaar opgegaan uit sy stad om te aanbid en aan die HERE van die leërskare te offer in Silo, waar die twee seuns van Eli, Hofni en P¡nehas, priesters van die HERE was.
4 En op 'n dag het Âlkana geoffer en aan sy vrou Peninna en al haar seuns en haar dogters dele van die offervleis gegee;
5 maar aan Hanna het hy 'n dubbele deel gegee; want hy het Hanna liefgehad; maar die HERE het haar moederskoot toegesluit.
6 En haar mededingster het haar ook bitterlik geterg om haar te vertoorn, omdat die HERE haar moederskoot toegesluit het.
7 So het hy gedoen van jaar tot jaar, telkens as sy opgaan in die huis van die HERE. So het sy haar geterg, dat sy geween het en nie wou eet nie.
8 En haar man Âlkana sê vir haar: Hanna, waarom ween jy? en waarom eet jy nie? en waarom is jou hart bedroef? Is ek vir jou nie beter as tien seuns nie?
9 Toe staan Hanna op nadat hulle geëet en nadat hulle gedrink het in Silo, terwyl die priester Eli op die stoel sit by die deurpos van die tempel van die HERE.
10 En bitter bedroef het sy tot die HERE gebid en bitterlik geween;
11 en sy het 'n gelofte gedoen en gesê: HERE van die leërskare, as U waarlik die ellende van u diensmaagd aansien en aan my dink en u diensmaagd nie vergeet nie, maar u diensmaagd 'n manlike kind skenk, dan sal ek hom aan die HERE gee al die dae van sy lewe; en geen skeermes sal op sy hoof kom nie.
12 En toe sy lank gebid het voor die aangesig van die HERE en Eli op haar mond ag gee --
13 want Hanna het in haar hart gespreek: net haar lippe het geroer, maar haar stem kon nie gehoor word nie -- het Eli gedink dat sy dronk was.
14 En Eli sê vir haar: Hoe lank wil jy jou soos 'n dronk mens gedra? Sit jou wyn van jou af weg.
15 Maar Hanna antwoord en sê: Nee, my heer, ek is 'n vrou beswaard in my gemoed: wyn of sterk drank het ek nie gedrink nie, maar ek het my siel voor die aangesig van die HERE uitgestort.
16 Hou tog nie u dienares vir 'n deugniet nie, want vanweë my baie sorge en verdriet het ek tot nou toe gespreek.
17 En Eli antwoord en sê: Gaan in vrede, en mag die God van Israel jou bede gee wat jy van Hom gebid het.
18 Daarop sê sy: Mag u dienares guns in u oë vind. Die vrou het toe daar weggegaan, en sy het geëet en haar aangesig was anders.
19 Toe het hulle die môre vroeg klaargemaak en voor die aangesig van die HERE aanbid en teruggegaan en by hulle huis in Rama gekom; en Âlkana het sy vrou Hanna beken, en die HERE het aan haar gedink.
20 En by die wisseling van die jaar het Hanna, wat swanger was, 'n seun gebaar en hom Samuel genoem; want, het sy gesê, ek het hom van die HERE gebid.
21 Toe die man Âlkana dan met sy hele huisgesin opgaan om aan die HERE die jaarlikse offer en sy gelofte-offer te bring,
22 het Hanna nie opgegaan nie; maar sy het aan haar man gesê: Eers wanneer die seun gespeen is, sal ek hom bring, dat hy kan verskyn voor die aangesig van die HERE en daar vir altyd bly.
23 En haar man Âlkana het aan haar gesê: Doen wat goed is in jou oë, bly totdat jy hom gespeen het; mag die HERE net sy woord bevestig. Die vrou het toe gebly en haar seun gesoog totdat sy hom gespeen het.
24 En sodra sy hom gespeen het, het sy hom met haar saam gebring, met drie bulle en 'n efa meel en 'n sak wyn, en sy het hom gebring in die huis van die HERE in Silo. En die seun was nog jonk.
25 En hulle het die bul geslag en die seun by Eli gebring;
26 en sy het gesê: Ag, my heer, so waar as u siel leef, my heer, ek is die vrou wat hier by u gestaan het om tot die HERE te bid.
27 Om hierdie seun het ek gebid, en die HERE het my bede aan my gegee wat ek van Hom gebid het.
28 So staan ek hom dan ook af aan die HERE al die dae wat hy leef; hy is aan die HERE afgestaan. En hy het die HERE daar aanbid.