1 Israelin kuninkaan Jooaan, Jooahaan pojan, toisena hallitusvuotena tuli Amasja, Jooaan poika, Juudan kuninkaaksi.

2 Hän oli kahdenkymmenen viiden vuoden vanha tullessaan kuninkaaksi, ja hän hallitsi Jerusalemissa kaksikymmentä yhdeksän vuotta. Hänen äitinsä oli nimeltään Jooaddin, Jerusalemista.

3 Hän teki sitä, mikä on oikein Herran silmissä, ei kuitenkaan niinkuin hänen isänsä Daavid. Kaikessa hän teki, niinkuin hänen isänsä Jooas oli tehnyt.

4 Kuitenkaan eivät uhrikukkulat hävinneet, vaan kansa uhrasi ja suitsutti yhä edelleen uhrikukkuloilla.

5 Ja kun kuninkuus oli vahvistunut hänen käsissään, surmautti hän ne palvelijansa, jotka olivat murhanneet kuninkaan, hänen isänsä.

7 Hän voitti edomilaiset Suolalaaksossa, kymmenentuhatta miestä, ja valloitti Seelan asevoimalla ja antoi sille nimen Jokteel, joka sillä tänäkin päivänä on.

11 Mutta Amasja ei totellut. Niin Jooas, Israelin kuningas, lähti liikkeelle, ja he, hän ja Amasja, Juudan kuningas, ottelivat keskenään Beet-Semeksessä, joka on Juudan aluetta.

12 Ja israelilaiset voittivat Juudan miehet, ja nämä pakenivat kukin majallensa.

13 Ja Jooas, Israelin kuningas, otti Juudan kuninkaan Amasjan, Jooaan pojan, Ahasjan pojanpojan, Beet-Semeksessä vangiksi. Kun hän tuli Jerusalemiin, revitti hän Jerusalemin muuria Efraimin portista Kulmaporttiin saakka, neljäsataa kyynärää.

14 Ja hän otti kaiken kullan ja hopean sekä kaikki kalut, mitä Herran temppelissä ja kuninkaan linnan aarrekammioissa oli, ynnä panttivankeja, ja palasi Samariaan.

15 Mitä muuta on kerrottavaa Jooaasta, siitä, mitä hän teki, ja hänen urotöistään, kuinka hän soti Amasjaa, Juudan kuningasta, vastaan, se on kirjoitettuna Israelin kuningasten aikakirjassa.

16 Ja Jooas meni lepoon isiensä tykö, ja hänet haudattiin Samariaan Israelin kuningasten viereen. Ja hänen poikansa Jerobeam tuli kuninkaaksi hänen sijaansa.

17 Mutta Juudan kuningas Amasja, Jooaan poika, eli Israelin kuninkaan Jooaan, Jooahaan pojan, kuoleman jälkeen viisitoista vuotta.

18 Mitä muuta on kerrottavaa Amasjasta, se on kirjoitettuna Juudan kuningasten aikakirjassa.

19 Ja häntä vastaan tehtiin Jerusalemissa salaliitto. Hän pakeni Laakiiseen, mutta Laakiiseen lähetettiin miehiä hänen jälkeensä, ja ne surmasivat hänet siellä.

20 Hänet nostettiin hevosten selkään ja haudattiin Jerusalemiin isiensä viereen Daavidin kaupunkiin.

21 Mutta koko Juudan kansa otti Asarjan, joka oli kuudentoista vuoden vanha, ja teki hänet kuninkaaksi hänen isänsä Amasjan sijaan.

22 Hän linnoitti Eelatin ja palautti sen Juudalle, sittenkuin kuningas oli mennyt lepoon isiensä tykö.

23 Juudan kuninkaan Amasjan, Jooaan pojan, viidentenätoista hallitusvuotena tuli Jerobeam, Jooaan poika, Israelin kuninkaaksi, ja hän hallitsi Samariassa neljäkymmentä yksi vuotta.

24 Hän teki sitä, mikä on pahaa Herran silmissä; hän ei luopunut mistään Jerobeamin, Nebatin pojan, synneistä, joilla tämä oli saattanut Israelin tekemään syntiä.

25 Hän palautti entiselleen Israelin alueen, siitä, mistä mennään Hamatiin, aina Aromaan mereen saakka, sen sanan mukaan, jonka Herra, Israelin Jumala, oli puhunut palvelijansa, profeetta Joonan, Amittain pojan, kautta, joka oli kotoisin Gat-Heeferistä.

26 Sillä Herra oli nähnyt Israelin ylen katkeran kurjuuden, kuinka kaikki tyynni menehtyivät eikä Israelilla ollut auttajaa.

27 Herra ei ollut vielä sanonut, että hän oli pyyhkivä Israelin nimen pois taivaan alta, ja niin hän vapautti heidät Jerobeamin, Jooaan pojan, kautta.

28 Mitä muuta on kerrottavaa Jerobeamista, kaikesta, mitä hän teki, ja hänen urotöistänsä, kuinka hän kävi sotaa ja kuinka hän palautti Israelille Damaskosta ja Hamatista sen, mikä oli ollut Juudan, se on kirjoitettuna Israelin kuningasten aikakirjassa.

