1 O Senhor Deus assim me fez ver: E eis aqui um cesto de frutos do verão. 2 E disse: Que vês, Amós? E eu disse: Um cesto de frutos do verão. Então o Senhor me disse:
Chegou o fim sobre o meu povo
Israel;
nunca mais passarei por ele.
3 Mas os cânticos do templo
naquele dia serão gemidos,
diz o Senhor Deus;
multiplicar-se-ão os cadáveres;
em todos os lugares
serão lançados fora em silêncio.
4 Ouvi isto, vós que anelais
o abatimento do necessitado;
e destruís os miseráveis
da terra,
5 Dizendo: Quando passará
a lua nova,
para vendermos o grão,
e o sábado, para abrirmos
os celeiros de trigo,
diminuindo o efa,
e aumentando o siclo,
e procedendo dolosamente
com balanças enganosas,
6 Para comprarmos os pobres
por dinheiro,
e os necessitados
por um par de sapatos,
e para vendermos
o refugo do trigo?
7 Jurou o Senhor
pela glória de Jacó:
Eu não me esquecerei
de todas as suas obras
para sempre.
8 Por causa disto
não estremecerá a terra,
e não chorará todo aquele
que nela habita?
Certamente levantar-se-á toda ela
como o grande rio,
e será agitada, e baixará
como o rio do Egito.
9 E sucederá que, naquele dia,
diz o Senhor Deus,
farei que o sol se ponha
ao meio-dia,
e a terra se entenebreça
no dia claro.
10 E tornarei as vossas festas
em luto,
e todos os vossos cânticos
em lamentações;
e porei pano de saco
sobre todos os lombos,
e calva sobre toda cabeça;
e farei que isso seja
como luto por um filho único,
e o seu fim como dia
de amarguras.
11 Eis que vêm dias,
diz o Senhor Deus,
em que enviarei fome sobre a terra;
não fome de pão,
nem sede de água,
mas de ouvir as palavras
do Senhor.
12 E irão errantes
de um mar até outro mar,
e do norte até ao oriente;
correrão por toda a parte,
buscando a palavra do Senhor,
mas não a acharão.
13 Naquele dia as virgens formosas
e os jovens desmaiarão de sede.
14 Os que juram pela culpa
de Samaria, dizendo:
Vive o teu deus, ó Dã;
e vive o caminho de Berseba;
esses mesmos cairão,
e não se levantarão jamais.
Almeida Corrigida Fiel | acf ©️ 1994, 1995, 2007, 2011 Sociedade Bíblica Trinitariana do Brasil (SBTB). Todos os direitos reservados. Texto bíblico utilizado com autorização. Saiba mais sobre a SBTB. A Missão da SBTB é: Uma cópia da Bíblia Fiel ®️ para cada pessoa. Ajude-nos a cumprir nossa Missão!
1 DÍT het die Here Here my laat sien — kyk, daar was 'n mandjie met somervrugte.
2 En Hy sê: Wat sien jy, Amos? En ek antwoord: 'n Mandjie met somervrugte. Toe sê die Here vir my: Die einde het vir my volk Israel gekom; Ek sal hom verder nie meer verbygaan nie.
3 En die liedere van die paleis sal in dié dag weeklaag, spreek die Here Here: 'n menigte lyke; hulle gooi dit oral neer. Stilte!
4 Hoor dit, julle wat die behoeftige vertrap en daarop uit is om die ootmoediges van die land uit te roei,
5 deur te sê: Wanneer is die nuwemaan verby, sodat ons koring kan verkoop, en die sabbat, sodat ons die graanskuur kan oopsluit — om die efa te verklein en die sikkel te vergroot en bedrieglik te handel met 'n valse weegskaal;
6 om die armes vir geld te koop en die behoeftige vir 'n paar skoene; ook die afval van die koring sal ons verkoop.
7 Die Here het gesweer by die hoogheid van Jakob: Gewis, Ek sal in ewigheid nie een van hulle werke vergeet nie.
8 Moet hieroor die aarde nie bewe en elke inwoner daarvan nie treur nie? Ja, dit sal oprys in sy geheel soos die Nyl en onstuimig opkook en wegsak soos die rivier van Egipte.
9 En in dié dag, spreek die Here Here, laat Ek die son op die middag ondergaan en vir die aarde die lig duister word terwyl dit nog dag is.
10 En Ek verander julle feeste in rou en al julle liedere in klaagsang, en Ek bring op alle lendene 'n roukleed en op alle hoofde kaalheid. En Ek maak dit soos by die rou oor 'n enigste kind en die einde daarvan soos 'n bittere dag.
11 Kyk, daar kom dae, spreek die Here Here, dat Ek 'n honger in die land stuur, nie 'n honger na brood nie en nie 'n dors na water nie, maar om die woorde van die Here te hoor.
12 En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos, om na die woord van die Here te soek, maar hulle sal dit nie vind nie.
13 In dié dag sal die mooi jongedogters en die jongmanne van dors beswyk —
14 hulle wat sweer by die skuld van Samaría, en ook sê: So waar as jou god leef, o Dan! en: So waar as die weg van Berséba leef! En hulle sal val en nie weer opstaan nie.