1 En Dawid het in Nob gekom by die priester Ahim,leg; en Ahim,leg het Dawid bewend tegemoetgegaan en hom gevra: Waarom is u alleen, en is daar niemand by u nie?

2 En Dawid sê aan die priester Ahim,leg: Die koning het my 'n opdrag gegee en aan my gesê: Laat geen mens iets van die saak weet waarvoor ek jou stuur en wat ek jou opdra nie. Daarom het ek die dienaars 'n sekere plek aangewys.

3 Maar nou, wat is hier by u? Gee vyf brode in my hand, of wat beskikbaar is.

4 En die priester het Dawid geantwoord en gesê: Hier is geen gewone brood by my nie; hier is net heilige brood. As die dienaars hulle maar net vir vroue in ag geneem het.

5 Toe antwoord Dawid die priester en sê vir hom: Sekerlik is die vroue aan ons onthou soos altyd wanneer ek uittrek. Dus is die uitrustings van die dienaars heilig, alhoewel dit 'n ongewyde onderneming is -- hoeveel te meer as hulle vandag deur die uitrusting geheilig word!

6 Toe gee die priester hom die heilige brood, want daar was geen ander brood nie, behalwe die toonbrode wat voor die aangesig van die HERE weggeneem word, om vars brood neer te sit op die dag as dit weggeneem word.

7 Maar daar was 'n man uit die dienaars van Saul wat dieselfde dag opgesluit was voor die aangesig van die HERE, en sy naam was Doëg, die Edomiet, die opsigter oor die veewagters van Saul.

8 En Dawid sê vir Ahim,leg: Is hier nie 'n spies of 'n swaard by u nie? Want ek het my swaard sowel as my wapens nie met my saamgeneem nie, omdat die opdrag van die koning dringend was.

9 Toe sê die priester: Die swaard van Goliat, die Filistyn, wat u in die dal van die terpentynboom verslaan het, hier is dit in 'n mantel toegedraai, agter die skouerkleed; as u dit vir u wil neem, neem dit, want behalwe dit is hier geen ander nie. Toe sê Dawid: Daar is nie nog so een nie, gee dit aan my.

10 En Dawid het hom klaargemaak en die dag van Saul af weggevlug en by Agis, die koning van Gat, gekom.

11 Maar die dienaars van Agis het hom gevra: Is dit nie Dawid, die koning van die land nie? Het hulle nie vir hom in die koordanse gesing nie en gesê: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tien duisende?

12 En Dawid het hierdie woorde ter harte geneem en baie bevrees geword vir Agis, die koning van Gat.

13 Daarom het hy hom voor hulle oë kranksinnig aangestel en hom mal gehou onder hulle hand en op die deure van die poort gekrap en sy speeksel in sy baard laat afloop.

14 Daarop sê Agis aan sy dienaars: Julle sien tog die man is kranksinnig, waarom bring julle hom na my toe?

15 Het ek gebrek aan kranksinniges, dat julle hierdie een bring om sy kranksinnigheid by my uit te haal? Moet so een in my huis inkom?

1 א ויקם וילך ויהונתן בא העיר

2 ב ויבא דוד נבה אל אחימלך הכהן ויחרד אחימלך לקראת דוד ויאמר לו מדוע אתה לבדך ואיש אין אתך

3 ג ויאמר דוד לאחימלך הכהן המלך צוני דבר ויאמר אלי איש אל ידע מאומה את הדבר אשר אנכי שלחך ואשר צויתך ואת הנערים יודעתי אל מקום פלני אלמוני

4 ד ועתה מה יש תחת ידך חמשה לחם--תנה בידי או הנמצא

5 ה ויען הכהן את דוד ויאמר אין לחם חל אל תחת ידי  כי אם לחם קדש יש אם נשמרו הנערים אך מאשה  {פ}

6 ו ויען דוד את הכהן ויאמר לו כי אם אשה עצרה לנו כתמול שלשם בצאתי ויהיו כלי הנערים קדש  והוא דרך חל--ואף כי היום יקדש בכלי

7 ז ויתן לו הכהן קדש  כי לא היה שם לחם כי אם לחם הפנים המוסרים מלפני יהוה לשום לחם חם ביום הלקחו

8 ח ושם איש מעבדי שאול ביום ההוא נעצר לפני יהוה ושמו דאג האדמי--אביר הרעים אשר לשאול

9 ט ויאמר דוד לאחימלך ואין יש פה תחת ידך חנית או חרב  כי גם חרבי וגם כלי לא לקחתי בידי כי היה דבר המלך נחוץ  {ס}

10 י ויאמר הכהן חרב גלית הפלשתי אשר הכית בעמק האלה הנה היא לוטה בשמלה אחרי האפוד--אם אתה תקח לך קח כי אין אחרת זולתה בזה  {ס}  ויאמר דוד אין כמוה תננה לי

11 יא ויקם דוד ויברח ביום ההוא מפני שאול ויבא אל אכיש מלך גת

12 יב ויאמרו עבדי אכיש אליו הלוא זה דוד מלך הארץ הלוא לזה יענו במחלות לאמר הכה שאול באלפו ודוד ברבבתו

13 יג וישם דוד את הדברים האלה בלבבו וירא מאד מפני אכיש מלך גת

14 יד וישנו את טעמו בעיניהם ויתהלל בידם ויתו על דלתות השער ויורד רירו אל זקנו  {ס}

15 טו ויאמר אכיש אל עבדיו  הנה תראו איש משתגע למה תביאו אתו אלי [ (I Samuel 21:16) טז חסר משגעים אני כי הבאתם את זה להשתגע עלי הזה יבוא אל ביתי  {פ} ]