1 Verder, hef jy 'n klaaglied aan oor die vorste van Israel,
2 en sê: Wat was jou moeder? 'n Leeuin: tussen die leeus het sy gelê, onder die jong leeus het sy haar kleintjies grootgemaak.
3 En sy het een van haar kleintjies opgekweek, 'n jong leeu het hy geword; en hy het geleer om prooi te verskeur, hy het mense geëet.
4 En die nasies het van hom gehoor; in hulle vangkuil is hy gevang, en hulle het hom met hake na Egipteland gebring.
5 En toe sy sien dat sy teleurgestel is, haar hoop verlore, het sy 'n ander een van haar kleintjies geneem, hom 'n jong leeu gemaak.
6 En hy het rondgeloop onder die leeus, het 'n jong leeu geword en geleer om prooi te verskeur; hy het mense geëet.
7 Hy het hulle weduwees beken en hulle stede verwoes; ja, die land en sy volheid was verskrik vanweë die geluid van sy gebrul.
8 Toe het die nasies rondom uit die lande hulle teen hom opgestel en hul net oor hom uitgesprei; in hulle vangkuil is hy gevang.
9 En hulle het hom in 'n hok gesit aan hake en hom na die koning van Babel gebring; hulle het hom in vestings gebring, dat sy stem nie meer gehoor sou word op die berge van Israel nie.
10 Jou moeder was soos 'n wingerdstok in jou rustige tyd; by waters was dit geplant; dit was vrugbaar en vol ranke vanweë die baie waters.
11 En dit het sterk takke gekry om as septers vir heersers te dien, en sy top was hoog tussen die digte takke in; en dit het hom vertoon in sy hoogte, in die menigte van sy ranke.
12 Maar dit is in grimmigheid uitgeruk, teen die grond gegooi, en die oostewind het sy vrugte laat verdroog; hulle is afgeruk en het verdroog; sy sterk tak -- die vuur het dit verteer.
13 En nou is dit geplant in die woestyn, in 'n dor en dorstige land.
14 En vuur het uitgegaan uit sy tak vol lote, dit het sy vrugte verteer; en geen sterk tak is daarin as septer om te heers nie. 'n Klaaglied is dit, en 'n klaaglied het dit geword.
1 א ואתה שא קינה אל נשיאי ישראל
2 ב ואמרת מה אמך לביא בין אריות רבצה בתוך כפרים רבתה גוריה
3 ג ותעל אחד מגריה כפיר היה וילמד לטרף טרף אדם אכל
4 ד וישמעו אליו גוים בשחתם נתפש ויבאהו בחחים אל ארץ מצרים
5 ה ותרא כי נוחלה אבדה תקותה ותקח אחד מגריה כפיר שמתהו
6 ו ויתהלך בתוך אריות כפיר היה וילמד לטרף טרף אדם אכל
7 ז וידע אלמנותיו ועריהם החריב ותשם ארץ ומלאה מקול שאגתו
8 ח ויתנו עליו גוים סביב ממדינות ויפרשו עליו רשתם בשחתם נתפש
9 ט ויתנהו בסוגר בחחים ויבאהו אל מלך בבל יבאהו במצדות למען לא ישמע קולו עוד אל הרי ישראל {פ}
10 י אמך כגפן בדמך על מים שתולה פריה וענפה היתה ממים רבים
11 יא ויהיו לה מטות עז אל שבטי משלים ותגבה קומתו על בין עבתים וירא בגבהו ברב דליתיו
12 יב ותתש בחמה לארץ השלכה ורוח הקדים הוביש פריה התפרקו ויבשו מטה עזה אש אכלתהו
13 יג ועתה שתולה במדבר בארץ ציה וצמא
14 יד ותצא אש ממטה בדיה פריה אכלה ולא היה בה מטה עז שבט למשול קינה היא ותהי לקינה {פ}