1 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

2 Wat is dit met julle dat julle hierdie spreekwoord gebruik aangaande die land van Israel, naamlik: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword?

3 So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, dit sal julle nie meer in die gedagte kom om hierdie spreekwoord in Israel te gebruik nie.

4 Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun -- hulle is myne; die siel wat sondig, die moet sterwe.

5 Maar as iemand regverdig is en reg en geregtigheid doen;

6 nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel en die vrou van sy naaste nie verontreinig en nie naby 'n vrou kom as sy onrein is nie,

7 en niemand verdruk nie; wat hy vir skuld as pand geneem het, teruggee; geen roof pleeg nie; aan die wat honger het, sy brood gee en die wat naak is, met 'n kleed toedek;

8 nie leen op rente en geen woeker neem nie; sy hand terughou van onreg, eerlike regspraak oefen tussen man en man;

9 in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou om eerlik te handel -- hy is regverdig, hy sal sekerlik lewe, spreek die Here HERE.

10 En het hy 'n geweldenaar van 'n seun verwek wat bloed vergiet en net maar een van hierdie dinge doen --

11 terwyl hy self dit alles nie gedoen het nie -- as hy ook eet op die berge en die vrou van sy naaste verontreinig,

12 die ellendige en behoeftige verdruk, roof pleeg, die pand nie teruggee nie en sy oë opslaan na die drekgode, gruwelike dinge doen,

13 op rente leen en woeker neem -- sal hy lewe? Hy sal nie lewe nie; al hierdie gruwels het hy gedoen; hy moet sekerlik gedood word; sy bloedskuld is op hom.

14 Maar kyk, as hy 'n seun verwek wat al die sondes van sy vader sien wat hy gedoen het -- dit sien en sulke dinge nie doen nie:

15 nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel nie, die vrou van sy naaste nie verontreinig

16 en niemand verdruk nie, geen pand neem en geen roof pleeg nie, sy brood gee aan die wat honger het, en met 'n kleed toedek die wat naak is,

17 sy hand van die ellendige afhou, geen rente of woeker neem nie, my verordeninge volbring en in my insettinge wandel -- hy sal nie sterwe weens die ongeregtigheid van sy vader nie, hy sal sekerlik lewe.

18 Sy vader sal, omdat hy aan verdrukking skuldig is, sy broer iets deur roof ontneem het en onder sy stamgenote gedoen het wat nie goed is nie -- kyk, hy sal deur sy ongeregtigheid sterwe.

19 Maar julle sê: Waarom dra die seun nie saam die ongeregtigheid van die vader nie? Maar die seun het reg en geregtigheid gedoen en al my insettinge onderhou en dit volbring -- hy sal sekerlik lewe!

20 Die siel wat sondig, die moet sterwe; die seun sal nie die ongeregtigheid van die vader help dra nie, en die vader sal nie die ongeregtigheid van die seun help dra nie; die geregtigheid van die regverdige sal op hom wees, en die goddeloosheid van die goddelose sal op hom wees.

21 Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.

22 Al sy oortredinge wat hy begaan het, sal hom nie toegereken word nie; deur sy geregtigheid wat hy gedoen het, sal hy lewe.

23 Het Ek dan miskien 'n behae in die dood van die goddelose? spreek die Here HERE. Nie liewer daarin dat hy hom bekeer van sy weë en lewe nie?

24 Maar as die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen en handel volgens al die gruwels wat die goddelose doen -- sal hy lewe? Aan al sy geregtighede wat hy gedoen het, sal nie gedink word nie; om sy troubreuk wat hy begaan het, en om sy sonde wat hy gedoen het, om hulle ontwil sal hy sterwe.

25 Tog sê julle: Die weg van die Here is nie reg nie. Hoor tog, o huis van Israel! Is my weg nie reg nie? Is julle weë nie onreg nie?

26 As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sterf hy ten gevolge daarvan; deur sy onreg wat hy gedoen het, sterf hy.

27 En as die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid wat hy gedoen het, en reg en geregtigheid doen -- hy sal sy siel in die lewe behou;

28 hy het dit ingesien en hom bekeer van al sy oortredinge wat hy begaan het; hy sal sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.

29 Tog sê die huis van Israel: Die weg van die Here is nie reg nie. Is my weë nie reg nie, o huis van Israel? Is julle weë nie onreg nie?

30 Daarom sal Ek julle oordeel, o huis van Israel, elkeen volgens sy weë, spreek die Here HERE. Bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie 'n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie.

31 Werp al julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle af weg en maak vir julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees; want waarom wil julle sterwe, o huis van Israel?

