1 Remind them to be in subjection to rulers and to authorities, to be obedient, to be ready for every good work, 2 to speak evil of no one, not to be contentious, to be gentle, showing all humility toward all men. 3 For we were also once foolish, disobedient, deceived, serving various lusts and pleasures, living in malice and envy, hateful, and hating one another. 4 But when the kindness of God our Savior and his love toward mankind appeared, 5 not by works of righteousness which we did ourselves, but according to his mercy, he saved us through the washing of regeneration and renewing by the Holy Spirit, 6 whom he poured out on us richly through Jesus Christ our Savior; 7 that being justified by his grace, we might be made heirs according to the hope of eternal life. 8 This saying is faithful, and concerning these things I desire that you insist confidently, so that those who have believed God may be careful to maintain good works. These things are good and profitable to men; 9 but shun foolish questionings, genealogies, strife, and disputes about the law; for they are unprofitable and vain. 10 Avoid a factious man after a first and second warning, 11 knowing that such a one is perverted and sinful, being self-condemned.

12 When I send Artemas to you, or Tychicus, be diligent to come to me to Nicopolis, for I have determined to winter there. 13 Send Zenas the lawyer and Apollos on their journey speedily, that nothing may be lacking for them. 14 Let our people also learn to maintain good works to meet necessary needs, that they may not be unfruitful.

15 All who are with me greet you. Greet those who love us in faith.

Grace be with you all. Amen.

1 Herinner hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk;

2 om niemand te belaster nie, nie strydlustig te wees nie, vriendelik te wees en aan alle mense alle sagmoedigheid te bewys.

3 Want ons was ook vroeër onverstandig, ongehoorsaam, op 'n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat.

4 Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het --

5 nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees

6 wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser;

7 sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.

8 Dit is 'n betroubare woord, en ek wil hê dat jy hierdie dinge beslis bevestig, sodat die wat in God glo, sorg kan dra om goeie werke voor te staan; d¡t is wat goed en nuttig is vir die mense.

9 Maar vermy dwase strydvrae en geslagsregisters en twis en stryery oor die wet, want dit is nutteloos en doelloos.

10 Aan 'n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek n die eerste en tweede vermaning,

11 wetende dat so iemand op 'n verkeerde pad is en sonde doen en selfveroordeeld staan.

12 Wanneer ek Artemas of T¡chikus na jou stuur, doen dan jou bes om na my te kom in Nikopolis, want ek het besluit om daar te oorwinter.

13 Jy moet Senas, die wetgeleerde, en Apollos ywerig voorthelp, sodat dit hulle aan niks ontbreek nie.

14 Ons mense moet ook leer om vir die noodsaaklike behoeftes goeie werke voor te staan, sodat hulle nie onvrugbaar mag wees nie.

15 Almal wat saam met my is, groet jou. Groet die wat vir ons liefhet in die geloof. Die genade sy met julle almal! Amen.