Língua
A língua tem poder de vida e de morte. A Bíblia compara a língua ao leme de um navio e à faísca que incendeia uma floresta. Dominar a língua é prova de maturidade espiritual.
O poder da língua
A morte e a vida estão no poder da língua. Quem a domina é varão perfeito, capaz de controlar todo o corpo.
21 Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.
2 Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.
3 Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaam daarmee.4 Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur 'n baie klein roer net waarheen die stuurman wil.5 Net so is die tong ook 'n klein lid en beroem hom op groot dinge -- kyk hoe 'n groot hoop hout steek 'n klein vuurtjie aan die brand.6 Die tong is ook 'n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so 'n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.
7 Want elke soort natuur van wilde diere en voëls en kruipende sowel as seediere word getem en is getem deur die menslike natuur.8 Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is 'n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif.
9 Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.10 Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.11 'n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?12 'n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of 'n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.
Palavras sábias
A língua branda quebra até ossos. A palavra certa no tempo certo é como maçãs de ouro em salvas de prata.
15 Deur lankmoedigheid word 'n vors oorgehaal, en 'n sagte tong verbreek die gebeente.
18 Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing.
19 'n Betroubare lip bestaan vir altyd, maar 'n valse tong vir 'n oomblik.
19 By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.
28 Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig.
Disciplinar a fala
Quem guarda a boca e a língua guarda a sua alma de angústias. A religião sem controle da língua é vã.
26 As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.
1 Vir die musiekleier; vir Jedutun. 'n Psalm van Dawid.
12 Lamed. Kom, kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van die HERE leer.13 Mem. Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die goeie te sien?
30 Pe. Die mond van die regverdige verkondig wysheid, en sy tong spreek wat reg is.31 Die wet van sy God is in sy hart; sy gange sal nie wankel nie.
28 En my tong sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.
4 Want daar is nog geen woord op my tong nie -- of U, HERE, U ken dit geheel en al.
2 o HERE, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong!
3 Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig.4 Mag die HERE al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat,
9 Gou sou ek vir my 'n skuilplek soek teen die onstuimige wind, teen die storm.
Toda língua confessará
Ao nome de Jesus todo joelho se dobrará e toda língua confessará que Jesus Cristo é Senhor, para glória de Deus Pai.
9 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee wat bo elke naam is,10 sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is,11 en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
1 Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek 'n klinkende metaal of 'n luidende simbaal geword.
36 Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.37 Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word.
5 Toe daal die HERE neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het.6 En die HERE sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.7 Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.8 So het die HERE hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou.9 Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die HERE die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die HERE hulle oor die hele aarde verstrooi.