32 Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here HERE. Bekeer julle dan en lewe.

1 א ויהי דבר יהוה אלי לאמר

2 ב מה לכם אתם משלים את המשל הזה על אדמת ישראל לאמר  אבות יאכלו בסר ושני הבנים תקהינה

3 ג חי אני נאם אדני יהוה  אם יהיה לכם עוד משל המשל הזה--בישראל

4 ד הן כל הנפשות לי הנה כנפש האב וכנפש הבן לי הנה  הנפש החטאת היא תמות

5 ה ואיש כי יהיה צדיק ועשה משפט וצדקה

6 ו אל ההרים לא אכל ועיניו לא נשא אל גלולי בית ישראל ואת אשת רעהו לא טמא ואל אשה נדה לא יקרב

7 ז ואיש לא יונה--חבלתו חוב ישיב גזלה לא יגזל לחמו לרעב יתן ועירם יכסה בגד

8 ח בנשך לא יתן ותרבית לא יקח--מעול ישיב ידו משפט אמת יעשה בין איש לאיש

9 ט בחקותי יהלך ומשפטי שמר לעשות אמת  צדיק הוא חיה יחיה נאם אדני יהוה

10 י והוליד בן פריץ שפך דם ועשה אח מאחד מאלה

11 יא והוא את כל אלה לא עשה--כי גם אל ההרים אכל ואת אשת רעהו טמא

12 יב עני ואביון הונה--גזלות גזל חבל לא ישיב ואל הגלולים נשא עיניו תועבה עשה

13 יג בנשך נתן ותרבית לקח וחי  לא יחיה את כל התועבות האלה עשה--מות יומת דמיו בו יהיה

14 יד והנה הוליד בן וירא את כל חטאת אביו אשר עשה ויראה ולא יעשה כהן

15 טו על ההרים לא אכל ועיניו לא נשא אל גלולי בית ישראל את אשת רעהו לא טמא

16 טז ואיש לא הונה--חבל לא חבל וגזלה לא גזל לחמו לרעב נתן וערום כסה בגד

17 יז מעני השיב ידו נשך ותרבית לא לקח--משפטי עשה בחקותי הלך  הוא לא ימות בעון אביו--חיה יחיה

18 יח אביו כי עשק עשק גזל גזל אח ואשר לא טוב עשה בתוך עמיו והנה מת בעונו

19 יט ואמרתם מדע לא נשא הבן בעון האב והבן משפט וצדקה עשה את כל חקותי שמר ויעשה אתם--חיה יחיה

20 כ הנפש החטאת היא תמות  בן לא ישא בעון האב ואב לא ישא בעון הבן--צדקת הצדיק עליו תהיה ורשעת רשע (הרשע) עליו תהיה  {ס}

21 כא והרשע כי ישוב מכל חטאתו אשר עשה ושמר את כל חקותי ועשה משפט וצדקה--חיה יחיה לא ימות

22 כב כל פשעיו אשר עשה לא יזכרו לו  בצדקתו אשר עשה יחיה

23 כג החפץ אחפץ מות רשע נאם אדני יהוה  הלוא בשובו מדרכיו וחיה  {ס}

24 כד ובשוב צדיק מצדקתו ועשה עול ככל התועבות אשר עשה הרשע יעשה וחי--כל צדקתו אשר עשה לא תזכרנה במעלו אשר מעל ובחטאתו אשר חטא בם ימות

25 כה ואמרתם לא יתכן דרך אדני  שמעו נא בית ישראל הדרכי לא יתכן הלא דרכיכם לא יתכנו

26 כו בשוב צדיק מצדקתו ועשה עול ומת עליהם  בעולו אשר עשה ימות  {ס}

27 כז ובשוב רשע מרשעתו אשר עשה ויעש משפט וצדקה--הוא את נפשו יחיה

28 כח ויראה וישוב (וישב) מכל פשעיו אשר עשה--חיו יחיה לא ימות

29 כט ואמרו בית ישראל לא יתכן דרך אדני  הדרכי לא יתכנו בית ישראל--הלא דרכיכם לא יתכן

30 ל לכן איש כדרכיו אשפט אתכם בית ישראל--נאם אדני יהוה  שובו והשיבו מכל פשעיכם ולא יהיה לכם למכשול עון

31 לא השליכו מעליכם את כל פשעיכם אשר פשעתם בם ועשו לכם לב חדש ורוח חדשה ולמה תמתו בית ישראל

32 לב כי לא אחפץ במות המת נאם אדני יהוה  והשיבו וחיו  {פ}