1 En n die dood van Josua het die kinders van Israel die HERE geraadpleeg en gesê: Wie van ons moet eerste optrek teen die Kana„niete om teen hulle te veg?

2 En die HERE het gesê: Juda moet optrek. Kyk, Ek gee die land in sy hand.

3 Toe sê Juda aan sy broer S¡meon: Trek saam met my op in my aandeel, dat ons die Kana„niete kan beveg, dan sal ek ook met jou saam optrek in jou aandeel. En S¡meon het saam met hom getrek;

4 en toe Juda optrek, het die HERE die Kana„niete en Feresiete in hul hand gegee, sodat hulle tien duisend man van hulle by Besek verslaan het.

5 En hulle het Adoni-Besek aangetref in Besek en teen hom geveg, en die Kana„niete en Feresiete verslaan.

6 En toe Adoni-Besek wegvlug, het hulle hom agternagejaag en hom gevang en sy duime en sy groottone afgekap.

7 Daarop sê Adoni-Besek: Sewentig konings met afgekapte duime en groottone het onder my tafel krummels opgetel: soos ek gedoen het, so het God my vergeld. En hulle het hom na Jerusalem gebring, en daar het hy gesterwe.

8 En die kinders van Juda het teen Jerusalem geveg en dit ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan en die stad aan die brand gesteek.

9 En daarna het die kinders van Juda afgetrek om te veg teen die Kana„niete wat op die Gebergte en in die Suidland en in die Laeveld gewoon het.

10 Juda het dan teen die Kana„niete uitgetrek, die inwoners van Hebron -- maar die naam van Hebron was tevore Kirjat-Arba en hulle het Sesai en Ah¡man en Talmai verslaan.

11 En daarvandaan het hy uitgetrek teen die inwoners van Debir -- maar die naam van Debir was tevore Kirjat-Sefer.

12 En Kaleb het gesê: Hy wat Kirjat-Sefer verslaan en dit inneem, aan hom sal ek my dogter Agsa as vrou gee.

13 Daarop het Otniël, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb, dit ingeneem; en hy het sy dogter Agsa aan hom as vrou gegee.

14 En toe sy aankom, het sy hom aangespoor om van haar vader 'n stuk grond te vra; en toe sy van die esel afklim, sê Kaleb vir haar: Wat wil jy hê?

15 En sy sê vir hom: Gee my tog 'n geskenk; omdat u my na 'n dor land versit het, moet u my waterfonteine gee. Toe gee Kaleb haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte.

16 En die kinders van die Keniet, die swaer van Moses, het saam met die kinders van Juda opgetrek uit die Palmstad na die woestyn van Juda wat in die suide van Arad lê; en hy het heengegaan en met die volk saamgewoon.

17 En Juda het saam met sy broer S¡meon getrek, en hulle het die Kana„niete verslaan wat in Sefat gewoon het en dit met die banvloek getref; daarom noem hulle die stad Horma.

18 En Juda het Gasa met sy grondgebied en Askelon met sy grondgebied en Ekron met sy grondgebied ingeneem.

19 En die HERE was met Juda, sodat hy die gebergte in besit geneem het; maar die bewoners van die laagte kon hy nie verdrywe nie, omdat hulle ysterwaens gehad het.

20 En hulle het Hebron aan Kaleb gegee, soos Moses gespreek het; en hy het die drie seuns van Enak daaruit verdrywe.

21 En die kinders van Benjamin het die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdrywe nie, sodat die Jebusiete saam met die kinders van Benjamin in Jerusalem woon tot vandag toe.

22 En die huis van Josef, hulle het ook opgetrek na Bet-el, en die HERE was met hulle.

23 En toe die huis van Josef Bet-el laat bespied -- maar die naam van die stad was tevore Lus --

24 sien die spioene 'n man uit die stad uitkom, en hulle sê vir hom: Wys ons tog 'n plek om in die stad in te kom, dan sal ons jou 'n guns bewys.

25 Hy wys hulle toe 'n plek om in die stad in te kom; en hulle het die stad verslaan met die skerpte van die swaard; maar die man en sy hele geslag het hulle laat gaan.

26 En die man het weggetrek na die land van die Hetiete, en hy het 'n stad gebou en dit Lus genoem; dit is sy naam tot vandag toe.

27 En Manasse het Bet-Sean met sy onderhorige plekke en T änag met sy onderhorige plekke en die inwoners van Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van J¡bleam met sy onderhorige plekke en die inwoners van Meg¡ddo met sy onderhorige plekke nie verdrywe nie; en die Kana„niete het verkies om in hierdie land te bly woon.

28 Maar toe Israel sterk word, het hy die Kana„niete dienspligtig gemaak; hy het hulle egter nie heeltemal verdrywe nie.

29 En Efraim het die Kana„niete, die inwoners van Geser, nie verdrywe nie; sodat die Kanaäniete in sy midde in Geser bly woon het.

30 S,bulon het die inwoners van Kitron en die inwoners van N halol nie verdrywe nie; sodat die Kana„niete in sy midde bly woon het; maar hulle het dienspligtig geword.

31 Aser het die inwoners van Akko en die inwoners van Sidon en Aglab en Agsib en Helba en Afik en Rehob nie verdrywe nie;

32 sodat die Aseriete bly woon het onder die Kana„niete, die bevolking van die land, want hulle het hulle nie verdrywe nie.

33 N ftali het die inwoners van Bet-Semes en die inwoners van Bet-Anat nie verdrywe nie, sodat hy bly woon het onder die Kana„niete, die bevolking van die land; maar die inwoners van Bet-Semes en Bet-Anat het aan hulle dienspligtig geword.

