1 After this, I saw four angels standing at the four corners of the earth, holding the four winds of the earth, so that no wind would blow on the earth, or on the sea, or on any tree. 2 I saw another angel ascend from the sunrise, having the seal of the living God. He cried with a loud voice to the four angels to whom it was given to harm the earth and the sea, 3 saying, "Don’t harm the earth, the sea, or the trees, until we have sealed the bondservants of our God on their foreheads!" 4 I heard the number of those who were sealed, one hundred forty-four thousand, sealed out of every tribe of the children of Israel:
5 of the tribe of Judah twelve thousand were sealed,
of the tribe of Reuben twelve thousand,
of the tribe of Gad twelve thousand,
6 of the tribe of Asher twelve thousand,
of the tribe of Naphtali twelve thousand,
of the tribe of Manasseh twelve thousand,
7 of the tribe of Simeon twelve thousand,
of the tribe of Levi twelve thousand,
of the tribe of Issachar twelve thousand,
8 of the tribe of Zebulun twelve thousand,
of the tribe of Joseph twelve thousand, and
of the tribe of Benjamin twelve thousand were sealed.
9 After these things I looked, and behold, a great multitude which no man could count, out of every nation and of all tribes, peoples, and languages, standing before the throne and before the Lamb, dressed in white robes, with palm branches in their hands. 10 They cried with a loud voice, saying, "Salvation be to our God, who sits on the throne, and to the Lamb!"
11 All the angels were standing around the throne, the elders, and the four living creatures; and they fell on their faces before his throne, and worshiped God, 12 saying, "Amen! Blessing, glory, wisdom, thanksgiving, honor, power, and might, be to our God forever and ever! Amen."
13 One of the elders answered, saying to me, "These who are arrayed in the white robes, who are they, and where did they come from?"
14 I told him, "My lord, you know."
He said to me, "These are those who came out of the great suffering.They washed their robes and made them white in the Lamb’s blood. 15 Therefore they are before the throne of God, and they serve him day and night in his temple. He who sits on the throne will spread his tabernacle over them. 16 They will never be hungry or thirsty any more. The sun won’t beat on them, nor any heat; 17 for the Lamb who is in the middle of the throne shepherds them and leads them to springs of life-giving waters. And God will wipe away every tear from their eyes."
1 En n hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie.
2 En ek het 'n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met 'n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig
3 en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie.
4 En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd vier en veertig duisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel
5 uit die stam van Juda twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Ruben twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Gad twaalf duisend verseëldes;
6 uit die stam van Aser twaalf duisend verseëldes; uit die stam van N ftali twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Manasse twaalf duisend verseëldes;
7 uit die stam van S¡meon twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Levi twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Issaskar twaalf duisend verseëldes;
8 uit die stam van S,bulon twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Josef twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Benjamin twaalf duisend verseëldes.
9 N hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was 'n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;
10 en hulle het met 'n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam!
11 En al die engele het rondom die troon en die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan, en hulle het voor die troon op hulle aangesig neergeval en God aanbid en gesê:
12 Amen! Die lof en die heerlikheid en die wysheid en die danksegging en die eer en die krag en die sterkte aan onse God tot in alle ewigheid! Amen.
13 Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?
14 En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.
15 Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan.
16 Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie;
17 want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee.