1 Kun Adonisedek, Jerusalemin kuningas, kuuli, että Joosua oli valloittanut Ain ja vihkinyt sen tuhon omaksi, tehden Aille ja sen kuninkaalle, niinkuin oli tehnyt Jerikolle ja sen kuninkaalle, ja että Gibeonin asukkaat olivat tehneet rauhan Israelin kanssa ja jääneet heidän keskuuteensa,
2 niin he peljästyivät suuresti, sillä Gibeon oli suuri kaupunki, niinkuin joku kuninkaankaupunki, ja suurempi kuin Ai, ja kaikki sen miehet olivat urhoollisia.
3 Ja Adonisedek, Jerusalemin kuningas, lähetti sanan Hoohamille, Hebronin kuninkaalle, Piramille, Jarmutin kuninkaalle, Jaafialle, Laakiin kuninkaalle, ja Debirille, Eglonin kuninkaalle:
5 Niin nuo viisi amorilaisten kuningasta, Jerusalemin kuningas, Hebronin kuningas, Jarmutin kuningas, Laakiin kuningas ja Eglonin kuningas, kokoontuivat ja lähtivät liikkeelle kaikkine joukkoineen; ja he asettuivat leiriin Gibeonin edustalle ja ryhtyivät taisteluun sitä vastaan.
7 Niin Joosua lähti Gilgalista, hän ja kaikki sotaväki hänen kanssaan ja kaikki sotaurhot.
9 Niin Joosua yllätti heidät, kuljettuaan kaiken yötä Gilgalista.
10 Ja Herra saattoi heidät hämminkiin israelilaisten edessä, niin että nämä tuottivat heille suuren tappion Gibeonissa ja ajoivat heitä takaa Beet-Hooronin solatietä, surmaten heitä aina Asekaan ja Makkedaan asti.
11 Ja kun he paetessaan Israelia olivat Beet-Hooronin rinteessä, heitti Herra taivaasta heidän päällensä isoja kiviä, koko matkan Asekaan asti, niin että he kuolivat; niitä, jotka kuolivat raekivistä, oli useampia kuin niitä, jotka israelilaiset surmasivat miekalla.
14 Eikä ole ollut sen päivän vertaista, ei ennen eikä jälkeen, jona Herra näin kuuli ihmisen ääntä; sillä Herra soti Israelin puolesta.
15 Sen jälkeen Joosua ja koko Israel hänen kanssaan palasi Gilgalin leiriin.
16 Mutta nuo viisi kuningasta pakenivat ja piiloutuivat Makkedan luolaan.
20 Kun sitten Joosua ja israelilaiset olivat tuottaneet heille hyvin suuren, perinpohjaisen tappion ja ne harvat, jotka olivat pelastuneet, olivat päässeet varustettuihin kaupunkeihin,
21 niin koko kansa palasi vahingoittumatonna takaisin Joosuan luo leiriin Makkedaan, eikä kukaan uskaltanut enää hiiskua sanaakaan israelilaisia vastaan.
23 Ja he tekivät niin ja toivat hänen eteensä ne viisi kuningasta luolasta: Jerusalemin kuninkaan, Hebronin kuninkaan, Jarmutin kuninkaan, Laakiin kuninkaan ja Eglonin kuninkaan.
26 Sen jälkeen Joosua löi heidät kuoliaaksi ja ripusti heidät viiteen hirsipuuhun. Ja he riippuivat hirressä iltaan asti.
27 Mutta auringonlaskun aikaan Joosua käski ottaa heidät alas hirrestä ja heittää luolaan, johon he olivat piiloutuneet. Ja he panivat luolan suulle isoja kiviä, jotka ovat siinä vielä tänäkin päivänä.
28 Samana päivänä Joosua valloitti Makkedan ja surmasi miekan terällä sen asukkaat ja sen kuninkaan; hän vihki tuhon omiksi heidät ja jokaisen, joka siellä oli, päästämättä pakoon ainoatakaan. Ja hän teki Makkedan kuninkaalle, niinkuin oli tehnyt Jerikon kuninkaalle.
