1 En die Gees het my opgehef en my gebring na die Oostelike Poort van die huis van die HERE wat na die ooste kyk; en kyk, by die ingang van die poort was daar vyf en twintig man, en onder hulle het ek gesien Ja„sanja, die seun van Assur, en Pelatja, die seun van Ben ja, vorste van die volk.

2 Toe sê Hy vir my: Mensekind, dit is die manne wat ongeregtigheid bedink en slegte raad gee in hierdie stad,

3 wat sê: Nie so gou kom die tyd om huise te bou nie: hierdie stad is die pot, en ons die vleis.

4 Daarom, profeteer teen hulle, profeteer, mensekind!

5 Toe val die Gees van die HERE op my, en Hy sê vir my: Spreek, so sê die HERE: So het julle gespreek, o huis van Israel; en wat in julle gees opkom, weet k.

6 Julle het die wat deur julle verslaan is, in hierdie stad vermenigvuldig, en julle het sy strate vol gemaak met die wat verslaan is.

7 Daarom, so sê die Here HERE: Die wat deur julle verslaan is, wat julle daarin neergelê het, hulle is die vleis, en hierdie stad is die pot, maar julle sal Ek daar uitbring.

8 Julle is bevrees vir die swaard, maar die swaard sal Ek oor julle bring, spreek die Here HERE.

9 En Ek sal julle daar uitbring en julle oorgee in die hand van vreemdes en strafgerigte onder julle oefen.

10 Julle sal deur die swaard val; by die grens van Israel sal Ek julle oordeel. En julle sal weet dat Ek die HERE is.

11 Hierdie stad sal vir julle nie die pot, en julle sal daarin nie die vleis wees nie; by die grens van Israel sal Ek julle oordeel.

12 En julle sal weet dat Ek die HERE is, omdat julle nie in my insettinge gewandel en my verordeninge nie gehou het nie, maar gehandel het volgens verordeninge van die nasies wat rondom julle is.

13 En terwyl ek profeteer, het Pelatja, die seun van Ben ja, gesterwe. Toe het ek op my aangesig geval en hardop uitgeroep en gesê: Ag, Here HERE, wil U 'n einde maak aan die oorblyfsel van Israel?

14 Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

15 Mensekind, jou broers, jou broers, die manne wat aan jou verwant is, en die hele huis van Israel, almal saam, van wie die inwoners van Jerusalem sê: Bly ver van die HERE af, aan ons is dit, die land, as besitting gegee --

16 Daarom sê: So spreek die Here HERE: Omdat Ek hulle ver weggedryf het onder die nasies, en omdat Ek hulle verstrooi het in die lande en Ek vir hulle 'n kort rukkie 'n heiligdom geword het in die lande waar hulle gekom het --

17 daarom sê: So spreek die Here HERE: Ek sal julle bymekaarmaak uit die volke en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, en Ek sal aan julle die land Israel gee.

18 En hulle sal daarnatoe kom en al sy verfoeisels en al sy gruwels daaruit verwyder.

19 En Ek sal hulle een hart gee, en 'n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle 'n hart van vlees gee,

20 sodat hulle in my insettinge kan wandel en my verordeninge kan hou en dit doen; en hulle sal vir my 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees.

21 Maar hulle wie se hart agter die hart van hulle verfoeisels en hulle gruwels aan loop -- hulle wandel laat Ek op hul hoof neerkom, spreek die Here HERE.

22 Toe het die g,rubs hulle vlerke opgehef en die wiele gelyktydig met hulle saam, terwyl die heerlikheid van die God van Israel bo-oor hulle was.

23 En die heerlikheid van die HERE het opgestyg uit die stad uit weg en het gaan staan op die berg wat oos van die stad lê.

24 Daarna het die Gees my opgeneem en my, in 'n gesig deur die Gees van God, gebring na Chald,a, na die ballinge; en die gesig wat ek gesien het, het van my af opgetrek.

25 En ek het aan die ballinge verkondig al die woorde van die HERE wat Hy my laat sien het.

1 א ותשא אתי רוח ותבא אתי אל שער בית יהוה הקדמוני הפונה קדימה והנה בפתח השער עשרים וחמשה איש ואראה בתוכם את יאזניה בן עזר ואת פלטיהו בן בניהו--שרי העם  {פ}

2 ב ויאמר אלי  בן אדם--אלה האנשים החשבים און והיעצים עצת רע בעיר הזאת

3 ג האמרים לא בקרוב בנות בתים היא הסיר ואנחנו הבשר  {ס}

4 ד לכן הנבא עליהם  הנבא בן אדם

5 ה ותפל עלי רוח יהוה ויאמר אלי אמר כה אמר יהוה כן אמרתם בית ישראל ומעלות רוחכם אני ידעתיה

6 ו הרביתם חלליכם בעיר הזאת ומלאתם חוצתיה חלל  {פ}

7 ז לכן כה אמר אדני יהוה חלליכם אשר שמתם בתוכה המה הבשר והיא הסיר ואתכם הוציא מתוכה

8 ח חרב יראתם וחרב אביא עליכם נאם אדני יהוה

9 ט והוצאתי אתכם מתוכה ונתתי אתכם ביד זרים ועשיתי בכם שפטים

10 י בחרב תפלו על גבול ישראל אשפוט אתכם וידעתם כי אני יהוה

11 יא היא לא תהיה לכם לסיר ואתם תהיו בתוכה לבשר אל גבול ישראל אשפט אתכם

12 יב וידעתם כי אני יהוה אשר בחקי לא הלכתם ומשפטי לא עשיתם וכמשפטי הגוים אשר סביבותיכם עשיתם

13 יג ויהי כהנבאי ופלטיהו בן בניה מת ואפל על פני ואזעק קול גדול ואמר אהה אדני יהוה--כלה אתה עשה את שארית ישראל  {פ}

14 יד ויהי דבר יהוה אלי לאמר

15 טו בן אדם אחיך אחיך אנשי גאלתך וכל בית ישראל כלה  אשר אמרו להם ישבי ירושלם רחקו מעל יהוה--לנו היא נתנה הארץ למורשה  {ס}

16 טז לכן אמר כה אמר אדני יהוה כי הרחקתים בגוים וכי הפיצותים בארצות ואהי להם למקדש מעט בארצות אשר באו שם  {ס}

17 יז לכן אמר כה אמר אדני יהוה וקבצתי אתכם מן העמים ואספתי אתכם מן הארצות אשר נפצותם בהם ונתתי לכם את אדמת ישראל

18 יח ובאו שמה והסירו את כל שקוציה ואת כל תועבותיה--ממנה

19 יט ונתתי להם לב אחד ורוח חדשה אתן בקרבכם והסרתי לב האבן מבשרם ונתתי להם לב בשר

20 כ למען בחקתי ילכו ואת משפטי ישמרו ועשו אתם והיו לי לעם--ואני אהיה להם לאלהים

21 כא ואל לב שקוציהם ותועבותיהם לבם הלך--דרכם בראשם נתתי נאם אדני יהוה

22 כב וישאו הכרובים את כנפיהם והאופנים לעמתם וכבוד אלהי ישראל עליהם מלמעלה

23 כג ויעל כבוד יהוה מעל תוך העיר ויעמד על ההר אשר מקדם לעיר

24 כד ורוח נשאתני ותבאני כשדימה אל הגולה במראה ברוח אלהים ויעל מעלי המראה אשר ראיתי

25 כה ואדבר אל הגולה את כל דברי יהוה אשר הראני  {פ}