1 Kun Bileam näki, että Israelin siunaaminen oli Herralle otollista, ei hän enää mennyt niinkuin aina ennen ennusmerkkejä etsimään, vaan käänsi kasvonsa erämaahan.
2 Ja kun Bileam nosti silmänsä ja näki Israelin leiriytyneenä heimokunnittain, niin Jumalan Henki tuli häneen.
4 Näin puhuu hän, joka kuulee Jumalan puheen, joka näkee Kaikkivaltiaan näkyjä, joka lankeaa loveen ja jonka silmät avataan.
5 Kuinka ihanat ovat sinun majasi, Jaakob, sinun asuinsijasi, Israel!
6 Niinkuin laajat purolaaksot, niinkuin puutarhat virran varrella, niinkuin aloepuut, Herran istuttamat, niinkuin setripuut vesien vierillä!
7 Vettä läikkyy sen vesisangoista, ja sen laihot saavat runsaasti vettä. Agagia mahtavampi on sen kuningas, ylhäinen sen kuningasvalta.
8 Jumala vei sen pois Egyptistä; sen sarvet ovat kuin villihärän. Se syö suuhunsa viholliskansat, heidän luunsa se murskaa ja lävistää heidät nuolillansa.
13 'Vaikka Baalak antaisi minulle talonsa täyden hopeata ja kultaa, en sittenkään voisi rikkoa Herran käskyä, en tehdä mitään oman mieleni mukaan, en hyvää, en pahaa'. Minkä Herra puhuu, sen minäkin puhun.
16 Näin puhuu hän, joka kuulee Jumalan puheen ja saa tietonsa Korkeimmalta, joka näkee Kaikkivaltiaan näkyjä, joka lankeaa loveen ja jonka silmät avataan:
17 Minä näen hänet, en kuitenkaan nyt, minä katselen häntä, en kuitenkaan läheltä. Tähti nousee Jaakobista, ja valtikka kohoaa Israelista. Se ruhjoo Mooabilta ohimot, päälaen kaikilta Seetin pojilta.
18 Ja Edomista tulee alusmaa, Seir joutuu vihollistensa omaksi; mutta Israel tekee väkeviä tekoja.
25 Senjälkeen Bileam nousi, lähti matkaan ja palasi kotiinsa; ja myöskin Baalak lähti tiehensä.
1 Toe B¡leam sien dat dit goed was in die oë van die HERE om Israel te seën, het hy hom nie soos die vorige kere tot towery gewend nie, maar sy gesig na die woestyn gedraai.
2 Toe B¡leam sy oë opslaan en Israel sien soos hy volgens sy stamme in die laer staan, het die Gees van God op hom gekom.
3 En hy het sy spreuk aangehef en gesê: B¡leam, die seun van Beor, spreek, en die man met geopende oog spreek.
4 Die hoorder van die woorde van God spreek, hy wat die gesigte van die Almagtige sien, wat neerval en geopende oë het.
5 Hoe mooi is jou tente, o Jakob, jou wonings, o Israel!
6 Soos dale met waterlope wat hulle ver uitstrek, soos tuine by 'n rivier, soos alewees wat die HERE geplant het, soos seders by die water.
7 Water vloei uit sy emmers, en sy saad is by baie waters. En laat sy koning hoër wees as Agag, en sy koninkryk hom verhef!
8 God wat hom uit Egipte uitgelei het, is vir hom soos die horings van 'n buffel; hy sal nasies, sy vyande, verteer en hulle gebeente stukkend breek en met sy pyle verbrysel.
9 Hy buig hom, hy gaan lê soos 'n leeu en soos 'n leeuin: wie sal hom opjaag? Geseënd is hulle wat jou seën, en vervloek is hulle wat jou vervloek!
10 Toe het Balak baie kwaad geword vir B¡leam en sy hande saamgeslaan, en Balak het aan B¡leam gesê: Ek het jou laat roep om my vyande te vloek, en kyk, jy het nou al drie maal net geseën!
11 Trek dan nou gou na jou woonplek! Ek het gesê dat ek jou hoog sal vereer; maar kyk, die HERE het jou van verering teruggehou.
12 Toe het B¡leam vir Balak gesê: Het ek nie alreeds met jou boodskappers wat jy na my gestuur het, gespreek en gesê nie:
13 Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan die bevel van die HERE nie oortree om goed of kwaad uit my eie hart te doen nie; wat die HERE spreek, dit sal ek spreek.
14 En nou, kyk, ek gaan na my volk toe. Kom, ek sal jou inligting gee, wat hierdie volk jou volk sal aandoen aan die einde van die dae.
15 Toe het hy sy spreuk aangehef en gesê: B¡leam, die seun van Beor, spreek, en die man met geopende oog spreek.
16 Die hoorder van die woorde van God spreek, en hy wat die wetenskap van die Allerhoogste ken, wat die gesigte van die Almagtige sien wat neerval en geopende oë het.
17 Ek sien hom, maar nie nou nie, ek aanskou hom, maar nie naby nie: 'n ster kom te voorskyn uit Jakob, en 'n septer kom uit Israel op, en hy verbrysel die slape van die hoof van Moab en werp al die oorlogsugtiges omver.
18 Ook sal Edom 'n besitting wees; en Se‹r, sy vyande, sal 'n besitting wees, maar Israel neem toe in krag.
19 En laat daar een uit Jakob heers en die vrygeraaktes uit die stede vernietig.
20 Toe hy Amalek sien, het hy sy spreuk aangehef en gesê: Amalek is die eersteling van die heidene, maar sy einde is ondergang.
21 Toe hy die Keniete sien, het hy sy spreuk aangehef en gesê: Jou woonplek is vas, en jou nes is gebou op die rots.
22 Ewenwel sal Kain tot verwoesting wees. Hoe lank nog? Assur sal jou as gevangene wegvoer.
23 Verder het hy sy spreuk aangehef en gesê: Wee, wie sal lewe as God d¡t beskik?
24 En skepe kom van die kant van die Kittiërs af, en hulle verneder Assur en hulle verneder Heber; en hy is ook tot ondergang bestem.
25 Toe het B¡leam hom klaargemaak en weggetrek en na sy woonplek teruggekeer. En Balak het ook sy koers gegaan.