29 Sitten Joosua ja koko Israel hänen kanssaan lähti Makkedasta Libnaan ja ryhtyi taisteluun Libnaa vastaan.
30 Ja Herra antoi senkin ja sen kuninkaan Israelin käsiin. Ja Joosua surmasi miekan terällä sen asukkaat, jokaisen, joka siellä oli, päästämättä sieltä pakoon ainoatakaan; ja hän teki sen kuninkaalle saman, minkä oli tehnyt Jerikon kuninkaalle.
31 Sitten Joosua ja koko Israel hänen kanssaan lähti Libnasta Laakiiseen ja asettui leiriin sen edustalle ja ryhtyi taisteluun sitä vastaan.
32 Ja Herra antoi Laakiin Israelin käsiin, niin että hän valloitti sen toisena päivänä; ja hän surmasi miekan terällä sen asukkaat, jokaisen, joka siellä oli, samoin kuin oli tehnyt Libnalle.
33 Silloin Hooram, Geserin kuningas, tuli auttamaan Laakista; mutta Joosua voitti hänet ja hänen väkensä, päästämättä pakoon ainoatakaan heistä.
34 Ja Laakiista Joosua ja koko Israel hänen kanssaan lähti Egloniin, ja he asettuivat leiriin sen edustalle ja ryhtyivät taisteluun sitä vastaan.
35 Ja he valloittivat sen samana päivänä ja surmasivat miekan terällä sen asukkaat, ja hän vihki sinä päivänä tuhon omaksi jokaisen, joka siellä oli, samoin kuin oli tehnyt Laakiille.
36 Sen jälkeen Joosua ja koko Israel hänen kanssaan lähti Eglonista Hebroniin, ja he ryhtyivät taisteluun sitä vastaan.
37 Ja he valloittivat sen ja surmasivat miekan terällä sen asukkaat ja sen kuninkaan, ja samoin kaikki sen alaiset kaupungit ja jokaisen, joka siellä oli, päästämättä pakoon ainoatakaan, samoin kuin hän oli tehnyt Eglonille. Hän vihki tuhon omaksi sen ja jokaisen, joka siellä oli.
38 Sitten Joosua ja koko Israel hänen kanssaan kääntyi Debiriin ja ryhtyi taisteluun sitä vastaan.
39 Ja hän sai valtaansa sen ja sen kuninkaan ja kaikki sen alaiset kaupungit, ja he surmasivat miekan terällä niiden asukkaat ja vihkivät tuhon omaksi jokaisen, joka siellä oli, päästämättä pakoon ainoatakaan. Hän teki Debirille ja sen kuninkaalle saman, minkä oli tehnyt Hebronille ja minkä oli tehnyt Libnalle ja sen kuninkaalle.
40 Sitten Joosua valtasi koko maan, Vuoriston, Etelämaan, Alankomaan ja Rinnemaat, ja surmasi kaikki niiden kuninkaat, päästämättä pakoon ainoatakaan, ja vihki tuhon omaksi joka hengen, niinkuin Herra, Israelin Jumala, oli käskenyt.
41 Ja Joosua valtasi heidän alueensa Kaades-Barneasta Gassaan saakka ja koko Goosenin maakunnan Gibeoniin saakka.
42 Kaikki nämä kuninkaat ja heidän maansa Joosua sai valtaansa yhdellä otteella; sillä Herra, Israelin Jumala, soti Israelin puolesta.
43 Sitten Joosua ja koko Israel hänen kanssaan palasi Gilgalin leiriin.
1 En toe Adoni-Sedek, die koning van Jerusalem, hoor dat Josua Ai ingeneem en dit met die banvloek getref het -- soos hy met J,rigo en sy koning gedoen het, so het hy met Ai en sy koning gedoen -- en dat die inwoners van G¡beon vrede gesluit het met Israel en in hulle midde was,
2 het hulle baie bevrees geword, omdat G¡beon 'n groot stad was, soos een van die koningstede, en omdat hy groter as Ai en al sy manne helde was.
