1 Ouvi esta palavra,
vós, vacas de Basã,
que estais no monte de Samaria,
que oprimis aos pobres,
que esmagais os necessitados,
que dizeis a vossos senhores:
Dai cá, e bebamos.
2 Jurou o Senhor Deus,
pela sua santidade,
que dias estão para vir
sobre vós,
em que vos levarão
com ganchos
e a vossos descendentes
com anzóis de pesca.
3 E saireis pelas brechas,
uma após outra,
e sereis lançadas para Harmom,
disse o Senhor.
4 Vinde a Betel, e transgredi;
a Gilgal, e multiplicai
as transgressões;
e cada manhã trazei
os vossos sacrifícios,
e os vossos dízimos
de três em três dias.
5 E oferecei o sacrifício de louvores
do que é levedado,
e apregoai as ofertas voluntárias,
publicai-as;
porque disso gostais,
ó filhos de Israel,
disse o Senhor Deus.
6 Por isso também vos dei
limpeza de dentes
em todas as vossas cidades,
e falta de pão
em todos os vossos lugares;
contudo não vos convertestes
a mim,
disse o Senhor.
7 Além disso, retive de vós a chuva
quando ainda faltavam três meses
para a ceifa;
e fiz que chovesse
sobre uma cidade,
e não chovesse sobre a outra cidade;
sobre um campo choveu,
mas o outro, sobre o qual
não choveu, secou-se.
8 E andaram errantes duas
ou três cidades,
indo a outra cidade
para beberem água,
mas não se saciaram;
contudo não vos convertestes
a mim,
disse o Senhor.
9 Feri-vos com queimadura,
e com ferrugem;
a multidão das vossas hortas,
e das vossas vinhas,
e das vossas figueiras,
e das vossas oliveiras,
comeu a locusta;
contudo não vos convertestes
a mim,
disse o Senhor.
10 Enviei a peste contra vós,
à maneira do Egito;
os vossos jovens matei à espada,
e os vossos cavalos
deixei levar presos,
e o mau cheiro dos vossos arraiais
fiz subir às vossas narinas;
contudo não vos convertestes
a mim,
disse o Senhor.
11 Subverti a alguns dentre vós,
como Deus subverteu
a Sodoma e Gomorra,
e vós fostes como um tição
arrebatado do incêndio;
contudo não vos convertestes
a mim,
disse o Senhor.
12 Portanto, assim te farei,
ó Israel!
E porque isso te farei,
prepara-te, ó Israel,
para te encontrares
com o teu Deus.
13 Porque eis aqui o que forma
os montes, e cria o vento,
e declara ao homem
qual seja o seu pensamento,
o que faz da manhã trevas,
e pisa os altos da terra;
o Senhor, o Deus dos Exércitos,
é o seu nome.
Almeida Corrigida Fiel | acf ©️ 1994, 1995, 2007, 2011 Sociedade Bíblica Trinitariana do Brasil (SBTB). Todos os direitos reservados. Texto bíblico utilizado com autorização. Saiba mais sobre a SBTB. A Missão da SBTB é: Uma cópia da Bíblia Fiel ®️ para cada pessoa. Ajude-nos a cumprir nossa Missão!
1 HOOR hierdie woord, koeie van Basan, wat op die gebergte van Samaría is! Wat die armes verdruk, die behoeftiges hard behandel; wat aan hulle here sê: Bring aan en laat ons drink!
2 Die Here Here het gesweer by sy heiligheid: Kyk, daar sal dae oor julle kom dat hulle julle met hake sal optrek en die wat van julle oor is, met vishoeke.
3 En julle sal deur bresse in die muur uittrek, elkeen sonder om weg te kyk, en julle sal weggewerp word na Harmon, spreek die Here Here.
4 Kom na Bet-el, en sondig! Na Gilgal, sondig nog meer! En bring julle slagoffers in die môre en julle tiendes al om die derde dag.
5 En laat van wat gesuurd is, 'n lofoffer rook, en roep vrywillige offers uit, laat dit hoor! Want so is dit na julle sin, kinders van Israel, spreek die Here Here.
6 Alhoewel Ék julle reinheid van tande gegee het in al julle stede en broodsgebrek in al julle woonplekke — nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die Here.
7 Alhoewel Ék die reën van julle teruggehou het toe dit nog drie maande voor die oestyd was en op die een stad laat reën maar op die ander nie laat reën het nie, die een stuk land reën gekry het, maar die ander waarop geen reën geval het nie, verdor het;
8 en twee, drie stede na een stad geslinger het om water te drink sonder om die dors te les — nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die Here.
9 Ek het julle met brandkoring en met heuningdou swaar getref, baie van julle tuine en julle wingerde en julle vyebome en julle olyfbome het die sprinkaan verslind — nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die Here.
10 Ek het die pes onder julle gestuur, op die manier van Egipte; Ek het julle jongmanne met die swaard gedood saam met die wegvoering van julle perde; en Ek het die stank van julle laer laat opstyg, ja, tot in julle neus — nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die Here.
11 Ek het julle omgekeer soos God Sodom en Gomorra omgekeer het, sodat julle soos 'n stuk brandhout was wat uit die vuur geruk is — nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die Here.
12 Daarom sal Ek só met jou handel, o Israel; omdat Ek só met jou sal handel — maak jou klaar om jou God te ontmoet, o Israel!
13 Want kyk, Hy wat die berge formeer en die wind skep en aan die mens sy gedagte bekend maak, wat die dageraad duisternis maak, wat op die hoogtes van die aarde wandel, Here, God van die leërskare, is sy Naam!