34 En die Amoriete het die kinders van Dan die gebergte in gedruk, want hulle het hul nie toegelaat om na die laagte af te kom nie;

35 sodat die Amoriete verkies het om te bly woon in Har-Heres, in Ajalon en in S älbim; maar die hand van die huis van Josef was swaar, sodat hulle dienspligtig geword het.

36 En die grens van die Amoriete was van Skerpioen-nek, van die rots af, en verder op.

1 א ויהי אחרי מות יהושע וישאלו בני ישראל ביהוה לאמר  מי יעלה לנו אל הכנעני בתחלה להלחם בו

2 ב ויאמר יהוה יהודה יעלה  הנה נתתי את הארץ בידו

3 ג ויאמר יהודה לשמעון אחיו עלה אתי בגרלי ונלחמה בכנעני והלכתי גם אני אתך בגורלך וילך אתו שמעון

4 ד ויעל יהודה ויתן יהוה את הכנעני והפרזי בידם ויכום בבזק עשרת אלפים איש

5 ה וימצאו את אדני בזק בבזק וילחמו בו ויכו את הכנעני ואת הפרזי

6 ו וינס אדני בזק וירדפו אחריו ויאחזו אותו--ויקצצו את בהנות ידיו ורגליו

7 ז ויאמר אדני בזק שבעים מלכים בהנות ידיהם ורגליהם מקצצים היו מלקטים תחת שלחני--כאשר עשיתי כן שלם לי אלהים ויביאהו ירושלם וימת שם  {פ}

8 ח וילחמו בני יהודה בירושלם וילכדו אותה ויכוה לפי חרב ואת העיר שלחו באש

9 ט ואחר ירדו בני יהודה להלחם בכנעני--יושב ההר והנגב והשפלה

10 י וילך יהודה אל הכנעני היושב בחברון ושם חברון לפנים קרית ארבע ויכו את ששי ואת אחימן ואת תלמי

11 יא וילך משם אל יושבי דביר ושם דביר לפנים קרית ספר

12 יב ויאמר כלב אשר יכה את קרית ספר ולכדה--ונתתי לו את עכסה בתי לאשה

13 יג וילכדה עתניאל בן קנז אחי כלב הקטן ממנו ויתן לו את עכסה בתו לאשה

14 יד ויהי בבואה ותסיתהו לשאל מאת אביה השדה ותצנח מעל החמור ויאמר לה כלב מה לך

15 טו ותאמר לו הבה לי ברכה כי ארץ הנגב נתתני ונתתה לי גלת מים ויתן לה כלב את גלת עלית ואת גלת תחתית  {פ}

16 טז ובני קיני חתן משה עלו מעיר התמרים את בני יהודה מדבר יהודה אשר בנגב ערד וילך וישב את העם

17 יז וילך יהודה את שמעון אחיו ויכו את הכנעני יושב צפת ויחרימו אותה ויקרא את שם העיר חרמה

18 יח וילכד יהודה את עזה ואת גבולה ואת אשקלון ואת גבולה ואת עקרון ואת גבולה

19 יט ויהי יהוה את יהודה וירש את ההר  כי לא להוריש את ישבי העמק כי רכב ברזל להם

20 כ ויתנו לכלב את חברון כאשר דבר משה ויורש משם את שלשה בני הענק

21 כא ואת היבוסי ישב ירושלם לא הורישו בני בנימן וישב היבוסי את בני בנימן בירושלם עד היום הזה  {פ}

22 כב ויעלו בית יוסף גם הם בית אל ויהוה עמם

23 כג ויתירו בית יוסף בבית אל ושם העיר לפנים לוז

24 כד ויראו השמרים איש יוצא מן העיר ויאמרו לו הראנו נא את מבוא העיר ועשינו עמך חסד

25 כה ויראם את מבוא העיר ויכו את העיר לפי חרב ואת האיש ואת כל משפחתו שלחו

26 כו וילך האיש ארץ החתים ויבן עיר ויקרא שמה לוז--הוא שמה עד היום הזה  {פ}

27 כז ולא הוריש מנשה את בית שאן ואת בנותיה ואת תענך ואת בנתיה ואת יושב (יושבי) דור ואת בנותיה ואת יושבי יבלעם ואת בנתיה ואת יושבי מגדו ואת בנותיה ויואל הכנעני לשבת בארץ הזאת

28 כח ויהי כי חזק ישראל וישם את הכנעני למס והוריש לא הורישו  {ס}

29 כט ואפרים לא הוריש את הכנעני היושב בגזר וישב הכנעני בקרבו בגזר  {ס}

30 ל זבולן לא הוריש את יושבי קטרון ואת יושבי נהלל וישב הכנעני בקרבו ויהיו למס  {ס}

31 לא אשר לא הוריש את ישבי עכו ואת יושבי צידון ואת אחלב ואת אכזיב ואת חלבה ואת אפיק ואת רחב

32 לב וישב האשרי בקרב הכנעני ישבי הארץ  כי לא הורישו  {ס}

33 לג נפתלי לא הוריש את ישבי בית שמש ואת ישבי בית ענת וישב בקרב הכנעני ישבי הארץ וישבי בית שמש ובית ענת היו להם למס

34 לד וילחצו האמרי את בני דן ההרה  כי לא נתנו לרדת לעמק

35 לה ויואל האמרי לשבת בהר חרס באילון ובשעלבים ותכבד יד בית יוסף ויהיו למס

36 לו וגבול האמרי ממעלה עקרבים--מהסלע ומעלה  {פ}