3 Adoni-Sedek, die koning van Jerusalem, stuur toe na Hoham, die koning van Hebron, en na P¡ream, die koning van Jarmut, en na J fia, die koning van Lagis, en na Debir, die koning van Eglon, om te sê:
4 Trek na my toe op en help my, dat ons G¡beon kan verslaan, omdat hy met Josua en met die kinders van Israel vrede gesluit het.
5 So het dan die vyf Amoritiese konings vergader en opgetrek: die koning van Jerusalem, die koning van Hebron, die koning van Jarmut, die koning van Lagis, die koning van Eglon, hulle en al hul leërmagte; en hulle het G¡beon beleër en daarteen geveg.
6 Maar die manne van G¡beon het na Josua gestuur, in die laer van Gilgal, om te sê: Trek u hande nie af van u dienaars nie, kom gou op na ons toe en verlos ons en help ons; want al die konings van die Amoriete wat die Gebergte bewoon, het hulle teen ons verenig.
7 Daarop het Josua opgetrek uit Gilgal, hy en al die weerbare manskappe en al die dapper helde met hom saam.
8 En die HERE het aan Josua gesê: Wees nie bevrees vir hulle nie, want Ek gee hulle in jou hand; niemand van hulle sal voor jou standhou nie.
9 Toe Josua hulle skielik oorval -- hy het die hele nag deur van Gilgal af opgetrek --
10 het die HERE hulle in verwarring gebring voor Israel, en hy het 'n groot slag onder hulle geslaan by G¡beon en hulle agtervolg op pad na die hoogte van Bet-Horon en hulle verslaan tot by As,ka en tot by Makk,da.
11 En toe hulle voor Israel uit vlug terwyl hulle op die afdraand van Bet-Horon was, het die HERE groot haelstene uit die hemel op hulle gewerp tot by As,ka, sodat hulle gesterf het; daar het meer gesterf deur die haelstene as wat die kinders van Israel met die swaard doodgeslaan het.
12 Toe het Josua met die HERE gespreek, op die dag dat die HERE die Amoriete aan die kinders van Israel oorgegee het, en voor die oë van Israel gesê: Son, staan stil in G¡beon, en maan, in die dal van Ajalon!
13 Toe staan die son stil en bly die maan staan totdat die volk hulle gewreek het op hul vyande. Staan dit nie geskrywe in die Boek van die Opregte nie? En die son het bly staan in die middel van die hemel en het hom nie gehaas om onder te gaan nie, omtrent 'n volle dag.
14 En daar was geen dag soos hierdie een, voor hom en n hom, dat die HERE na die stem van 'n man geluister het nie; want die HERE het vir Israel gestry.
15 Daarop het Josua, en die hele Israel met hom saam, na die laer van Gilgal teruggekeer.
16 Maar daardie vyf konings het gevlug en weggekruip in die spelonk by Makk,da.
17 Toe aan Josua geboodskap en gesê is: Die vyf konings is gevind: hulle kruip weg in die spelonk by Makk,da --
18 het Josua gesê: Rol groot klippe teen die ingang van die spelonk en stel manne daarby aan om hulle te bewaak.
19 Maar julle, moenie bly staan nie; jaag julle vyande agterna en sny hulle agterhoede af; laat hulle nie toe om in hul stede in te kom nie, want die HERE julle God gee hulle in julle hand.
20 En toe Josua en die kinders van Israel hulle heeltemal verslaan het met 'n baie groot slag totdat hulle vernietig was, en enkele uit hulle vrygeraak en in die versterkte stede ingegaan het,
21 het al die manskappe by die laer, by Josua behoue teruggekom in Makk,da; niemand het teen die kinders van Israel sy tong verroer nie.
