1 En dit is die nasies wat die HERE laat oorbly het om Israel, almal wat al die oorloë van Kana„n nie geken het nie, deur hulle op die proef te stel --

2 net dat die geslagte van die kinders van Israel dit kan weet -- om hulle te leer oorlog voer, ten minste die wat daar vroeër nie van geweet het nie:

3 vyf vorste van die Filistyne en al die Kanaäniete en Sidoniërs en Hewiete wat in die gebergte L¡banon gewoon het, van die berg Ba„l-Hermon af tot by die ingang na Hamat.

4 Hulle was dan daar om deur hulle Israel op die proef te stel; om te weet of hulle na die gebooie van die HERE wat Hy hulle vaders deur Moses beveel het, sou luister.

5 So het die kinders van Israel dan onder die Kana„niete, Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete gewoon,

6 en hul dogters vir hulle as vroue geneem en hulle eie dogters aan hul seuns gegee en hul gode gedien.

7 En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en die HERE hulle God vergeet en die Baäls en die heilige boomstamme gedien.

8 Daarop het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het hulle verkoop in die hand van Kusan Risat im, die koning van Mesopot mië, en die kinders van Israel het Kusan Risat im agt jaar lank gedien.

9 Maar toe die kinders van Israel die HERE aanroep, het die HERE 'n verlosser vir die kinders van Israel verwek, wat hulle verlos het: Otniël, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb.

10 En die Gees van die HERE het op hom gekom, en hy het Israel gerig en uitgetrek om oorlog te voer; en die HERE het Kusan Risat im, die koning van Aram, in sy hand gegee, sodat hy die oorhand oor Kusan Risat im gekry het.

11 Toe kry die land rus veertig jaar lank. En Otniël, die seun van Kenas, het gesterwe.

12 En die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE. Toe maak die HERE Eglon, die koning van Moab, sterk teen Israel, omdat hulle gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE;

13 en hy versamel by hom die kinders van Ammon en Amalek. Daarop het hy weggetrek en Israel verslaan, en hulle het die Palmstad in besit geneem.

14 En die kinders van Israel het Eglon, die koning van Moab, agttien jaar lank gedien.

15 Maar toe die kinders van Israel die HERE aanroep, het die HERE vir hulle as verlosser verwek: Ehud, die seun van Gera, die Benjaminiet, 'n man wat links was. Deur hom stuur toe die kinders van Israel die belasting aan Eglon, die koning van Moab.

16 En Ehud het vir hom 'n swaard gemaak, aan twee kante skerp, een el lank, en dit onder sy klere aan sy regterheup vasgegord;

17 en hy het die belasting aan Eglon, die koning van Moab, gebring; en Eglon was 'n baie vet man.

18 En toe hy die belasting volledig afgelewer het, bring hy die mense wat die belasting gedra het, weg;

19 maar hy self het omgedraai by die gesnede beelde wat by Gilgal was, en gesê: Ek het 'n geheime opdrag aan u, o koning! Di, sê toe: Stil! En almal wat by hom staan, het van hom af weggegaan buitentoe.

20 En toe Ehud by hom inkom, terwyl hy in die koel bo-kamer sit wat vir hom alleen was, sê Ehud: Ek het 'n woord van God aan u! En toe hy van sy stoel af opstaan,

21 steek Ehud sy linkerhand uit en gryp die swaard van sy regterheup af en steek dit in sy buik,

22 sodat selfs die hef agter die lem ingedring het en die vet, want hy het die swaard nie uit sy buik uitgetrek nie, om die lem toegesluit en by die wond uitgepuil het.

23 Toe gaan Ehud uit op die galery, maar hy het die deure van die bo-kamer agter hom gesluit en gegrendel.

24 Net toe hy uitgegaan het, kom sy dienaars; en toe hulle sien en kyk: die deure van die bo-kamer was gegrendel, sê hulle: Hy is seker besig om sy voete te bedek in die koel kamer.

25 En hulle het gewag totdat hulle verleë was; maar -- hy het die deure van die bo-kamer nie oopgemaak nie! En toe hulle die sleutel gaan haal en oopsluit, lê hulle heer daar dood op die grond!

26 Maar terwyl hulle nog talm, het Ehud ontvlug en die gesnede beelde verbygegaan en na Se‹ra ontsnap.

27 En toe hy aankom, blaas hy op die ramshoring op die gebergte van Efraim, en die kinders van Israel het saam met hom van die gebergte afgetrek, en hy voor hulle uit.

28 Toe sê hy vir hulle: Volg my, want die HERE gee julle vyande, die Moabiete, in julle hand; en hulle het agter hom aan afgetrek en die Moabiete van die driwwe van die Jordaan afgesny en niemand toegelaat om deur te gaan nie.

29 En hulle het in die tyd van Moab omtrent tien duisend man verslaan, almal goed geboude en almal dapper manne, en niemand het vrygekom nie.

