1 Siihen aikaan Merodak-Baladan, Baladanin poika, Baabelin kuningas, lähetti kirjeen ja lahjoja Hiskialle, kun oli kuullut hänen olleen sairaana ja parantuneen.
2 Ja Hiskia iloitsi lähettiläistä ja näytti heille varastohuoneensa, hopean ja kullan, hajuaineet ja kalliin öljyn ja koko asehuoneensa ja kaikki, mitä hänen aarrekammioissansa oli. Ei ollut mitään Hiskian talossa eikä koko hänen valtakunnassaan, mitä hän ei olisi heille näyttänyt.
6 Katso, päivät tulevat, jolloin kaikki, mitä sinun talossasi on ja mitä sinun isäsi ovat koonneet tähän päivään asti, viedään pois Baabeliin; ei mitään jää jäljelle, sanoo Herra.
1 In die tyd het Merodag B ladan, die seun van B ladan, die koning van Babel, 'n brief en 'n geskenk aan Hisk¡a gestuur; want hy het gehoor dat hy siek was en gesond geword het.
2 En Hisk¡a was bly oor hulle en het hulle sy skathuis laat sien, die silwer en die goud en die speserye en die kosbare olie en sy hele wapenhuis en alles wat te vinde was in sy skatkamers; daar was niks in sy huis of in sy hele ryk wat Hisk¡a hulle nie laat sien het nie.
3 Toe kom die profeet Jesaja na koning Hisk¡a en sê vir hom: Wat het hierdie manne gesê en waarvandaan het hulle na u gekom? En Hisk¡a antwoord: Uit 'n ver land het hulle na my gekom, uit Babel.
4 En hy sê: Wat het hulle in u huis gesien? En Hisk¡a antwoord: Hulle het alles gesien wat in my huis is; daar is niks in my skatkamers wat ek hulle nie laat sien het nie.
5 Toe sê Jesaja vir Hisk¡a: Hoor die woord van die HERE van die leërskare:
6 Kyk, daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders opgehoop het tot vandag toe, na Babel weggevoer sal word; daar sal niks oorbly nie, sê die HERE.
7 En van jou seuns wat uit jou sal voortkom, wat jy sal verwek, sal hulle neem, dat hulle hofdienaars word in die paleis van die koning van Babel.
8 Toe sê Hisk¡a vir Jesaja: Die woord van die HERE wat u gespreek het, is goed. Ook sê hy: Daar sal tog vrede en bestendigheid wees in my dae!