22 Daarop sê Josua: Maak oop die ingang van die spelonk en bring hierdie vyf konings uit die spelonk uit na my toe.
23 Hulle het so gedoen en die vyf konings uit die spelonk na hom gebring: die koning van Jerusalem, die koning van Hebron, die koning van Jarmut, die koning van Lagis, die koning van Eglon.
24 En toe hulle die konings uitgebring het na Josua, roep Josua al die manne van Israel en sê aan die aanvoerders van die krygsmanne wat met hom saam getrek het: Kom nader, sit julle voete op die nekke van hierdie konings; en hulle het nader gekom en hul voete op hulle nekke gesit.
25 En Josua sê vir hulle: Wees nie bevrees of verskrik nie; wees sterk en vol moed, want so sal die HERE met al julle vyande doen teen wie julle sal veg.
26 En daarna het Josua hulle neergeslaan en hulle gedood en hulle aan vyf pale opgehang; en hulle het aan die pale bly hang tot die aand toe.
27 En teen sonsondergang het Josua bevel gegee om hulle van die pale af te haal en in die spelonk te gooi waarin hulle weggekruip het; en hulle het groot klippe voor die ingang van die spelonk gepak, wat vandag nog daar is.
28 Daardie dag het Josua ook Makk,da ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan; en sy koning, die stad self en al die siele wat daarin was, het hy met die banvloek getref sonder iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; en met die koning van Makk,da het hy gedoen net soos met die koning van J,rigo.
29 Toe trek Josua oor en die hele Israel met hom saam van Makk,da na Libna om met Libna oorlog te voer.
30 En die HERE het dit ook met sy koning in die hand van Israel gegee, en hy het dit verslaan met die skerpte van die swaard en al die siele wat daarin was; hy het niemand daarin laat vryraak nie; en hy het met sy koning gedoen net soos met die koning van J,rigo.
31 Toe trek Josua oor en die hele Israel met hom saam van Libna na Lagis om dit te beleër en daarteen te veg.
32 En die HERE het Lagis in die hand van Israel gegee, sodat hy dit ingeneem het op die tweede dag en dit met al die siele wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan het net soos hy met Libna gedoen het.
33 Toe trek Horam, die koning van Geser, op om Lagis te help; maar Josua het hom en sy volk verslaan totdat daar niemand van hom was wat vrygeraak het nie.
34 Daarop trek Josua oor en die hele Israel met hom saam van Lagis na Eglon om dit te beleër en daarteen te veg.
35 En hulle het dit ingeneem op dieselfde dag en dit verslaan met die skerpte van die swaard; en al die siele wat daarin was, het hy op dieselfde dag met die banvloek getref net soos hy met Lagis gedoen het.
36 Toe trek Josua op en die hele Israel met hom saam van Eglon na Hebron om daarteen te veg.
37 En hulle het dit ingeneem en dit met sy koning en al sy stede en al die siele wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan sonder om iemand te laat oorbly wat vrygeraak het, net soos hy met Eglon gedoen het: hy het dit met al die siele wat daarin was, met die banvloek getref.
38 Daarop draai Josua weg en die hele Israel met hom saam na Debir om daarteen te veg.
39 En hy het dit geneem met sy koning en al sy stede; en hulle het hulle met die skerpte van die swaard verslaan en al die siele wat daarin was, met die banvloek getref sonder om iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; soos hy met Hebron gedoen het, so het hy met Debir en sy koning gedoen, en soos hy met Libna en sy koning gedoen het.
40 So het Josua dan die hele land verslaan, die Gebergte en die Suidland en die Laeveld en die Hange met al hulle konings sonder om iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; en alles wat asemhaal, het hy met die banvloek getref, soos die HERE, die God van Israel, beveel het.
41 En Josua het hulle verslaan van Kades-Barn,a af tot by Gasa, en die hele land Gosen tot by G¡beon.
42 En al hierdie konings met hulle land het Josua in een slag geneem, omdat die HERE, die God van Israel, vir Israel gestry het.
43 Daarna het Josua en die hele Israel met hom saam na die laer van Gilgal teruggegaan.