30 So moes Moab dan die dag buig onder die hand van Israel; en die land het tagtig jaar lank gerus.

31 Toe kom n hom Samgar, die seun van Anat, wat van die Filistyne ses honderd man met 'n osdrywerstok verslaan het; en ook hy het Israel verlos.

1 א ואלה הגוים אשר הניח יהוה לנסות בם את ישראל את כל אשר לא ידעו את כל מלחמות כנען

2 ב רק למען דעת דרות בני ישראל ללמדם מלחמה--רק אשר לפנים לא ידעום

3 ג חמשת סרני פלשתים וכל הכנעני והצידני והחוי ישב הר הלבנון--מהר בעל חרמון עד לבוא חמת

4 ד ויהיו לנסות בם את ישראל--לדעת הישמעו את מצות יהוה אשר צוה את אבותם ביד משה

5 ה ובני ישראל ישבו בקרב הכנעני החתי והאמרי והפרזי והחוי והיבוסי

6 ו ויקחו את בנותיהם להם לנשים ואת בנותיהם נתנו לבניהם ויעבדו את אלהיהם  {פ}

7 ז ויעשו בני ישראל את הרע בעיני יהוה וישכחו את יהוה אלהיהם ויעבדו את הבעלים ואת האשרות

8 ח ויחר אף יהוה בישראל וימכרם ביד כושן רשעתים מלך ארם נהרים ויעבדו בני ישראל את כושן רשעתים שמנה שנים

9 ט ויזעקו בני ישראל אל יהוה ויקם יהוה מושיע לבני ישראל וישיעם--את עתניאל בן קנז אחי כלב הקטן ממנו

10 י ותהי עליו רוח יהוה וישפט את ישראל ויצא למלחמה ויתן יהוה בידו את כושן רשעתים מלך ארם ותעז ידו על כושן רשעתים

11 יא ותשקט הארץ ארבעים שנה וימת עתניאל בן קנז  {פ}

12 יב ויספו בני ישראל לעשות הרע בעיני יהוה ויחזק יהוה את עגלון מלך מואב על ישראל על כי עשו את הרע בעיני יהוה

13 יג ויאסף אליו את בני עמון ועמלק וילך ויך את ישראל ויירשו את עיר התמרים

14 יד ויעבדו בני ישראל את עגלון מלך מואב שמונה עשרה שנה

15 טו ויזעקו בני ישראל אל יהוה ויקם יהוה להם מושיע את אהוד בן גרא בן הימיני איש אטר יד ימינו וישלחו בני ישראל בידו מנחה לעגלון מלך מואב

16 טז ויעש לו אהוד חרב ולה שני פיות--גמד ארכה ויחגר אותה מתחת למדיו על ירך ימינו

17 יז ויקרב את המנחה לעגלון מלך מואב ועגלון איש בריא מאד

18 יח ויהי כאשר כלה להקריב את המנחה וישלח את העם נשאי המנחה

19 יט והוא שב מן הפסילים אשר את הגלגל ויאמר דבר סתר לי אליך המלך ויאמר הס--ויצאו מעליו כל העמדים עליו

20 כ ואהוד בא אליו והוא ישב בעלית המקרה אשר לו לבדו ויאמר אהוד דבר אלהים לי אליך ויקם מעל הכסא

21 כא וישלח אהוד את יד שמאלו ויקח את החרב מעל ירך ימינו ויתקעה בבטנו

22 כב ויבא גם הנצב אחר הלהב ויסגר החלב בעד הלהב--כי לא שלף החרב מבטנו ויצא הפרשדנה

23 כג ויצא אהוד המסדרונה ויסגר דלתות העליה בעדו--ונעל

24 כד והוא יצא ועבדיו באו ויראו והנה דלתות העליה נעלות ויאמרו אך מסיך הוא את רגליו בחדר המקרה

25 כה ויחילו עד בוש והנה איננו פתח דלתות העליה ויקחו את המפתח ויפתחו והנה אדניהם נפל ארצה מת

26 כו ואהוד נמלט עד התמהמהם והוא עבר את הפסילים וימלט השעירתה

27 כז ויהי בבואו ויתקע בשופר בהר אפרים וירדו עמו בני ישראל מן ההר והוא לפניהם

28 כח ויאמר אלהם רדפו אחרי כי נתן יהוה את איביכם את מואב בידכם וירדו אחריו וילכדו את מעברות הירדן למואב ולא נתנו איש לעבר

29 כט ויכו את מואב בעת ההיא כעשרת אלפים איש--כל שמן וכל איש חיל ולא נמלט איש

30 ל ותכנע מואב ביום ההוא תחת יד ישראל ותשקט הארץ שמונים שנה  {פ}

31 לא ואחריו היה שמגר בן ענת ויך את פלשתים שש מאות איש במלמד הבקר ויושע גם הוא את ישראל  {פ}