1 Mutta viikon ensimmäisenä päivänä Maria Magdaleena meni varhain, kun vielä oli pimeä, haudalle ja näki kiven otetuksi pois haudan suulta.
3 Niin Pietari ja se toinen opetuslapsi lähtivät ja menivät haudalle.
4 Ja he juoksivat molemmat yhdessä; mutta se toinen opetuslapsi juoksi edellä, nopeammin kuin Pietari, ja saapui ensin haudalle.
5 Ja kun hän kurkisti sisään, näki hän käärinliinat siellä; kuitenkaan hän ei mennyt sisälle.
6 Niin Simon Pietarikin tuli hänen perässään ja meni sisälle hautaan ja näki käärinliinat siellä
7 ja hikiliinan, joka oli ollut hänen päässään, ei pantuna yhteen käärinliinojen kanssa, vaan toiseen paikkaan erikseen kokoonkäärittynä.
8 Silloin toinenkin opetuslapsi, joka ensimmäisenä oli tullut haudalle, meni sisään ja näki ja uskoi.
9 Sillä he eivät vielä ymmärtäneet Raamattua, että hän oli kuolleista nouseva.
10 Niin opetuslapset menivät takaisin kotiinsa.
11 Mutta Maria seisoi haudan edessä ulkopuolella ja itki. Kun hän näin itki, kurkisti hän hautaan
12 ja näki kaksi enkeliä valkeissa vaatteissa istuvan, toisen pääpuolessa ja toisen jalkapuolessa, siinä, missä Jeesuksen ruumis oli maannut.
14 Tämän sanottuaan hän kääntyi taaksepäin ja näki Jeesuksen siinä seisovan, eikä tiennyt, että se oli Jeesus.
18 Maria Magdaleena meni ja ilmoitti opetuslapsille, että hän oli nähnyt Herran ja että Herra oli hänelle näin sanonut.
20 Ja sen sanottuaan hän näytti heille kätensä ja kylkensä. Niin opetuslapset iloitsivat nähdessään Herran.
24 Mutta Tuomas, jota sanottiin Didymukseksi, yksi niistä kahdestatoista, ei ollut heidän kanssansa, kun Jeesus tuli.
30 Paljon muitakin tunnustekoja, joita ei ole kirjoitettu tähän kirjaan, Jeesus teki opetuslastensa nähden;
31 mutta nämä ovat kirjoitetut, että te uskoisitte, että Jeesus on Kristus, Jumalan Poika, ja että teillä uskon kautta olisi elämä hänen nimessänsä.
1 En op die eerste dag van die week kom Maria Magdal,na vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf weggeneem was.
2 Sy hardloop toe en kom by Simon Petrus en by die ander dissipel vir wie Jesus liefgehad het, en sê vir hulle: Hulle het die Here uit die graf weggeneem, en ons weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.
3 Toe gaan Petrus en die ander dissipel uit en kom by die graf.
4 En die twee het saam gehardloop, en die ander dissipel het vooruit gehardloop, vinniger as Petrus, en eerste by die graf gekom.
5 En terwyl hy neerbuk, sien hy die doeke lê; maar hy het nie ingegaan nie.
6 Toe kom Simon Petrus agter hom aan en gaan in die graf en sien die doeke lê;
7 en die doek wat op sy hoof was, sien hy nie by die doeke lê nie, maar opgerol op een plek afsonderlik.
8 Daarop het ook die ander dissipel wat eerste by die graf gekom het, ingegaan, en hy het gesien en geglo.
9 Want hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Hy uit die dode moes opstaan nie.
10 En die dissipels het weer huis toe gegaan.
11 Maar Maria het buitekant by die graf gestaan en ween; en terwyl sy ween, buk sy na die graf toe
12 en sien twee engele daar sit met wit klere aan, een by die hoof en een by die voete waar die liggaam van Jesus gelê het.
13 En hulle sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Sy antwoord hulle: Omdat hulle my Here weggeneem het, en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.
14 En toe sy dit gesê het, draai sy haar om agtertoe en sien Jesus staan, en sy het nie geweet dat dit Jesus was nie.
15 Jesus sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy? Sy het gedink dat dit die tuinier was en antwoord hom: Meneer, as u Hom weggedra het, sê vir my waar u Hom neergelê het, en ek sal Hom wegneem.
16 Jesus sê vir haar: Maria! Sy draai haar om en sê vir Hom: Rabboeni! dit beteken Meester.
17 Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.
18 Maria Magdal,na het aan die dissipels gaan vertel dat sy die Here gesien het en dat Hy dit vir haar gesê het.
19 En toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure waar die dissipels vergader het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Jesus gekom en in hul midde gestaan en aan hulle gesê: Vrede vir julle!
20 En nadat Hy dit gesê het, wys Hy hulle sy hande en sy sy. En die dissipels was bly toe hulle die Here sien.
21 Jesus sê toe weer vir hulle: Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.
22 En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.
23 As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou.
24 En Thomas wat genoem word D¡dimus, een van die twaalf, was nie saam met hulle toe Jesus gekom het nie.
25 Die ander dissipels sê toe vir hom: Ons het die Here gesien! Maar hy het vir hulle gesê: As ek nie in sy hande die merk van die spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.
26 En agt dae daarna was sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle. En Jesus het gekom terwyl die deure gesluit was, en het in hul midde gestaan en gesê: Vrede vir julle!
27 Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig.
28 En Thomas antwoord en sê vir Hom: My Here en my God!
29 Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het.
30 Nog baie ander tekens het Jesus voor sy dissipels gedoen wat in hierdie boek nie beskrywe is nie;
31 maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy Naam.