29 Ja Jerobeam meni lepoon isiensä, Israelin kuningasten, tykö. Ja hänen poikansa Sakarja tuli kuninkaaksi hänen sijaansa.

1 In die tweede jaar van Joas, die seun van Joahas, die koning van Israel, het Am sia, die seun van Joas, die koning van Juda, koning geword.

2 Vyf en twintig jaar was hy oud toe hy koning geword het; en nege en twintig jaar het hy in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Jo ddan van Jerusalem.

3 En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, hoewel nie soos sy vader Dawid nie; net soos sy vader Joas gedoen het, het hy gedoen.

4 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie: die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan.

5 En sodra die koningskap in sy hand bevestig was, het hy sy dienaars, die moordenaars van sy vader, die koning, omgebring.

6 Maar die kinders van die moordenaars het hy nie laat doodmaak nie, soos geskrywe is in die wetboek van Moses, waar die HERE dit beveel het: Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; maar elkeen moet vir sy eie sonde sterwe.

7 Hy het die Edomiete in die Soutdal verslaan, tien duisend man, en Sela in die oorlog verower en dit Jokteël genoem, tot vandag toe.

8 Toe stuur Am sia boodskappers na Joas, die seun van Joahas, die seun van Jehu, die koning van Israel, om te sê: Kom, laat ons mekaar se aangesig sien.

9 Maar Joas, die koning van Israel, het Am sia, die koning van Juda, d¡t laat weet: Die distel wat op die L¡banon is, het die seder wat op die L¡banon is, laat weet: Gee jou dogter aan my seun as vrou! Maar die diere van die veld wat op die L¡banon is, het verbygegaan en die distel vertrap.

10 U het inderdaad die Edomiete verslaan, daarom is u hart hoogmoedig; geniet die eer en bly tuis. Waarom wil u u tog in die ongeluk stort, dat u sou val, u en Juda saam met u?

11 Maar Am sia het nie geluister nie. Toe trek Joas, die koning van Israel, op; en hy en Am sia, die koning van Juda, het mekaar se aangesig gesien by Bet-Semes wat aan Juda behoort.

12 En Juda is voor Israel verslaan, en hulle het gevlug elkeen na sy tente toe.

13 En Joas, die koning van Israel, het Am sia, die koning van Juda, die seun van Joas, die seun van Ah sia, by Bet-Semes gevang; en hy het in Jerusalem gekom en vier honderd el van die muur van Jerusalem afgebreek, van die Efraimspoort af tot by die Hoekpoort.

14 En hy het al die goud en die silwer geneem, en al die voorwerpe wat in die huis van die HERE en in die skatkamers van die huis van die koning te vinde was, en ook die gyselaars, en omgedraai na Samar¡a.

15 En die verdere geskiedenis van Joas, wat hy gedoen het, en sy magtige dade en hoe hy teen Am sia, die koning van Juda, geveg het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

16 En Joas het ontslaap met sy vaders en is begrawe in Samar¡a by die konings van Israel; en sy seun Jerobeam het in sy plek koning geword.

17 En Am sia, die seun van Joas, die koning van Juda, het n die dood van Joas, die seun van Joahas, die koning van Israel, vyftien jaar gelewe.

18 En die verdere geskiedenis van Am sia, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

19 En hulle het 'n sameswering in Jerusalem teen hom gesmee, sodat hy na Lagis gevlug het; maar hulle het agter hom aan gestuur na Lagis en hom daar gedood.

20 En hulle het hom op perde vervoer, en hy is begrawe in Jerusalem by sy vaders in die stad van Dawid.

21 En die hele volk van Juda het As rja geneem, wat toe sestien jaar oud was, en hom koning gemaak in die plek van sy vader Am sia.

22 Hy het Elat gebou en weer aan Juda teruggebring, nadat die koning met sy vaders ontslaap het.

23 In die vyftiende jaar van Am sia, die seun van Joas, die koning van Juda, het Jerobeam, die seun van Joas, die koning van Israel, in Samar¡a koning geword -- een en veertig jaar lank.

24 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, hy het nie afgewyk van al die sondes van Jerobeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.

25 Hy het die grondgebied van Israel herower van die ingang na Hamat af tot by die see van die Vlakte, volgens die woord van die HERE, die God van Israel, wat Hy gespreek het deur die diens van sy dienskneg Jona, die seun van Am¡ttai, die profeet, wat uit Gat-Hefer was.

26 Want die HERE het gesien dat die ellende van Israel baie bitter was en dit met almal sonder uitsondering gedaan was en Israel geen helper gehad het nie.

27 En die HERE het nog nie gespreek dat Hy die naam van Israel onder die hemel sou uitdelg nie; daarom het Hy hulle verlos deur Jerobeam, die seun van Joas.

28 En die verdere geskiedenis van Jerobeam en alles wat hy gedoen het, en sy magtige dade, hoe hy geveg en hoe hy Damaskus en Hamat van Juda aan Israel teruggebring het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

29 En Jerobeam het ontslaap met sy vaders, met die konings van Israel, en sy seun Sagar¡a het in sy plek koning geword.